Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER VAN JESUS
BD 9007 - 3 Julie 1965
So baie mense glo dat die inkarnasie van die ‘roepende in die woestyn’ ook `n teken van geestelike dwaling is. Maar dit staan vas dat hy `n groot redenaar sal wees wat egter tot by sy optrede nie sal weet welke gawe aan hom toebedeel is nie, naamlik dat hy sy woord met `n geweldige stem sal laat weerklink, dat My en My spoedige Koms aan die einde van die dae aangekondig word.
Hy sal weer voor My uitgaan en aangeval word deur diegene wat niks van `n einde wil hoor nie. Hulle sal hom bespot en hoon, omdat hy vir hulle dinge aankondig wat vir hulle ongelooflik voorkom, en hy sal daarom deurgaan as `n fantaseerder. Hy sal in dieselfde tyd optree as die Antichris, wat die geloofstryd sal laat ontbrand. Hy sal die Antichris heftig bestry en Myne sal by hom krag en troos kry. Hy werk maar `n kort tydjie op aarde, maar hy benut dit goed om My Woord te bring aan almal wat dit sal aanneem. My teenstanders sal hom vervolg en ter verantwoording wil roep, maar hy sal homself steeds meer aan hulle onttrek totdat sy uur gekom het waarin hy sy lewe vir My sal laat.
Dit is al meermale aan u gesê dat hyself geen idee van sy missie het nie, dat dit plotseling oor hom sal kom en dat hy dan deur iedereen herken sal word. Dan sal hy dit self ook weet waarom hy met so 'n geweldige stem toegerus is en waarom hy My moet aankondig. Dan sal hy weet dat die einde gekom het waarin Ek in die wolke sal kom om Myne weg te neem.
En dan sal die Antichris self probeer om hom in sy mag te kry, want die Voorloper pak hom in die besonder aan en bring sy skanddade aan die lig. Hy skrik nie daarvoor terug om hom openlik aan te val nie en sal daarom deur sy vyand vervolg word.
Maar dié wat onder die heerskappy van die Antichris moet ly, sal hy vertroos. Hy sal hulle op My Koms wys en elk en iedereen sal hom glo, omdat hulle hulself deur sy woord aangesproke voel, asof Ek dit self tot Hulle gespreek het. Sy woorde sal soos balsem wees vir u wat in angs en bekommernis wag op die dinge wat sal kom. U sal uit sy woorde troos en nuwe krag put en u altyd weer versterk voel, omdat hy bewys dat u Vader u self aangespreek het; dat u dus sy woorde kan glo, kan hy u op My spoedige koms in die wolke wys.
Derhalwe sal u op alle waarskuwinge en vermaninge ag gee wat u van sy kant af sal bereik, want hy sal ook in die gees by hulle wees wat Ek vir hom te kenne gee as behorende aan My. Hy sal die bekwaamheid besit dat hy homself in u nabyheid sal begeef, terwyl sy liggaam êrens anders is, want die roep om hulp tot My sal Ek deurgee en hy sal dan ook tot hulp bereid wees.
Daarom: U sal hom eers herken wanneer sy missie sal begin, maar verwag hom nie nou al nie, (geopenbaar:1965) Eers sal My ingryping moet voorafgaan, voordat hy sal verskyn.
Dan sal die tyd egter spoedig verbygaan, want terwille van Myne sal Ek die dae verkort - sodat My teëstander hulle nie nog van My kan afvallig maak nie. Want dan sal die nood groot wees en daarom Ek sal ook sterk liggeeste aan hulle stuur, wat hulle sal beskerm tydens elke aardse en geestelike nood.
Maar wanneer My ‘roepende in die woestyn’ sy lewe sal moet gee, dan kan u ook elke dag My Koms verwag. Dan sal Ek u bring na `n Ryk van Vrede en alle nood sal ten einde wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205