HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 16
30/01/2008 om 12h10
Onthou in die voorafgaande hoofstuk het Ek gesê dat julle oorgegaan het uit die dood in die lewe, en Ek herhaal weer dat julle nuwe skepsels in My is, julle is weer gebore, nie uit verganklike nie , maar uit onverganklike saad. Julle is My, Elohim, se kinders. En Ek dink nie meer aan julle sondes nie. Julle kan na ander skrifgedeelte kyk wat dieselfde sê as wat Ek gesê het. "Daar is dan nou geen veroordeling meer vir die wat in My is nie,vir die wat nie na die vlees wandel maar na die Gees" Julle moet begin handel asof dit die waarheid is. Kyk Ek het gesê :"… Voorwaar, voorwaar , Ek sê vir julle dat elkeen wat sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is. En die dienskneg bly nie altyd in die huis nie , Ek bly vir altyd. As Ek julle dan vrygemaak het , sal julle waarlik vry wees." Wat Ek hier sê is dat as jy 'n dienskneg van die sonde is, is sonde jou baas.
Julle moet verstaan dat julle wettiglik vrygemaak is van sonde. Dit het geen wettige houvas op jou nie. Baie gelowiges redeneer dat hulle maar hulle natuurlike drange kan bevredig. "As Ek, Elohim, nie wou gehad het dat jy dit moet doen nie sou jy nie lus gehad het om dit te doen nie." Dit is 'n leuen wat die duiwel in jou geplant het. As jy dit geglo het en gesondig het omdat jy dit geglo het sou jy nie weerstand teen die sonde gebied het nie. Die Satan het dit daar geplaas om jou wee rte bind. As daar gesê word : "Dat julle nie meer die sonde sou dien nie" Daar word nie meer gesê dat "julle nie sal nie." Wat Ek sê kom daarop neer dat julle nie meer die sonde "behoort te dien nie." Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde . Jy is vry.
Iemand van julle mag sê: "Wel ek weet date ek elke dag moet bid omdat ek op die een of ander manier gesondig het." Dit is weereens 'n leuen wat die duiwel vir jou vertel het om jou sondebewus te maak. Jy weet wanneer jy gesondig het, en as jy nie dink dat jy gesondig het nie, vergeet dan daarvan. Jy kan hierop staatmaak , as jy nie bewus is van sonde en ook nie "n skuldgevoel het nie, moenie een prober opwek nie. Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan My, Elohim, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe." Ek herhaal , julle is VRY. Kyk Ek sal in julle woon en onder julle wandel, en Ek sal julle Elohim wees, en julle sal vir My ;n volk wees. Ja, julle is My volk. Julle moet begin wandel soos kinders van My.Neem die dinge wat Ek vir jou beskikbaar gemaak het deur My verlossingswerk op Golgota en begin om 'n oorwinnende lewe te ly.
As jy begin bewus word van wie jy is, sal jy in staat wees om 'n STERK GELOOF te verkry, en wanneer jou geloof dan baie sterk geword het sal jy in staat wees om die deure van die Hemel oop te maak.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205