HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 5
23 Januarie 2008 om 15h45
Sommige van julle het julle lank gekwel oor die vraag, hoe jy My kan liefhê. Ja, julle het My nooit gesien nie. Hoe kan jy jouself ‘n gevoel van liefde vir My opwek, as jy My nog nooit gesien het nie? Hoe kan jy jouself sover bring om My lief te hê? Sommige sê weer, hoe kan jy My liefhê as jy nie My stem kan hoor nie? Op My voorwaardes sal Ek jou die antwoord gee! Ek sal jou leer soos dit in My Woord opgeteken is! En Ek, Elohim, wil dit vir jou wys. “Wie My gebooie het en dit bewaar, dit is Ek wat jou liefhet; en wie liefhet, hom sal Ek, jou Vader, liefhê, en Ek sal jou liefhê en My aan jou openbaar. As iemand My liefhet, sal hy My Woord bewaar, en Ek sal hom liefhê, en Ek sal jou aanneem. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar My woorde nie; en die Woord wat julle hoor, is van My, jou Vader.”
Die geheim is dat julle My Woord moet liefhê. Julle moet My Woord doen en uitleef. Kyk, as die Skrif praat van “God se woord bewaar” beteken dit om te doen wat die Woord sê. Julle sê julle het My lief. Watter plek neem My Woord in julle lewe in? Die meeste mense probeer om My met hulle verstand aan te neem, maar dit kan nie so gedoen word nie. Ek, Jahshua het gesê: “My woorde is gees en is lewe. MY WOORDE IS GEES EN IS LEWE.” My woorde is nie intellektuele bespiegelings nie; hulle is nie filosofiese deurmekaarpratery nie, maar My woorde is gees en hulle is gerig tot die gees van die mens, tot jou innerlike wese – nie tot jou verstand nie, maar tot jou hart.
Ek het jou ‘n geestelike wese geskape en dis net deur die gees dat jy My kan verstaan. Dit is namate jou gees onderrig ontvang dat dit onderrig aan die verstand kan gee, en dat jou verstand kan leer hoe om volgens My Woord te handel, in plaas van om volgens die logika, of volgens menslike insig te handel. As jy deur My Woord gevoed word; as jy ondervind het dat My woorde gees en lewe is, dan maak daardie woorde jou lewendig in jou hart. Hulle gee jou lewe in jou binneste. Ja, dit is meer as net ‘n verbygaande droom; dit is meer as wat net vir ‘n oomblik verskyn. Dit is iets wat standhoudend en lewend is. Dit is iets wat vonkelend en polsend van lewe is. Dit is iets wat ‘n mens van binne warm laat voel. Ja, dit is nie ‘n emosie nie, maar ‘n besef van die werklikheid en die teenwoordigheid van My in jou eie gees. Die Woorde wat Ek, jou Messias, gespreek het: “My woorde is gees en My woorde is lewe” spreek tot jou gees.
Ja, so spreek Ek, julle Elohim, tot julle!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205