Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

OOR DIE VOORLOPER
BD 7722 - 8 Oktober 1960
Dit sal blyk welke krag daar in My Woord bevind, want die harte sal self deur My aangespreek voel en in liefde tot My ontbrand. Ek maak My bekend as Vader, omdat Ek met My kinders verbonde wil wees en daarom laat Ek My Liefde straal in die harte van hulle wat van goeie wil is.
Maar slegs aan die wat lig wil hê en, of die mense wat die stem van die Vader herken. Die geringste weerstand verminder die krag van My Woord, en die weerstand bring die mens self te weeg wanneer hy nog sonder liefde is. Dan laat hy homself nie deur My aanspreek nie en bly die krag van My Woord ook sonder uitwerking. Dan klink My Woord vir die mens nie anders as `n mens se woord nie en hulle wys dit af.
Maar My kinders luister na My Woord en Ek leer My kinders aldus: Maak u vry van verwarde gedagtes, deurdat u self tot My bid om waarheid en verligting van u denke. U probeer voortydig indring in gebiede wat Ek nog vir u geslote hou, u maak gevolgtrekkings wat verkeerd is. U hou uself in u gedagtes besig met dinge, waarvoor die tyd nog nie gekom het om dit te weet nie. U raai maar oor die lot en die koms van die Voorloper, maar u maak verkeerde gevolgtrekkings. Ek het vir u gesê dat u hom sal herken, dit wil sê, u hoef nie te vra nie - u sal weet dat dit hy is wanneer hy in die openbaar tree. Maar as die uur van sy optrede nog nie aangebreek het nie, hoef u hom ook nie te soek of in `n medemens te vermoed nie - want hy kom daarvandaan waar u hom die minste sal verwag.Hy is nie iemand van die wêreld nie en hy gaan sy weg soos elke ander mens, maar al sy denke en strewe is op My gerig, ofskoon sy missie nog nie aan hom bekend is nie. Maar sy gees sal hom `n helder insig gee oor sy missie en oor homself, wanneer die tyd gekom het dat hy moet optree.
Ek sê dus nou, (1960) dit duur nog `n tyd voordat dit sal gebeur. So verlig sal hy wees dat sy lig in die wye omtrek sal straal en dat u almal wat My Wil dien uself in sy lig sal kan verwarm wanneer die tyd van die geestelike nood gekom het, wanneer die laaste fase voor die einde sal intree en die geloofstryd sal ontbrand.
Glo egter vooraf geen enkele gees wat dink dat hy meer daaroor weet nie, want as die kennis nodig sou wees, sou Ek uself daaroor onderrig. Wat u egter deur die mond van die mense vertel word, neem dit versigtig aan en laat u nie mislei word nie. God se Gees spreek Hom nie teen nie en u moet self ondersoek waar My Gees aan die werk is en welke gees u glo.
Ek het wel die Voorloper vir u aangekondig en dat hy weer as ‘roepende in die woestyn’ sal kom voor My Wederkoms, maar sy verskyning sal nog ietwat op hom laat wag, omdat daar nog `n kort tydjie vooraf moet gaan waarin daar vlytig vir My Ryk gearbei moet word en omdat u dan self die tyd sou vasstel wanneer sy koms bekend sou wees. Ek hou nog die sluier getrek oor die tyd van sy optrede, want dan is My Koms ook verseker. Dan is die einde naby, want hy sal maar `n kort tydjie op aarde arbei - wat egter voldoende sal wees om die mense uit hulle starheid van die dood wakker te skrik.
Want dit is die doel van sy verskyning: om hulle te red wat nog weifel, om hulle te versterk wat aan My getrou wil bly en My en My Koms aankondig. En ofskoon die tyd ook nie ver af is nie, moet daar tog nog enkele tydperke verbygaan. Dan sal egter onherroeplik vervul word wat aan u verkondig is deur woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205