Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE AANKONDIGING VAN DIE VOORLOPER VAN JESUS, DIE CHRISTUS (CHRISTUS)
BD 7062 - 10 Maart 1958
Niemand van u mense sou nog in die Waarheid gewees het as dit nie steeds weer vir u verkondig sou geword het deur My Gees nie. Wat ten tye van My aardse lewe aan die mense as suiwer waarheid gepredik was, het nie lank suiwer gebly nie. Want sodra die menslike denke daarmee begin om My leer vir die doeleindes van hele volke ten bate te maak, word alles ook met menslike byvoegings vermeng. My leer kom te min ooreen met die eiebelang van die mense, daarom soek die afsonderlike gemeentes om hierdie leer min of meer ter sake dienend te omvorm. (vormleer)
Daardeur word uit die “kerk”, wat eens deur My self gestig is, die sogenaamde oerkerk, spoedig `n verkeerde beeld van wat dit in die begin was, getoon. My suiwer leer het tallose veranderinge ondergaan en wat nou nog bestaan, kan geen aanspraak meer daarop maak om die suiwer waarheid te wees nie.
Om die waarheid suiwer te bewaar, behoort daar geskikte houers (suiwer harte) te wees waarin My Gees voortdurend kan instroom. Die Goddelike Gees moet Homself onafgebroke kan uitgiet en die leer wat deur My aan die mense gegee was, moet ook deur die mense verkondig word wat vol is van die Gees. Want anders kan die woorde al in die mond van die verkondiger verander word, en dan `n ander betekenis oplewer.
Daar moet dus altyd rekening mee gehou word dat iets suiwer Goddelik in `n nie-goddelike omgewing iets van sy reinheid sal verloor, omdat Ek geen dwang op die wil van die mens uitoefen nie. Wat die afsonderlike mens uit die gegewe waarheid aflei, staan hom vry, want reeds gedurende My verblyf op aarde was My heilige woord verdraai wanneer dit vir die mense nuttig gelyk het.
Ek kan nou wel telkens weer die suiwer waarheid deur My Gees na die aarde toe stuur, maar Ek sal ook nou nie die mense onvry maak deurdat Ek aan hulle die waarheid sal opdring nie. Maar solank die mense hulself vrywillig aan My ter beskikking stel en hulself as opnamehouers van My Gees omvorm, solank is dit ook steeds weer moontlik om elke bestaande dwaling reg te stel, en om iedere onduidelike vraag op te helder en die mense `n suiwer "lig" te gee wat van My af uitgaan - die OERlig van die Ewigheid.
Maar die mense hou daarom nog steeds vas aan die misvormde leerstellings met `n taaiheid waaragter My teëstander staan wat altyd teen die Lig van die Waarheid sal stry. En so het hyself oor die mense `n byna ondeurdringbare nag uitgesprei, omdat leuen en dwaling gelyk staan met duisternis. Maar vir My ligdraers word dit buitengewoon moeilik gemaak om die geestelike duisternis te deurbreek, omdat die mense al so verblind is dat hulle die ware lig nie meer kan herken nie.
Daarom sal `n magtige "lig" verskyn wat van My en My Wederkoms in die wolke sal getuig. Dit sal getuig van die oordeel en die wegneming van Myne op die dag van die oordeel. `n Stralende helder lig sal verskyn en opnuut My suiwer Woord verkondig. `n “Roepende in die wêreldwoestyn” sal te voorskyn kom en die mense uit hulle doodslaap probeer wakker skud.
Hy sal diegene te hulp kom wat van My en My werk aan die mense getuig. Hy sal die waarheid van dit bevestig wat deur die werk van My Gees aan die mensdom oorgebring word. Hy sal `n geweldige taal spreek en niemand regverdig wat die duister pad bewandel nie. En hy sal die magtiges ook nie vrees nie, maar hulle masker van hulle gesigte aftrek, hy sal hulle onder skoot plaas en hulle ware gesindheid openbaar.
Hy sal stry met die "swaard van die mond", want hy sal aangeval word deur hoog en laag omdat niemand die suiwer Waarheid wil hoor wat in ooreenstemming met die leer is wat Ek eens op die aarde gepredik het nie. Hy is dus My afgesant deur wie se mond Ek Self sal spreek - wat slegs sy laaste missie op die aarde sal vervul, naamlik om My en My Koms nog eenmaal aan te kondig soos wat dit daar geskrywe staan. (Maleagi 4: Afr uitgewer)
Wanneer die "lig" gaan straal sal u weet dat My Koms voor die deur is en ook die oordeel daarna. Dan sal daar ook ongewone dinge deur hom gebeur, maar dit sal dan die mense vanweë hulle vryheid van wil nie meer skade berokken nie. Hy sal maar weinig geloof vind en slegs hulle wat ontwaak het, sal hom en sy missie herken. Vir die geestelike swakkes sal hy egter `n buitengewone sterk hulp beteken, want sy woord sal vol van krag wees.
Dan het die laaste fase van die aarde ook gekom, want die roepende sal die heftigste teëstander wees van hom wat die mense tot heerser sal uitroep, waarin My teëstander homself sal beliggaam om die laaste skandelike werk teen My te onderneem. Want nou sal die geloofstryd ontbrand en Myne sal in die "lig" wat Ek self na die aarde stuur, `n groot steun hê. Hulle sal baie krag ontvang om stand te hou in die tyd van die grootste nood, wat My Koms vooraf sal gaan. Ek sal u, My getroues, nie sonder hulp laat nie, en sodat u moet sterk bly, kondig Ek vir u die "lig", die roepende aan. Ek sal aan die bedrywighede van My vyand `n einde maak, om dan die Waarheid na die uiteindelike oorwinning te voer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205