Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VERSKIL TUSSEN DIE “WOLWE IN SKAAPSKLERE" EN DIE VOORLOPER VAN DIE HEER VOOR SY WEDERKOMS
BD 685 - 26 November 1938
Die gemaklikste spel het die teenstander wanneer hy as "wolf in skaapklere" verkleed rondgaan, en die mense met uitdrukkings en woorde betower.
Hy sal elke geleentheid uitbuit waarby hy onder die mense kan skade aanrig. Wie in die kloue van die wolf sal val, sal meedoënloos verskeur word, sodra hy die mag oor die siel verkry het, maar teenoor hom staan die Voorloper.
Onthou daarom goed: U sal hom herken wat met die "vurige swaard van sy mond” oor die aarde sal gaan. Niemand sal aan sy woord twyfel nie, want dit sal Goddelik wees en `n uitstroming van die diepste liefde van God. Maar soek hom nie in glans en prag nie, want sy naam is onaansienlik en onbekend. Hy noem homself wel Johannes, maar sy aardse liggaam het nie die voorkoms wat hom in die geestelike Ryk versier nie. Hy wandel in die midde van en onder u en leer deur woorde en dade, en hy sal `n voorloper wees van die Heer voor Sy Wederkoms op aarde. Netso sal sy woord getuig van God se liefde oral waar hy homself sal bevind, want hy sal in die harte van die mense `n diep verlange opwek na Waarheid en Lig.
Glo nie die stemme van die huidige tyd wat u wil mislei nie, wat u gevoel vir die goeie en edele wil vertroebel. Bemoei u nie met hulle sake nie en bly slegs by wat die Heer u van bo af stuur. Want die neiging van die teenstander is na die wêreld gekeer en nie na die Ewige Godheid nie.
Die Voorloper sal vir u die woorde van die Heer regstreeks laat hoor, sy gees sal die ware heil verkondig en wie hom sal hoor, sal deur sy spraak vervul wees. Hy kom in die glans van die Waarheid en daar kleef geen smet van die wêreld aan hom nie. Die land waarin hy egter sal vertoef sal geseënd wees deur sy aanwesigheid. Maar wanneer hy sal verskyn is die uur van die oordeel ook nie meer ver nie.
Hy sal al die lyding met geduld dra en steeds die stem van die Heer verneem. Dink aan dié woorde as die mense hom sal gryp om sy lot op aarde te besleg. Die wêreldse mense sal die stryder van God egter nooit kan verhinder om dit uit te voer wat hy, terwille van die mensdom, op homself geneem het nie. Nooit sal hulle mag sover reik dat hulle ongestraf teen die Heer kan ingaan nie. Tog sal Sy oog medelydend bly rus op hulle wat hom wil leed aandoen, want Sy liefde en geduld sal homself ook uitstrek oor almal wie se harte teen hom sal wees. Maar hy sal nog baie wen, omdat die krag van Sy woorde en liefde ontsaglik groot sal wees. Die wêreldgebeure sal daardeur aan belangrikheid inboet, want die gees van hulle wat in hom die redder uit die diepste nood sal sien, staan lynreg teenoor die gees van hulle wat slegs wêreldsgerig is en hulle lot sal die dood van liggaam en siel wees.
Daarom word u hiervan in kennis gestel, sodat u die aktiwiteite kan herken van hulle wat na die afgrond strewe; die wat die lig van bo verafsku en daarna strewe om dit uit te doof, sodat die teenstander die siele in die duisternis kan bemagtig. Lig sal u verkry as u na lig verlang, want die Heer laat u nie in die duisternis versmag nie. Hy sal u behoed teen die “verskeurende wolwe” wat Sy kudde in hulle vermomming binnegesluip het, en wat trag om verwarring te saai. Lees Sy Woord en herken die verwarring. En wie ore het om te luister moet hoor; die wêreld sal nie vir u vrede bring nie, maar slegs Hy, Wie se Ryk nie van dié wêreld is nie.
Sy vrede sal `n ewige vrede wees wat deur niks in die wêreld meer versteur sal kan word nie. Wat homself daarom ook oor die aarde sal uitstrek, oor die mense wat die Woord van God verneem uit die mond van `n ware volgeling van Jesus wat in Sy liefde die mense wil bystaan en aan hulle die Ewige Liefde kan verkondig. Hy sal die ware vrede bring aan die mense wat van `n goeie wil is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205