Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

BELIGGAAMDE WESENS SONDER VOORAF HERINNERING. DIE VOORLOPER
BD 4970 - 20 September 1950
Aan die wat My Wil dien word die volgende gesê: Die geestestoestand van die mense wat in die laaste tyd lewe, vereis `n besondere hulp van die kant van die ligwesens. Hulle is in die geestelike Ryk besig volgens My opdrag en ook op die aarde, waar hulle in groot getalle as mense beliggaamd aanwesig is om `n verlossende missie te vervul.
Op welke manier die wesens werk en hulp gee is geheel duidelik vir die mense wat hulle oorgebringde geestesgoed aanneem. Hulle weet dat slegs deur die oorbring van My Woord uit die Hoogte, die mense hulp gebring kan word in hulle geestelike nood.
Met die algemene geestelike vervlakking sou dit volkome onmoontlik gewees het dat My Woord ingang sou kon vind onder die mensdom. Hulle sou nóg die verbinding kon herstel met die geestelike wêreld, nóg hieruit berigte wil of kon aanneem. Daarom moet die ligwêreld bemiddelend werk en die ligwesens moet geskikte opnamehouers (harte) op die aarde soek, waarin hulle die uitstraling van My Woord kan laat binnestroom. Maar wanneer hulle dit nie kan vind nie, daal hulle self na die aarde af om as beliggaamde mense `n skakel te wees tussen die mense en die geestelike wêreld, om middelaars te wees tussen My en die mense.
Daar is dus in die laaste tyd voor die einde, die tyd waarin u mense, nou reeds leef, `n groot aantal ligwesens beliggaamd om u te help omdat u geestelik blind en onwetend is, omdat u verkeerd leef en omdat u uself in groot geestelike nood bevind. Uself weet nie van die lae geestelike peil van die mensdom nie, en as u kennis daaroor gegee word, glo u nie daarin nie.
Maar in die ligwêreld is bewoners wat vol ontsetting neersien op die aktiwiteite in die duisternis van die aarde. Hulle wil u te hulp snel om hulle nog te red wat geen weerstand bied nie, as u uself aan hulle leiding oorgee. Hulle is as mense beliggaam en wil u help en onderrig, maar u herken hulle nie. Ook herken hulle hulleself nie as wesens van bo nie, ofskoon hulle as mense vasberade omhoog strewe.
Dit is mense soos uself, met `n wil wat slegs na My gekeer is. My teëstander kan niks teen hulle begin nie, omdat hulle aan My behoort voordat hulle na die aarde gekom het, terwille van die noodlydende mensdom. Hulle wil aan u die "lig" bring wat hulle voortdurend van My ontvang en wat gelyktydig krag is uit die hoogte. Maar hulle weet nie dat hulle vrywillig na die aarde toe gekom het nie, want hulle strewe omhoog moet vir die medemense duidelik sigbaar wees om aanleiding te gee om dieselfde te doen.
Sou so `n ligwese as sodanig herkenbaar wees, dan sou dit die mense nie tot voordeel wees nie. Die mense wat met swakhede en gebreke behep is, sou hulself dan nie in staat voel om die voorbeeld ooit te ewenaar nie. Slegs baie besonder hoë geestelike wesens ken hulle missie en afkoms en laat dit ook vir die mense weet, ofskoon hulle geen geloof by hulle vind nie.
Sulke hoë wesens is egter vir elk en iedereen te herken wat hulle wil sien, want hulle missie is: om steeds in die openbaar te werk en nie in die verborgene nie. Want nie net enkele mense nie, maar alle mense moet kennis verkry van die bonatuurlike werk en van die krag, mag en heerlikheid van Hom, wat Sy skepsels nie in die duisternis wil laat versink nie; en daarom `n bomatige "lig" vanuit die Hoogte stuur.
En so `n "lig" sal van My getuig en daardeur van homself laat spreek, en wanneer hy sal straal, sal u weet dat u kort vóór die einde staan en dat die meeste mense nog maar `n kort barmhartigheidstyd gegee is, want as daar nie na hom geluister sal word nie en as die vermaningsgeroep sonder gevolg bly, sal daar geen redding meer wees vir die gematerialiseerde wêreld nie. Dan het die einde onherroeplik gekom soos wat dit in woord en geskrif verkondig is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205