Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER VAN JESUS
BD 6554 - 24 Mei 1956
Die positiewe ontwikkeling van die siel is die hoofdoel van die mens op aarde. Dog slegs weiniges, soos uself, is daarvan bewus; slegs weiniges stel hulself die vraag oor die redes en die doel van menswees. Die meerderheid streef slegs na aardse welstand en na alles wat die liggaam welbehae verskaf. Maar alle mense is in staat om hulle verstand te gebruik, alle mense sou hulself die vraag kan stel wat die sin en die doel van die aardse lewe is. En alle mense sou die vraag ook beantwoord kry, want dit is die eerste trappie omhoog.
Maar omdat die mense nie verder as tot by hulle liggaamlike dood kyk nie, omdat hulle selde aan `n voortlewe van die siel glo; is hulle vraag na hulle aardse welsyn belangriker en hulle beskou die besig wees in aardse dinge veel dringender. Die geloof ontbreek by hulle, want sou hulle maar `n swak geloof hê - dan sou hulle innerlik geen rus vind nie, ondanks aardse welvaart.
Hoe nader dit na die einde loop, des te minder geloof sal daar onder die mense te vinde wees. Daarom tree daar in die eindtyd mense op, wat op `n buitengewone wyse met God verbonde is, wat daarom ook buitengewoon kan werk en die opmerksaamheid van die medemens na hulleself toe trek. Want God probeer waarlik nog alles om diegene te help wat net so 'n aansporing nodig het, om hulleself van die aardse doelwit bewus te maak.
Sulke mense is hier met die doel om `n missie te vervul op aarde, beliggaamde ligwesens. Hulle wil die nood van die medemens versag en vir die doel liggaamlik op aarde wandel, sonder dat hulleself van hulle herkoms bewus is. Die sterk verbinding met God, wat hulle egter uit vrye wil as mens tot stand bring, wat al hulle medemense ook sou kon doen, gee hulle ongewone krag. Hulle wese bestaan uit liefde en daarom het hulle so `n lewende geloof, wat uiting vind in ongewone liefdadigheid. In die lewendige verkondiging van Jesus die Christus en kragdadige hulp aan liggaam en siel in Sy Naam.
Deur sulke mense kan baie nog tot die geloof kom, omdat hulle duidelik van `n krag blyke gee wat nie aards verklaar kan word nie. Die mense moet tot geloof gebring word en hulle moet tewens die weg na God toe gewys word, waartoe by die volledig ongelowige mensdom ongewone middele aangewend moet word, wat hulle desondanks nie tot geloof sal dwing nie. En daar sal steeds meer opgestane mense die krag van hulle geloof laat blyk, hoe nader die einde kom. Tot daar plotseling `n groot lig sal straal, tot daar iemand sal kom wat die naderende koms van die Heer sal aankondig en weer vir Hom die weg sal berei.
Sy lig sal helder in die wye omtrek skyn, want sy verskyning sal vinnig bekend word. En ofskoon hy vir baie mense `n bron van krag en troos sal wees, sal hy tog baie vyandig bejeën word deur hulle wat voor die einde in die meerderheid sal wees, wat tot die teenstander van God behoort en in sy opdrag ook sal handel teen al die Goddelike geestelikes. Hulle sal in die besonder diegene vervolg wat in die Naam van Jesus spreek en die nabye einde verkondig.
Maar juis omdat God se teëstander met ongewone brutaliteit optree in die laaste stryd op die aarde, word daar ook `n buitengewone "lig" na die aarde gestuur. Weer sal hy homself as `n liggees op aarde beliggaam soos wat dit geskrywe staan, weer sal hy vir die Heer uitgaan en Sy koms verkondig.
En weer sal hy homself as “roepende in die woestyn” bekend maak.
Hy weet wie hy is en gaan tog in alle onopvallendheid sy aardse weg, wat ook weer met sy dood verseël sal word. Maar al God se getroue mense sal krag by hom ontvang en altyd weer opgerig word wanneer die nood van die tyd blyk om hulle neer te werp, want hy sal in opdrag van God spreek en deur hom sal God die mense Self aanspreek. En hulle sal dan ook die belangrike missie van die Voorloper van Jesus, die Christus begryp en hulle sal daarom ook die koms van die Heer bewustelik verwag, en sal nie twyfel dat hulle verlos sal word uit die grootste benoudheid nie.
Wanneer die Voorloper sal optree het die tyd gekom wat telkens aangekondig was deur sieners en profete, want wanneer hy sal verskyn, sal die aktiwiteit van die Antichris ook duidelik herkenbaar wees - want hy sal die gelowiges so kwel dat hulle buitengewone hulp nodig sal hê. Die Voorloper sal sy "lig" laat skyn en dit sal in die wye omtrek uitstraal.
Waar hy ook sal wees, die mense sal met sekerheid van hom gehoor het en die gelowiges sal weet wie agter die "lig" skuil en ook nou sal hulle weet hoe laat dit is. Die Voorloper van Jesus, (Jesus) die Christus sal egter vasberade sy weg gaan, ondanks vyandigheid en spraakverbod. Hy sal in die opdrag van God spreek en hy sal geen ander Heer erken as slegs die Een wat hy dien nie.
Sy taal sal inslag vind en sal die swakkes krag gee tot verset, want daardeur sal die mense ook die moed hê om vir hulle geloof te sterf. En tog lê die lewe van elke mens in die Hande van God en slegs Hy weet wanneer die uur van redding sal slaan, wanneer Sy koms na die aarde en die wegneming van Syne sal plaasvind.
Ook die Voorloper weet van sy einde, maar hy dien sy Heer ook nog deur sy dood. Want daardeur sal hy die werk van die verheerliking volbring; deur sy dood sal God se mag en heerlikheid geopenbaar word, want slegs Een gebied oor lewe en dood en die Een sal Hom laat ken as Heer en as Oorwinnaar oor Sy teenstanders, as die laaste dag gekom het. Hy sal diegene wat in Hom glo, lewe gee, en almal wat Sy teëstander onderhorig is, aan die dood oorgee.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205