HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 4
 Hoe sterk is jou geloof?
23 Januarie 2008 om 10h55
In die boek Hebreërs word daar iets kosteliks (voortreflik) gesê. Julle vind daar ‘n goddelike Openbaring oor die waarheid wat nie met die menslike verstand begryp kan word nie. Dit is ‘n waarheid wat jou hart moet verstaan. Dit moet jou gees deurdring en dan moet dit deur jou gees aan jou verstand oorgedra word. “Want My Woord is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” Die Woord “lewend” is vir julle moeilik om te begryp. Julle verstaan nie eintlik wat dit beteken nie. Dit beteken “om lewendig te maak.” My Woord is LEWE! Ja, My Woord is lewendig en dit sal uitgaan en doen presies wat Ek, Elohim, bedoel het dit moet doen. Maar tensy dit vir jou ‘n lewende werklikheid word, sal dit vir jou persoonlik niks beteken nie, tensy dit deel van jou word. Lewende dinge bring gedurig nuwe lewe voort.
My Woord kan aan julle geestelike lewe gee, omdat die Woord lewend is. Daar is te veel gelowiges wat baie min agting het vir die werklikheid van die lewegewende vermoë van My Woord. Voordat dit nie in jou lewendig word nie, sal jy nooit ’n sterk geloof hê nie. Jy sal nie in staat wees om sterk geloof te beoefen nie. Jou geloof sal swak wees; dit sal soos ‘n klein babatjie swak en hulpeloos wees, volkome van iemand anders afhanklik. Dikwels het julle nie waardering vir My Woord soos julle behoort te hê nie. Ja, baie van julle probeer hier loskom deur te sê: “Ag ek weet, die Skrif is deur ‘n mens geskryf.” Wie het dit vir jou gesê!? Tensy jy self teenwoordig was toe dit geskryf is, weet jy nie waarvan jy praat nie. Het jy die gedagtes van die persoon wat dit geskryf het, geken? Het jy sy gedagtes deur ‘n rekenaar laat ontleed? As jy nie daar was nie, kan jy nie sê dat ‘n mens die Skrif geskryf het nie.
Luister wat Ek, Elohim, sê? Die hele Skrif is deur My ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van My volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Die hele Skrif is deur My ingegee, dit is goddelik geïnspireerd. Dit is ‘n lewende boek. DIT LEWE. Gou sal julle ontdek dat My Woord lewend is. Wanneer jy dit begin besef en daarvolgens handel, sal jy die kettings van swakheid, twyfel en onvermoë breek. Jy sal opstaan, omvou deur die arms van ‘n sterk geloof en jy sal in staat wees om My arm te beweeg. Julle weet dat julle My nooit na waarde kan skat nie, dat julle My nooit ten volle lief kan hê ... tensy julle My Woord liefhet. Julle sien, julle liefde vir My is gebaseer op julle liefde vir My Woord. As julle My Woord nie liefhet nie, het julle My ook nie lief nie.
Ek, Elohim, sal dit met die volgende hoofstuk vir julle uit My Woord bewys.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205