Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER. DIE VERKONDIGING VAN JESUS
BD 5830 - 19 Desember 1953
Streef daarna in alle deemoed om My ware kinders te word, maar rig u nie op ongewone kennis nie, hulle het weinig nut vir die volmaaktheid van u siel. In My Ryk geld die kleinste en geringste meer as hy wat dink om verhewe te wees, in My Ryk word die ootmoed buitengewoon gewaardeer en vir arrogansie is daar geen plek nie. Maar u moet ware grootte onderskei van selfverheffing, onderskeiding moet vir u een van die groot bates wees. Wat vir My groot is, dit verhef Ek as heersend oor hele wêrelde met hulle bewoners. - Hy regeer met My en in My Wil oor eindelose skeppings en tallose skepsels, en tog sal sy gees nie verwaand word daardeur nie. Maar wie baie van homself dink en glo om ook vir die regering bevoeg te wees, die sal in alle Ewigheid nie die hoogte beklim wat hom `n heersers-amp sal verseker nie, want Ek ken die innerlike gesindheid van elke wese. Ek weet presies waar ware deemoed is en waar slegs My Wil deur `n wese vervul word. Daarom sê Ek dan ook: Op die aarde is daar geen wese wat so deemoedig is dat Ek hom sou kon laat heers oor wêrelde in die Ryk hierna nie. My heersers se deemoed is boaards en so 'n wese is so innig met My verbonde dat die aarde vir hom geen woonplek sou kon wees nie, want alles sou in die helderste lig straal wat in sy omgewing sou wees.
Want hierdie ligwesens het al die weg oor die aarde gegaan met die gevolg van volkome vergeesteliking op aarde. Hulle keer nooit meer na die aarde toe terug nie, maar werk desondanks voortdurend op die aardbewoners in. Hulle stuur hulle ligstrale na die aarde toe, omdat `n oorgrote liefdeswil hulle vervul, en die wil om te help laat hulle voortdurend besig wees in `n verlossende sin. Dus kan `n bepaalde mens baie sterk deur so `n ligwese beïnvloed word, wat egter nie beteken dat die siel van die mens een van die van bo neergedaalde ligsiele is nie. Ook is dit so dat baie ligsiele hulself sal beliggaam voor die einde, met die doel om `n missie te volbring. Hulle staan nog voor hulle voleinding as God se kinders, wat hulle wel deur so `n missie kan bereik. Die volmaakte God se kinders werk slegs van bo af op die mense in; beïnvloed egter bepaalde mense sterk wanneer die voorwaardes daarvoor gegee is om ook in die verlossende sin op aarde besig te kan wees.
Maar vir één spesifieke liggees is dit toegestaan om na die aarde af te daal, naamlik My Voorloper, wat Myself voor die einde sal aankondig. Hy wil My verkondig en sal vir My die weg berei. Want dit is volgens My Wil van die Ewigheid omdat hy My van die begin van die tye af aan toegedaan was, omdat hy `n stryder vir sy Heer is. Hom het Ek uitverkies tot My vasal, (leenman) tot My herout (kneg) wat My steeds sal aankondig. Wat in die wêreld luid die verkondiging gedoen het toe Ek na die mense toe gekom het, wat voor My gegaan het as roepende, sodat die mensdom op My sou agslaan. Hy stry vir My en sal altyd stry vir die Naam van sy Heer. Hy is sodoende die straal en die lig wat Ek van My uit afstuur na die aarde. Hy weet van My Koms, van die einde en van sy missie op aarde. Hy herken homself as die een wie hy is. En hy is My so toegeneë, dat slegs My Naam uit sy mond weerklink, dat sy iedere asemtog My Naam verheerlik. Want elke slag van sy hart geld My, Wat hy op aarde verkondig, met oorgrote ywer en vir Wie hy ook sy lewe gee - wanneer sy missie beëindig is. Hy gaan dus oor die aarde kort voor My Wederkoms, maar die mense sal hom in sy eenvoud nie herken nie, totdat hy sy mond sal open om Hom te verkondig wat ná hom sal kom. Dan sal die skille van die oë by Myne afval, maar My teenstanders sal hom nie herken nie. Hy sal ongeag sy eie gevaar tog spreek, hy sal aan die mense die nabye einde verkondig en aanmaan om boete te betaal. Hy sal hulle waarsku om die heil van hulle siele te soek en om Mammon te verag. Hy sal hulle met `n donderende stem die Verlosser van die wêreld verkondig, Jesus die Christus (Christus), hy sal alles doen wat vir die verheerliking van die Naam Jesus - van die Ewige God - nuttig is, want hy sal in die waarste sin van die woord My Voorloper wees. Hy sal die weg na die paradys weer open vir almal wat aan sy woorde geloof skenk, wat My getrou verwag, sodat Ek hulle kan red uit die diepste nood.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205