HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 10
Handel daarvolgens.
25 Januarie 2008 om 12h15
Dit sal nie vir jou uitwerk tensy jy dit glo, daarvolgens handel en dit bely nie. Jy moet doen wat nodig is om hierdie dinge van My te ontvang. Jy moet uitvind hoe jy veronderstel is om daaruit voordeel te trek, of waaruit jy veronderstel is om voordeel te trek, of wat jy veronderstel is om te doen. As jy dit begin doen, dan sal dit vir jou werk. Jy kan vry wees van enigiets wat jou gebonde hou – enigiets.
Kyk, die bose geeste is die oorsaak dat julle die verspotte dinge doen wat julle wel doen. Het jy al ooit stilgesit en gedink hoe verkeerd jy kan optree? As julle veronderstel is om opgevoed en tegnies onderleg te wees, tog doen julle die verkeerde dinge in die wêreld. Vanweë julle lewenswyse, pleeg julle daagliks selfmoord. Julle stort voorwerpe wat die lug besoedel en julle versmoor in die lugruim. Julle sal ‘n sigaret opsteek en rook ten spyte van die uitnodiging en waarskuwing om julle te reinig. Gesien vanuit die standpunt van Christelike etiek, weet julle dat dit verkeerd is. Die liggaam is My tempel en julle behoort dit nie te besoedel nie.
Jy moet begin doen wat die Woord vir jou sê. Die Woord sê vir jou dat jy vrygemaak is. Jy is verlos. Die Woord sê: “Deur die woord van julle getuienis en deur die bloed van die Lam het julle oorwin”. Dit is hoe jy sal oorwin, deur jou getuienis hierby te begin voeg, as jy dit begin bely en sê: “Dit is wie ek is en dit is wat ek het,“ dan sal dit vir jou begin werk, maar solank as wat jy dit nie doen nie, sal jy in gebondenheid verkeer.
Kan julle My, Elohim, se Woord glo? Handel dan volgens My Woord!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205