HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 19
Geregtigheid is ‘n gawe.
06/02/2008 om 13h45
Ja, dit is ‘n gawe. Julle kan dit nie verdien deur daarvoor te werk nie. Julle moet deur My, julle Elohim, regverdig verklaar word, en as Ek jou regverdig verklaar het, is jy regverdig. Geregtigheid is nie iets wat julle kan doen nie. Dit is iets wat Ek, Elohim, vir julle doen. As julle gelowiges is, is julle so geregverdig as wat moontlik is om te wees. Hierdie deel Ek julle mee wat die Skrif sê omtrent geregtigheid. Dit is slegs waar en goed as dit in ooreenstemming is met My Woord. Kyk, My Woord is hier die maatstok. Dit is wat Ek sê wat van belang is en nie julle kerk of wat julle sê nie, dit is alleen so omdat Ek sê dat dit so is. Wanneer julle die oorvloed van genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, sal julle oor julle omstandighede heers. Julle sal invloed uitoefen op die dinge rondom julle. Kyk Ek, Jahshua het dit gedoen. Die heiliges van die Ou Testament het dit gedoen. Elia en Elisa het dit gedoen. Toe Elia oor die Jordaanrivier wou gaan en daar nie vaartuie was om hom oor te neem nie, het hy sy mantel geneem en die water geslaan het, het droë grond te voorskyn gekom en die water het teruggetrek. Ja, Elia het die omstandighede verander. Kyk hy het eenmaal gebid en dit het vir drie en ‘n half jaar nie gereën nie. Hy het oor die omstandighede geheers.
Ek, Jahshua, het eenmaal ‘n storm stilgemaak. En daarom het Ek gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na My Vader gaan.”Julle as gelowiges, is veronderstel om die meester van julle omstandighede te wees. ‘n Gawe is iets wat Ek aan julle gee, en Ek gee dit, omdat Ek dit wil gee. Julle kan nie daarvoor betaal nie. As julle dit sou doen, sou dit nie meer ‘n gawe wees nie. Dan is dit ‘n loon. Daar is niks wat julle kan doen, behalwe om dit te ontvang of van die hand wys nie. Julle hoef niks te doen om geregtigheid te verkry nie, behalwe om dit aan te neem. As julle My as julle persoonlike Saligmaker aanneem, gee Ek op daardie oomblik vir julle die gawe van geregtigheid.
Geregtigheid beteken om in die regte verhouding tot My, Elohim, te staan. Julle het die gesag en die reg om voor My te staan en met My te praat, net soos met julle aardse vader. Om geregverdig te wees, beteken dus dat julle op gelyke voet met My verklaar is. Julle kan na My toe kom en met My praat wanneer julle ookal gereed is daarvoor. Ja, julle kan na My toe kom en verwag dat Ek na julle sal luister, omdat julle in die regte verhouding tot My staan.
Aan julle is die gawe van geregtigheid gegee, omdat julle My kinders is.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205