HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 3
Hoe sterk is jou geloof?
22 Januarie 2008 om 16h00
Julle moet onthou dat geloof van My, Elohim, af kom, dit is die gawe wat Ek saam met die nuwe lewe gee. Ek gee julle geloof, maar hierdie geloof moet toeneem. Dit moet tot volwassenheid kom. Die geloof moet sterk word. Kyk, wanneer ‘n baba gebore word, is hy fisies nie sterk nie. Hy is fisies swak, maar as jy hom genoeg tyd, oefening en voedsel gee, sal daardie baba uit ‘n toestand van swakheid groei totdat hy sterk is. Net soos aan daardie pasgebore baba, is aan elke wedergebore gelowige deur My ‘n mate van geloof geskenk, maar daardie geloof is dan nog swak en dit is wanneer julle dit beoefen, wanneer julle die beginsel van geloof verstaan en daardie beginsel toepas, dat julle ‘n sterk geloof verkry. Julle kom by ‘n plek waar niks vir julle onmoontlik is nie, wanneer julle oorwinnaars kan wees en meesters van alle omstandighede. Want Ek, die Messias, het gesê: “... as jy kan glo, alle dinge moontlik is vir die een wat glo.”
As jy ware geloof wil beoefen, is die eerste ding wat jy moet doen, om te glo dat My Woord waar is. Jy moet My Woord as die waarheid besef, nie net raai wat dit is, daaroor filosofeer of slegs daarop hoop nie, maar jy moet die waarheid van My Woord ondervind. Laat My Woord ingang vind in jou gees en hart. Solank My Woord maar nog net woorde op die bladsye van die Skrif is en niks meer nie, sal dit nie vir jou enigiets beteken nie. Dit moet van die bladsye van die Skrif af in jou hart inkom, voordat dit vir jou iets kan beteken. Dit is nie genoeg om My Woord op skrif te hê nie. In die wilde worsteling, die geharwar en sleurgang van die alledaagse lewe sal dit vir jou niks beteken nie. Jy moet sorg dat My Woord in jou hart lewe. Jy moet dit jou lewenservaring maak en nie net daaroor dink nie, jy moet die sekerheid hê dat jy My Woord waarlik ken.
Solank as wat My Woord vir jou weggesluit lê, sal dit vir jou niks beteken nie, al bevat dit die waarheid.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205