Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE KRAG VAN DIE GODDELIKE WOORD. PROFEET - DIE WEDERKOMS VAN DIE HEER
BD 2797 - 4 Julie 1943
Die krag van die Goddelike Woord sal in elkeen gewaar word wanneer die laaste tyd gekom het, want daar loop baie drade van bo na die aarde. Oral stuur God Sy Woord na die mense toe wat dit gedeeltelik deur hulle gedagtes of deur die innerlike stem verneem, en oral sal Sy Woord aan die mense krag bring. Waar die regstreeks gebringde woord egter na die mens gestuur word, daar sal hulle ook versterk word wanneer hulle dit gelowig sal aanneem en hulself aan sy werking toevertrou. Want dit is verseker dat God nie Syne sonder hulp sal laat in `n tyd met baie kwellinge en groot moeilikhede nie, en wat buitensporig baie krag sal vereis. Daarom seën Hy Sy Woord met Sy krag, sodat almal wat die Woord verneem, die krag sal bemerk - wanneer hulle gelowig is. God se teëstander sal sy volle mag ontplooi en sal probeer om alles neer te slaan wat aan hom geen weerstand bied nie, want die Woord van God is die beste wapen teen hom. Die Woord van God beskut die mens teen sy aanvalle, want met Sy Woord is God Self by die mense - en teen Hom is die vyand magteloos. As die mens gelowig is, hoef hy niks te vrees wat ookal oor hom mag kom. Die wêreld sal wel met alle middele probeer om sy geloof te skok en sal hom wil dwing om die geloof op te gee, maar die Woord van God is sterker as die wêreld. Wie die Woord besit, luister nie na die stem van die wêreld nie, hy is nader aan God as aan die wêreld, en God se krag deurstroom hom - en die mens bly ook met God verbonde deur Sy Woord. In die laaste tyd sal daar egter iemand opstaan en die Woord van God hardop en duidelik hoorbaar aan die mense predik. Die gees van God sal hom begelei en Hom deur hom openbaar. Sy woorde sal indrukwekkend wees en ook in die rye van die teenstander nie sonder uitwerking bly nie. Hy sal vervolg word deur hulle wat aan die wêreld behoort, maar hulle sal niks teen hom kan uitrig totdat sy missie op aarde vervul is nie. Hy sal die Wederkoms van die Heer verkondig en die mense hulle onregverdigheid voorhou. Hy sal hulle leer oor dinge wat vir hulle nog vreemd is. Hy sal hulle tot liefde aanspoor en die liefdeloosheid hekel in skerp bewoording. Hy sal sonder vrees spreek en die mense probeer wen vir die Ryk van God. Van sy woord sal `n krag uitgaan wat die waarheid bevestig van wat hy spreek. - God die Heer sal deur die mond van Sy dienaar op aarde spreek, en baie sal Sy stem herken. Maar op die laaste sal hy gegryp word, want Satan dryf die mense wat van hom afhanklik is, daartoe aan.
Maar dan is die Koms van die Heer ook nie meer ver nie, want dan het die liefdeloosheid op aarde haar hoogtepunt bereik en selfs die gelowiges sal in die uiterste gevaar verkeer om te twyfel. En dan kom die Heer Self om Syne tot Homself te bring om hulle te red uit die geweld van hulle wat aan die duisternis behoort, want deur hulle sal dinge gebeur wat niemand vir homself kan voorstel nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205