|
Boek 7 - Die Voorloper BERTHA DUDDE
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
DIE VOORLOPER VAN DIE CHRISTUS (CHRISTUS) - GELOOFSTRYD BD 8231 - 2 Augustus 1962 Myne sal die ‘roepende in die woestyn’ herken wat My verskyning sal aankondig soos wat Ek dit voorspel het, want sy "lig" sal helder straal en sy spraak sal geweldig wees. Hy sal nie bang wees in sy redevoering wat die magtiges sal aanval nie, want hy is deur My na die aarde gestuur om sy laaste missie te vervul. Om die einde van die aarde te predik en My Koms te verkondig op die dag van die oordeel. Die wat aan My behoort, sal deur die krag van sy taal geweldig onder die indruk wees en hulle sal besef dat dit nie lank meer sal duur voordat Ek Self sal kom om hulle te red uit hulle nood. Van vroeg af egter sal u mense, u ook altyd weer in valse veronderstellinge verloor en meen om hom in baie mense te herken, Ek sê egter aan u; dat u nie sal hoef te vra nie, maar sal weet dat dit hy is wat Ek self vooruit stuur. Want wanneer hy sal optree, is My teëstander ook al aan die werk op so 'n wyse, dat hy homself sal beliggaam in `n maghebber wat sal optree teen elke geestelike strewe en teen die geloof. Hy sal Myne nou ook deur sy handlangers erg verdruk sodat hulle van My afvallig sal word en hulself na hom sal wend. U kan dan nagaan wanneer die geloofstryd sal begin en buitengewoon baie troos ontvang deur My Voorloper, omdat u dan ook weet dat die einde nie meer ver is nie. Want sy missie op aarde is nie van lange duur nie, en ook die Antichris sal maklik herkenbaar wees – want vir hom sal ook nie `n lang lewensduur beskore wees nie. Die Voorloper sal kom en u geloof versterk. Hy sal met so 'n geweldige redevoering van My getuig en My Koms aankondig, dat Myne krag uit sy woorde sal put en ook sal volhou tot aan die einde. Want Ek Self sal hulle bystaan in hulle node wat die geloofstryd met homself sal saambring. Die ‘roepende in die woestyn’ sal homself nie laat teenhou nie en openlik optree teen die mense wat Myne vyandelik gesind is. Hy sal hulle handelinge as afskuwelik brandmerk en altyd sal hy My beskerming teenoor hulle aanvalle geniet, totdat sy uur gekom het. Hy sal sy missie weer met sy dood koop, maar dit mag u nie laat skrik as u van My is nie. Dit moet u slegs versterk, omdat u in die Waarheid is en alles so kan verwag, soos wat Ek dit vir u deur My Gees verkondig het. Dit tydperk wat vir u mense gestel was om u van die vormgodsdiens te bevry, loop ten einde. Maar tot die laaste dag help Ek u om tot `n korrekte geloof in My te kom, en ook die Voorloper is vir u gestuur om u geloof te versterk. Wie hom wil herken, sal hom ook herken. Wie sy woord egter afwys, is openlik `n aanhanger van My teëstander en wys My ook self af. Maar die lig uit die Hoogte wat helder straal sal nie oor die hoof gesien word nie en sy woord sal nie te negeer wees nie. Sy lewenswandel en arbeid op aarde in die laaste tyd sal so duidelik herkenbaar wees as Goddelike werk, dat iedere mens hom kan herken en nie hoef te vra of dit hy is nie. My teëstander sal opnuut op dieselfde manier wil werk, deurdat hy verwarring sal probeer saai en sy aanhangers beïnvloed, dat die Voorloper daar en daar te sien is. Daarom is `n noue verbinding met My nodig om korrek te kan onderskei en na waarheid te soek. En daarom vertel Ek u steeds weer dat hy eers dan sal verskyn wanneer My teëstander homself ook met die regte uiterlike vorm gereed sou gemaak het, waarin hy dan werk tot ontsetting van die gelowiges. Hy sal oor groot mag beskik en sal dit nougeset in die geloofstryd gebruik. Maar dan sal hy, wat Ek self stuur, ook optree, en hy sal die Antichris openlik aanval en hom nie vrees nie. En daaraan kan u hom herken, want ook hy beskik oor groot krag wat hy egter in My Naam sal gebruik. Hy sal ook siekes genees en wonderwerke doen en daarom sal hy heftiger bestry word deur die maghebbers wat hom teenstaan, en hulle sal ook daarin slaag dat hy `n gewelddadige dood sal sterf. Maar die "lig" wat hy sal versprei onder Myne, sal hulle ongewoon versterk. Hulle sal My Koms vol vertroue verwag en volhard tot aan die einde, want hulle sal weet dat My Woord vervul sal word en dat alles sal gebeur soos wat Ek dit laat verkondig het in woord en geskrif.AMEN
|
|
|
|
|