Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GEESTELIKE CHAOS - WERELDBRAND – CHRISTUS. DIE VOORLOPER VAN DIE HEER
BD 801 - 9 Maart 1939
Onveranderd sal aan die wêreld in vervulling gaan wat geskrywe staan, dat geen steen op die ander sal bly nie. In die dae sal die wêreld `n volledige ineenstorting beleef van alles wat duisende jare behoue gebly het. Al die tradisionele sal swaar ly; dit sal `n nooit gekende chaos beteken sowel in geestelike asook in aardse opsig.
Die mense sal nie meer kan onderskei in hoeverre hulle menings korrek of verward is nie. Hulle sal hulself oewerloos laat meevoer en `n geestelike woestyn sal die einde wees. Die uiteenlopendste gerugte sal opduik betreffende die Wederkoms van die Christus, en `n reusagtige wêreldbrand sal die mense op tot in uiterste nood en vertwyfeling jaag. Maar die nood kan baie goed gestuit word deur die geloof in Jesus Die Christus (Christus), die Goddelike Verlosser. Wie Hom deur sy aardse lewe tot Leier gekies het, sy weg gaan alle bitterheid verby en in die beskutting van Sy liefde sal die aardse vallei met al sy verskrikkinge hom slegs vlugtig aanraak. Maar die nood sal onuitspreeklik groot wees vir almal wat die Goddelike Heiland nie in die hart dra nie. Die aardse leed sal vir hulle ondraaglik lyk, dit sal hulle kwel deur `n algehele verwarring van liggaamlike en geestelike aard. Maar in die chaos sal `n Lig na binne straal wat almal wat in die Lig staan, met hoop en met troos vervul. Want in die dae sal `n "draer van die geestelike waarheid” onder u opstaan, hy sal die Woord van God verkondig en die mense met groot hoop vervul. Hy sal `n geweldige redenaar wees vir die Heer en sal Sy Wederkoms met alle ywer aankondig. En deurdronge van die liefde vir die mense sal hy die Woord predik wat die Heer Self op aarde geleer het. Hy sal `n Voorloper wees van die Heer, maar wanneer sy uur aanbreek, sal mense trag om te verhinder dat hy sy missie vervul. Die wêreld sal belangstelling vir sy aardse lot toon en vir `n deel sal hulle sy bestemming en sy werk na God se wil erken. Maar die grootste deel van die mense sal hulself in die donkerste geestesnag bevind en sal sy vernietiging eis. In die tyd sal die aarde plotseling begin dreun en God die Heer sal met `n onverbiddelike Stem die mense waarsku en vermaan om om te draai, en op hulle sieleheil bedag te wees. Want die leed op aarde sal `n groot omvang aanneem, en daaraan kan u, mense, al sien hoe naby die uur van die oordeel is. U moet in uself keer en aan die Heer dink, wat vir u hierdie tyd steeds verkondig het in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205