Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER VAN JESUS DIE CHRISTUS
BD 7295 - 28 Februarie 1959
Wanneer u sal hoor dat iemand op ongewone wyse van die Heer spreek, dan sal u weet dat die laaste fase van die eindtyd aangebreek het. Dat die Voorloper van Jesus die Christus weer sy opdrag volbring, naamlik om Hom aan te kondig, wat sal kom op die dag van die oordeel om Syne te kom haal en die aarde te omvorm soos wat dit verkondig is in woord en geskrif.
Hy sal heeltemal onverwags verskyn en van homself spreek, want die mag van sy stem sal geweldig wees, omdat hy die mense sal aanspreek op so 'n ernstige en betekenisvolle manier, dat baie onder die indruk sal kom en sy woord ter harte sal neem. Hulle sal ook insien dat hy die Woord van God verkondig omdat, ook die tekens wat hy doen om sy medemens te help, buitengewoon sal wees.
Hy sal `n ware "wonderdoener" wees vir die armes en ongelukkiges, `n helper in die nood wat oor alle mense sal losbars in die tyd wanneer hy sal optree. Hy sal hardop en duidelik spreek en hulle sal sy arbeid wil verbied en sal hom nie vrees nie. Des te meer sal hy almal aan die kaak stel wat teen God se wil spreek en handel. Daarom sal hy gehaat en vervolg word deur die magtiges van die aarde, wat hy onbarmhartig sal beskuldig, weens hulle gedrag teenoor die mense.
Maar die kloof tussen die aardse en die geestelike wêreld sal al te groot wees, sodat van dié kant geen begrip meer te verwagte sal wees vir hom wat “roepende in die wêreld woestyn” sy missie sal verkondig nie. Hulle sal hom uitlag en hom reeds daarom vervolg, omdat die toeloop na hom toe steeds groter sal word, want daar is tog mense wat onder die indruk sal kom - tot ergernis van die maghebbers wat teen elke geloof sal optree.
Dit is die tyd wat kort voor u lê - en nie lank meer nie - of u sal van hom hoor. Maar weet dan dat u standvastig moet bly, want met sy verskyning sal dit beslissend wees na welke rigting u uself sal wend. Want dan gaan dit slegs maar daarom om uself vir God of vir die wêreld uit te spreek, en die Voorloper sal vir u `n sterk steun wees, sodat u die Weg tot God kan neem, want oortuigend en geweldig sal sy spraak wees. God spreek Self deur hom so onmiskenbaar dat dit vir geen mens moeilik sal wees om homself by hom aan te sluit nie, omdat hy so `n duidelike getuienis van sy roeping sal gee, dat die mense al daaraan sal kan sien wie hy is.
Hyself weet van sy missie, dat dit sy laaste opdrag vir die Heer is, en om uit te gaan en Hom met harde stem te verkondig. Hyself is van sy herkoms bewus en ook van sy verskriklike einde. Maar niks skrik hom af nie en niks hou hom teë om sy missie te vervul en dit sal sekerlik geseënd wees. Wie homself by hom sal aansluit, sal goed daaraan doen, want hy sal baie krag by hom kan ontvang en baie lig sal ontleen word van die groot "lig", wat oral heen sal straal waar dit verskyn. Hy vertoef reeds onder die lewendes, maar hy is nog nie van sy opdrag bewus nie - maar dit sal plotseling vir hom duidelik word en sy aardse lewe sal daardeur grondig verander word. Hy dien weliswaar ook nou al die Heer en besef ook die lae geestelike peil waarin die mensdom wegkwyn, maar die oproep het nog nie na hom toe uitgegaan nie - wat egter plotseling sal geskied.
En dan sal hy uit die omgewingstilte tevoorskyn tree waarin hy tot nou toe was, en hyself sal dan geheel en al bewus wees van sy opdrag, want die Gees van God sal hom dryf en sal hom volledige helderheid skenk oor sy missie. Nou reeds dien hy die Heer met vreugde met `n oorgawe wat hom steeds geskikter maak vir die laaste diens wat hy die Heer wil bewys voor die einde, voor Sy Wederkoms.
U, mense, moet egter dus slegs ag gee op hom wat God se Woord sal verkondig en u sal hom dan ook herken, wat ongewoon op die voorgrond tree. Hy wil sy ongewone missie vervul, naamlik om die Koms van die Heer aan te kondig en die mense deur geweldige predikings op hulle aardse opdrag te wys: om boetvaardig te wees en met alle erns aan hulle sieleheil te werk. Hy sal aan hulle die einde aankondig wat nie lank na sy verskyning sal kom nie, want die tyd wat God die mense gegee het vir hulle voleinding, sal vervul wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205