Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER VAN JESUS AAN DIE EINDE
BD 4878 - 13 April 1950
Uit die rye van mense sal daar iemand voortkom wat sal getuig van My Koms in die wolke, en as u van hom sal hoor, dan sal u weet dat die einde naby is. Hy is één van die dierbaarste, hy is vol liefde en goedheid en daarom innig met My verbonde. Hy is vir u, mense, `n trooster en vriend, `n bevryder uit geestelike nood. Hy het `n helder gees en weet van die eindoordeel en vermaan en waarsku die mense in My Naam. Hy is `n stryder vir My en My Ryk en het volledige insig, dus weet hy ook waar die suiwer Waarheid aanwesig is. Daarom sal hy met sekerheid uit die geledere kom van hulle wat My leer van bo ontvang. Hy sal deur sy lewenswandel, deur sy liefde vir die naaste, self deur die hemel onderrig wees, omdat hy nog op die laaste `n amp sal moet uitoefen, naamlik om My Voorloper te wees voor My Wederkoms, want die tyd sal in vervulling gaan en die voorspellings van die profete sal bewaarheid word. Daarom moet hy ook kom, wat uit die Ligryk neergedaal het na die aarde om My ontwil, om My aan te kondig aan die mense wat in die hoogste nood en verdrukking verkeer. Hy sal van My getuig, want sy stem is My Stem en wie hom aanhoor, hoor My aan. Maar hy sal nie lank onder u mense vertoef nie want, voordat u hom sal herken sal hy al in u midde wees en My teëstander sal hom vervolg en die mense teen hom aanhits. Hy sal van die Liefde spreek en die mense sal in haat na hom luister. Hulle sal hom vervolg en hom bedreig, maar Ek weet hoe om hom te beskerm totdat sy uur gekom het. Want hy moet sy missie ten einde bring en moet `n wegbereider wees, hy moet My skare opbeur en hulle onderrig oor die spoedige Koms van die Heer. Wanneer hy sal optree, sal daar nie veel tyd meer oor wees nie. Sy woorde sal die traes en besluiteloses uit die slaap opwek, want hy is die spreekbuis van My Mond. Deur hom wil Ek My nog eenkeer duidelik uitspreek, en weer sal hy, “`n Roepende in die woestyn” wees wat slegs daarom optree - omdat Ek teen die einde `n sterk krag nodig sal hê. - `n "Krag" wat van bo sal kom om u, mense, te help, terwyl die wêreld hom sal haat en alle middele sal aanwend om hom onskadelik te maak - ofskoon hy maar net goed sal doen en goed sal spreek. Die wêreld is in die nag versonke en al die lig is uitgedoof, daarom sal daar plotseling `n helder "lig" op die aarde begin te straal en alle ligdraers sal olie (liefde) gaan haal sodat ook hulle lig weer helderder kan skyn wat die wêreldse mense probeer om uit te doof. Almal wat in die ware geloof is, sal hom herken as die Voorloper van My tweede Koms. Hulle sal weet dat die tyd vervul is, dat Ek verwag word met My die laaste oordeel. Hulle sal sy woorde self ter harte neem, want hulle sal voel dat dit Ek is wat deur hom spreek, dat Ek Myself aankondig deur hom wat My bode is, soos dit bestem is van die Ewigheid af. Maar hy sal dit moeilik vind by die mense wat die wêreld aanhang en wat niks van vermanings sal wil hoor nie. Hulle verafsku selfs hom wat na die lewe staan, hoewel hy alle mense wil help en baie ook sy hulp sal aanvaar. Hulle sal hom wil verhinder om sy missie te voltooi, maar Ek kan hom nie vroeër na My Ryk toe neem, voordat hy My weg voorberei het nie. Totdat hy My Koms verkondig het aan almal wat verlang om My te aanskou, want hy sal hulle geloof bevestig deur die Gees wat buitengewoon in hom werk.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205