HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 28
Dit is jou verantwoordelikheid.
13/02/2008 om 15h15
Die verantwoordelikheid om met die Heilige Gees vervul te wees, rus op julle. Julle moet Hom ontvang.
Julle mag nou vra: “Maar wat is dan nou die nut daarvan om met die Heilige Gees vervul te wees?” Dit is om krag te hê. Om bonatuurlike krag te hê, sodat My werke deur die Gees in goddelike krag verrig kan word. Te veel van die dinge wat julle doen, word in julle eie krag gedoen. Die verantwoordelikheid om vervul te wees met die Gees rus nie op My, Elohim nie, maar op julle. Ja, Ek het alreeds gegee, dit berus nou by julle om te ontvang. As dit eers eenmaal vir julle 'n lewende werklikheid geword het, dan is daar bonatuurlike vermoëns in julle en julle geloof sal sterk word.
Ek is lewe en Ek is Gees. Die inwonende Gees moet vir julle 'n werklikheid wees en word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205