Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“Maar Ek ken julle, julle het nie die liefde van God in julleself nie.” (Johannes 5:42)

27 Februarie 1844 se aand

37 “Maar Ek ken julle, julle het nie die liefde van God in julleself nie.” - Dié vers is by uitstek geskik as slot van dié aanhangsel.

2. Dit het Ek aan die jode gesê; want hulle laat hulle lei deur die dooie letter van die wet. Seremoniële handelinge en uiterlike skyn was vir hulle belangriker as die Lewende Self, Wie dit aan hulle gesê het.

3. Daarom was hulle ook met blindheid geslaan en sien in Hom, die altyd Lewende, niks meer as `n alledaagse, heel gewone mens nie. Hoogstens verwonder hulle hulleself oor `n opvallende wonderwerk of soms ook oor `n wyse woord as hulle juis daarby was, as dit gebeur of gespreek was. En as hulle nie daarby was nie, glo hulle nie dat Ek so-iets gedoen of gesê het nie, en probeer die saak op alle moontlike maniere verdag te maak. Waar hulle nie daarin kon slaag om dit as iets natuurlik voor te stel of dit volledig te ontken nie, moes Ek volgens hulle wel besete gewees het en deur die mag van die duiwel gewerk het.

4. Waarom herken hulle nie die Heer van die Lewe nie, terwyl dit tog die wil en die doel van die Heer was, dat hulle Hom moes herken het? Die redes daarvan lê beslote in die teks, waar gesê word: “Julle het nie die liefde in julleself nie.”

5. Waarom kan mens nie die Heer sonder liefde herken nie? Dit is om dieselfde redes, as waarom `n blinde nie kan sien wat daar om hom heen gebeur nie, en waarom die dowe nie die stem van sy vriend kan hoor nie.

6. Want die liefde is die lewe; en alleen die lewe kan sien en hoor, want die dood is nie daartoe in staat nie. Daarom kon die jode dus ook nie die Heer van die Lewe, Wie te midde van hulle gewoon het, herken nie, omdat hulle geen lewe uit liefde in hulle gehad het nie, wat `n vry lewe uit God is. Al die ander lewe is slegs `n lewe van geoordeel wees, wat in teenstelling tot die ware lewe uit liefde, die suiwerste dood is.

7. Want wie nie uit liefde leef nie, is niks meer as net `n masjien nie, wat maar net deur wêreldse dryfvere in beweging gesit word. Sy sien, hoor en voel is suiwer meganies en kan hom nooit bo die eindige bereik van die daaraan verbonde beperking verhef nie. Alleen die ware lewe uit liefde is selfstandig en vry. Daarom kan dit uit homself alle grense oorstyg en hom verhef tot Hom, Wie sy diepste bestaansgrond is.

8. Niemand kan in sy natuurlike bestaan iets sien, wat hy nie al vantevore in hom gehad het nie; hoe sou iemand dan My Wese kon sien en herken, as hy niks daarvan in sy hart dra nie?

9. Daarom sê Ek aan julle. Laat alles vaar, - behou slegs die liefde, dan sal jy herken wat die jode nie herken het nie, en dit alles sien waarvoor hulle oë geen lig gehad het nie.

10. Daar is nou ook baie mense op die wêreld wat geen liefde in hulle het nie. Daarom sien hulle ook die skadu, wat niks is nie, vir werklikheid aan; maar vir My, Wie altyd onder hulle vertoef, sien en herken hulle nie, omdat hulle geen liefde het nie.

11. So is daar onder julle ook sommiges wat soek waar niks te vinde is nie. Maar wat hulle lewend aan hulle oë voordoen en lig versprei, wil hulle nie sien en herken nie.

12. Hulle weeg nog altyd die diamante saam met die kieselstene op één weegskaal. Maar waarom die gewig van kieselstene naas die van diamante? Waarom verbaas na waardelose gemors uit verre lande staar en die goud in eie huis negeer?

13. Dit is nie genoeg dat mens die waarde van die goud ken nie - mens moet weet om die goud, in vergelyking tot die gemors, ook al kom dit van ver weg, volgens waarde te skat. Dit kan net diegene doen wat volmaakte liefde besit. Wie egter tussenbeide heen en weer sweef, kan dit nog nie en sal dit ook nog lank nie kan nie. Daarom sal dit met hom gaan soos die jode wat ook nie geweet het om die Heer van `n gewone mens te onderskei nie.

14. Daarom sê Ek en herinner Ek julle daaraan, dat Ek julle baie gegee het; maar slegs diegene wat die liefde in hulle het, sal dit as `n suiwer gawe van My herken.

15. Wie berekenend is in die liefde en tel wat hy doen en gee, met hom sal Ek dieselfde doen. Die rekenaar en diegene wat tel sal eers dan vry voor My staan, as hulle die rekene en tel uit hulle geban het. Die liefde moet dus vry wees en moet haar in haar innerlike werksaamheid nie vooraf deur die hoof laat adviseer nie.

16. Die wyse gewer sal Ek met wysheid beloon; maar die gewer uit vrye liefde, sal Myself as loon ontvang. Iemand wat nie uit vrye liefde handel nie, sal die aangesig van die Heer nie aanskou, alvorens hy nie uit vrye liefde werksaam geword het nie.

17. Dit sê Ek, die ewige Troue, die Waaragtige, die Eerste en die Laaste, as Vader in alle liefde aan julle, sodat julle dit alles goed sal onthou! Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205