Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER
BD 8815 - 19 Junie 1964
Ook op dié vraag wil Ek u `n antwoord gee, want dit is baie gewigtig - sodat u wat My Woord ontvang, nie tot `n verkeerde denke verval nie. Daar is baie wat glo om self die lang verwagte Voorloper te wees wat My Koms moet aankondig. Maar altyd sê Ek weer aan u, dat hy in die tyd van die Antichris sal kom, dat sy optrede met die verskyning van die Antichris sal saamval en dat u hom dan ook sal herken. Sy optrede sal maar van korte duur wees en hy sal dan verskyn wanneer die mense hom nodig sal hê, en hy sal u troos en hulp verskaf. En so sal u hom eers dan kan verwag wanneer die laaste fase aangebreek het, wanneer die natuurkatastrofe verby is. Wanneer daar `n heerser homself op die troon geplaas het wat u duidelik as die Antichris kan herken, en wat die geloofstryd sal laat ontbrand.
Eers dan sal My roepingsdienaar na vore tree en openlik getuig van My en My Ryk. Maar vermoed hom nie nou al nie (geopenbaar:1964) want hy is nog nie self van sy missie bewus nie, wanneer hy egter sal optree, sal elke mens hom herken aan die krag van sy stem en sy spraak. Hyself het geen verlange om herken te word as ‘roepende in die wêreld woestyn’ nie, en tog is hy dit. Hy sal spreek, gedryf deur die gees in homself omdat sy verlange so sterk in hom is om vir My te getuig, om My Koms te verkondig en die mense tot ommekeer te beweeg, dat hy elke oorweging buite beskouing sal laat, sodat hy sal spreek te midde van vyande wat soek om hom onskadelik te maak.
Maar bedink dat die tyd van die einde nog nie gekom het nie, (geopenbaar:1964) dat daar nog altyd `n tyd van vryheid van spraak is - wat egter vinnig sal verander wanneer My ingryping deur die natuurkatastrofe plaasgevind het. Wanneer die nood onder die mensdom so groot sal wees dat niemand homself bereid sal verklaar om die groot nood te stuit nie. Dan het die tyd egter ook gekom, want hy is die laaste van die profete en wie hom sal aanhoor, sal groot krag ontvang.
Dit word steeds weer aan u gesê dat hy `n onopvallende mens sal wees in wie u so 'n krag van spraak al die tyd nog nie vermoed het toe hyself in alle deemoed sy weg gegaan het nie, maar plotseling sal dit in hom deurbreek. Hy sal sy missie baie plotseling insien en hy sal `n redenaar word wat geweldig vir God spreek; wat aan elkeen My Naam sal verkondig en nie daarvoor sal terugdeins om vir My Naam te stry nie. Hy sal duidelik maak dat Ek die Verlosser van die wêreld is en stry vir My en My Ryk.
En daaraan sal u hom kan herken, dat hy My self erken as die Woord "wat vlees geword het" en dat hy My menswording in Jesus die Christus (Christus) duidelik uiteensit. Dat hy geen onderskeid maak tussen My en Jesus nie, dat hy Jesus as God erken.
Sy redevoering sal ooreenstem met My leer wat van bo tot u gekom het, en dit is die teken dat hy Johannes die Doper sal wees, die ‘roepende in die woestyn’, My Voorloper, wat weer gekom het om My Koms aan te kondig. Nie lank daarna nie sal Ek Self kom om Myne weg te neem, wanneer hulle hulself in die grootste sielenood sal bevind.
Daar sal altyd weer mense wees wat hulself inbeeld om die beliggaming van Johannes te wees. Altyd weer sal Ek hulle inlig en aan hulle sê dat hy homself sal laat herken op ongewone wyse, dat hy nie gesoek kan word in kringe wat hulleself daartoe geroepe voel nie. Vanwaar u hom nie sal verwag nie, sal hy kom en dit moet vir u, wat hom vroeër verwag, voldoende wees, omdat die tyd nog nie gekom het nie. Maar dit sal nie lank meer op hom laat wag nie, en dan volg alles mekaar vinnig op, want vir hom is daar geen lang lewensduur nie. Hy sal sy missie op aarde met sy dood betaal soos wat dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205