Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“... bring hulle die eselin en die vul en hulle lê hulle klere daarop en Hy gaan daarop sit.” (Mattheüs 21:7)

13 Januarie 1844 se aand

15 Skryf, soos gewoonlik, jou teks maar op!

2. “... bring hulle die eselin en die vul en hulle plaas hulle klere daarop en Hy gaan daarop sit.”

3. Die teks is kort maar goed; dit kan ons juis baie goed gebruik, want dit toon `n lewendige, en oorduidelike beeld wat vir ons van belang is.

4. Hulle bring die eselin na Hom toe, plaas hulle klere daarop en daarna gaan die Heer op die eselin sit.

5. Die eselin was vasgebind toe die dissipels haar gevind het, en sy was nog die eiendom van `n mens van die wêreld. Wat wil dit sê? Dit beteken die gebonde eenvoud, deemoed en liefde wat nog deur die wêreld gebonde is, oftewel die gees in die mens, wat nog nie vrygemaak is nie, ofskoon hy weens sy deemoedige en liefdevolle aard volledig aan die Heer toegewyd is, en dus sy hele bestemming in en vir die Heer is. As die Heer so `n gees sien, stuur Hy dadelik Sy dienare, sodat hulle hom kan vrymaak en na die Heer lei, en die wêreld het dadelik elke skynbare reg en alle mag verloor oor diegene tot wie die Heer sê: “Ek het hom nodig!”

6. Waarom is dit egter `n eselin en geen esel nie? Omdat die vroulike hier nog duideliker die diepste deemoed en die vrugbare liefde verteenwoordig as die manlike.

7. Nou bevind die eselin haar by die Heer en die leerlinge bedek haar met hulle klere. Dit gee aan hoe die ware deemoed en die vrugbare liefde, sodra hulle by die Heer gekom het, met die ware wysheid beklee word. Want klere kenmerk die wysheid in haar nuttige uitwerking. Hoe eenvoudiger hulle is, des te hoër graad van wysheid uit die Heer dui hulle aan; want die liefde en die deemoed is sondermeer naak.

8. As hulle egter omhul word met baie voortreflike en pragtige kleding, beteken dit dat die wysheid groter en sterker is as die liefde. Daarom is byvoorbeeld die engelegeeste in die wysheids­hemel ook met die grootste prag beklee; maar die engelegeeste van die hoogste hemel, wat die suiwer liefde tot die Heer is, verskyn baie eenvoudig gekleed, ja soms heeltemal naak, verseker as hulle liefde tot die Heer die hoogs moontlike graad bereik het.

9. Dus ook hier beteken die eenvoudige klere van die leerlinge, waarmee die eselin bedek word, die suiwer goddelike wysheid en as sulke vrugbare liefde vanuit haar deemoed met sulke suiwer goddelike wysheid beklee word, dan eers is sy volkome geskik om die Heer te ontvang en te dra, en is dan geheel één met die Heer.

10. Sulke met wysheid beklede vrugbare liefde dra die Heer; die Heer lei hulle egter Self, sodat hulle onmoontlik een of ander misstap kan maak en die rit gaan dan reëlreg na die stad van God, wat die ewige ryk van God aandui, oftewel die ware ewige lewe. Dit is die beeld en sy betekenis.

11. Mens sal sê: “Dit is alles goed uitgelê, maar soos dit hier staan, sien ons nog nie presies in waarom dit vir ons van belang is nie!”

12. Ek sê egter: As die lig eenmaal daar is, kan jy dit sit waar jy wil, dit pas orals, asof dit al van ewigheid af aan vir die plek bestem was.

13. Probeer dit maar net met `n brandende kers! Sit hom op verskillende plekke in jou kamer neer en hy sal nêrens vreemd en uit sy plek lyk nie, maar orals heel goed staan.

14. So verander die verskillende sterre aan die hemel, altans skynbaar, voortdurend van plek. Kan jy egter sê dat Orion by die opkom of hoog in die suide of by die ondergang beter aan die uitspansel uitkom? Waar hy hom ookal bevind, hy blyk altyd op die regte plek te staan. Dieselfde geld vir die son; hy kom orals netso skitterend uit, waar haar lig ook skyn, orals verrig sy dieselfde diens.

15. So is dit ook met die helder aangewakkerde lig van ons teks. Jy kan dit neersit waar jy maar wil, dit sal orals netso goed pas, asof dit juis daarvoor bestem was. Of dit nou ook hier vir ons doel geskik is, sal ons dadelik uitprobeer; ons sal dit êrens neersit en dit sal daar sodanig tot sy reg kom asof dit spesiaal daarvoor gemaak was. Luister dus!

16. Vraag: Kon die Heer Hom nie netso goed `n perd of tenminste `n goed afgerigte esel laat bring, in plaas van `n eselin nie? Sekerlik! Elke dier sou die Heer in dié geval onteenseglik dieselfde diens moes bewys het. `n Leeu, `n tier, `n luiperd, `n kameel, `n olifant, `n perd, `n muilesel, almal sou in die eerste plek baie sterker gewees het, en sou die Heer van die ewigheid, die almag­tige Skepper van alle dinge op één wenk moes gehoorsaam; bowendien sou so `n rit dan tog duidelik indrukwekkender gewees het as die op `n swak eselin.

17. Dit sou “ad hominem” (menslikerwys) geneem, seker so gewees het, “ad Dominum” (vanuit die Heer gesien) lê die saak anders. - die Een wat alles georden het en die oorsaak van alle dinge is, handel nie soos `n mens by wie dit nie saak maak nie, maar by Hom dien alles in `n volkome onverstoorbare orde as voorbeeld, bedoel om tot in ewigheid tot lering te strek.

18. Hierdie kragtiger diere kenmerk veral kennis en wysheid, maar dit ontbreek hulle aan die seënryke en die deemoed van die liefde in haar diepe eenvoud.

19. Sou die Heer so `n dier uitgekies het, dan het Hy daarmee in feite aangetoon dat die mens hom in die eerste plek sou moet toelê op die verryking van die wetenskap en op alle moontlike kennis en wysheid wat daaruit voortvloei. Ja, Hy sou hom daarmee aangetoon het dat hy alle biblioteke van die wêreld, of tenminste soveel moontlik, sou moet bestudeer; maar die Heer het geweet wat Hy doen en Hy hou Hom hier aan die basis beginsel wat Hy al in die begin ingestel het toe Hy gespreek het: “Sodra jy (dit wil sê in `n nog ongeseënde toestand) van die boom van kennis sal eet, sal jy sterf!”

20. Maar juis omdat die Heer `n met skamele klere bedekte eselin berei het, toon Hy aanskoulik en daadwerklik aan alle mense dat hulle op geestelike gebied dieselfde moet doen en hulle slegs aan die seënryke ware liefde en haar deemoed moet hou; dan sal die Heer hulle van die wêreld vrymaak en sal Hy hulle met die klere van ware wysheid beklee. En Hyself sal hulle net so lei soos wat hulle Hom dra, naamlik met sulke liefde in hulle hart en op die rug van hulle deemoed.

21. Maar nie op perde, olifante, kamele, leeus, luiperds en tiers moet die mens ry nie, of duideliker gesê: Hy moet geen kennis, geleerdheid of wysheid najaag nie - want dit is almal vrugte van die boom van kennis - maar in ware liefde en deemoed moet die mens die Heer verwag! En as die tyd ryp is, sal die Heer kom en hulle vrymaak en dan die boom van kennis seën, oftewel: Die klere word op die eselin gelê en die mens sal dan in alle ewigheid van hierdie geseënde boom alle vrugte van die ware wysheid kan geniet.

22. Nou vra Ek of die lig van hierdie teks op ons saak van toepassing is of nie! - Ek dink dat dit voor die hand liggend is, maar nietemin die volgende keer weer `n sentraalson.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205