Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GODS HULP IN DIE EINDTYD. DIE VOORLOPER
BD 8081 - 17 Januarie 1962
Die mense op aarde verander nie meer nie en daar is geen geestelike ontwikkeling meer te bespeur nie. Slegs enkeles sal nog die weg na My toe vind en wat die wil het om aan die doel van hulle aardse lewens te beantwoord. Wat van My kant nog sal geskied om die getal van die laasgenoemdes te vergroot, sal waarlik gebeur, en My Liefde sal ook nog middele en weë vind wat die harte van enkeles sal roer, sodat hulle hulself oopstel sonder innerlike weerstand en My Woord sal aanneem.
Maar daar is nie veel nie en daarom kan gerus gesê word dat die tyd vervul is. Want die geestelike vlak van die mensdom bepaal self die einde, en dit het so gedaal, dat daar nie meer aan `n verandering van die mensdom te dinke is nie. - My teëstander het die mag oor die geestelikes gewen wat as mense beliggaam, die laaste weg oor die aarde gaan. Hy werk in volledige negatiewe wyse in op hulle wat hom onderhorig is en wat sy wil opvolg. Diesulkes het dus alreeds hulle laaste wilsbesluit geneem en kies self weer die ryk van die duisternis. Hulle keer na die materie toe terug, waaraan hulle op aarde onderworpe was en waarvan hulle hulself nie kon losmaak nie. Die materie sal daarom weer die siele opeis.
Maar tot die laaste toe gee Ek die mense nog geleentheid om hulself tot hulle God en Skepper te wend. Want die standvastigheid van Myne sou hulle denke nog kan keer en in hulle vrae kan laat opkom wat Ek self vir hulle sou kon beantwoord, omdat Ek elke siel wil red teen die hernude kluistering - teen `n herhaalde weg deur die skeppings van die Nuwe Aarde .
My Gees sal so duidelik by Myne wees dat die ongelowiges ook verbaas sal staan. Ek Self sal My aan hulle openbaar deur die sigbare hulp wat Ek aan Myne verleen en die ongelowiges sou ook kon glo, as hulle hulself wil vrymaak van My teëstander wat hulle gevange hou. Want deur die geringste gedagte wat hulle na My sou opstuur, sou Ek hulle nog vasgryp, en hulle nie meer loslaat nie. Ek sal My ook nog in die laaste uur laat vind, waar die wil daar sal wees om My te ervaar.
Myne sal egter besef hoe gekluister die teenstander die mense vashou. Myne sal wel blootgestel wees aan sy aanvalle, maar My krag sal hulle sigbaar versterk. Ek Self sal hulle in die stryd bystaan en hulle sal as oorwinnaars te voorskyn kom. Want waarlik, My krag is sterker as syne en die lig wat uit u straal sal hom teenstraal en hy sal vlug, omdat hy My self daarin herken.
En sodat Myne sterk bly, daarom sal hulle daadkragtige ondersteuning ervaar. Ek self sal in die Woord by hulle wees en Ek sal aan hulle ligdraers stuur wat so helder straal, dat hulle alle skaduwees sal verjaag en ook die vyande afweer wat Myne in die noute wil dryf. Ek sal die mense met My (geestelike) teenwoordigheid verbly en hulle versterk in hulle stryd teen die vyand. Enkele mense sal My kan aanskou en groot krag daaruit put, sodat hulle hierdie krag ook op hulle broers en susters sal oordra.
En dan sal u ook hoor van iemand wat My Koms aankondig, wat weer as ‘roepende in die woestyn’ sal verskyn en wie se "lig" u almal sal verlig en wat u ook as My Voorloper sal herken gedurende die tyd van die einde.
Ek laat u, wat van My is, en wil bly, nie in liggaamlike en geestelike nood agter nie. U is waarlik nie eensaam en verlate nie, al sien dit op aarde so daaruit. Ek Self is by u en u sal ook van My teenwoordigheid bewus word en `n onwankelbare geloof in My en My Koms aanskou, op die dag van die oordeel.
En terwille van Myne sal Ek die dae verkort, sodat hulle kan standhou tot die einde toe, want daar is geen ommekeer meer op die aarde moontlik nie. Maar daar moet weer `n aardse omkering plaasvind, want die aarde moet weer in diens staan van die ontwikkeling omhoog en van die geestelikes wat gefaal het in hulle laaste wilsbeproewing, en hulle sal opnuut gekluister moet word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205