Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

 “Hy het tot Syne gekom, en Syne het hom nie aangeneem nie.” (Johannes 1:11)

“Pilatus antwoord: Wat ek geskryf het, dit het ek geskryf.” (Johannes 19:22)

8 Januarie 1844 se aand

10 Jy kan, netsoos die ander, weer `n teks kies; doen dit dus vrylik! -

2. “Hy het gekom tot Syne, en Syne het hom nie aangeneem nie.” “Pilatus antwoord: Wat ek geskryf het, dit het ek geskryf!”

3. Die tekste is baie goed gekies en kenmerk die saak al dadelik, soos julle gewoond is om te sê, noukeurig tot op `n haar.

4. Wie het tot Syne gekom, en was nie deur Syne aangeneem nie? Wie die “Hy” is, sal hopelik bekend wees; die Syne is die mense, soos hulle sou moet wees in die orde wat deur My geskep is, naamlik liefdevol ten opsigte van hulle broeders en vol waaragtige liefde vir God, hulle Skepper.

5. “Maar Syne het Hom nie aangeneem nie.” Die Syne is diegene wat Hy merendeels vanaf die begin opgevoed het, en tot wie hy steeds leraars en profete gestuur het en wat Hy wonderbaarlik gelei het.

6. Waarom het hulle Hom nie aangeneem nie? - Omdat Hy hulle die ware weg van die daadwerklike liefde, wat tot die ewige lewe lei, geleer het; Syne was egter vriende van traagheid, vriende van die goeie lewe en vriende van die mag en prag, en hulle was nie te verenig met die leer van deemoed en daadwerklike liefde nie.

7. Hulle sê: “Ons het Moses en die profete waaruit ons lees; wat het ons dan nog meer nodig? Wat het ons van Jou nodig, wat die Sabbat skend en Moses en die profete gering ag, deurdat Jy hulle gebooie nie onderhou nie? Is dit nie genoeg dat ons die skrif lees en bestudeer en ellelange verklarings daaroor skryf nie? Wat anders verwag Jy van ons wat voor God waardiger is?

8. Is God nie `n Gees, Wie se Wese mens nie in beeld kan en mag bring nie? Hoe sou mens Hom waardiger kon eer en prys, as deur Sy woord, wat Hy deur Moses en die profete gespreek het, dit voortdurend van begin tot einde lees en dit vir homself en ander uitlê, sodat God se wil duideliker begryp kan word?

9. Wat doen jy uit jouself? Ons het Abraham as vader en ons het Moses en die profete. Is Jy dan meer as hulle? Wat wil Jy ons leer, wat hulle ons nie al geleer het nie?

10. Wat is die menslike daad van liefde teenoor God? Dit is nie meer as `n ydel gedagte nie. Die mens kan niks doen nie, want in God alleen woon alle energie. Dus is Jy `n valse leraar en `n valse profeet en `n volksopruier!

11. Ons het die skrif van A tot Z in ons kop, is dit nie genoeg nie? Of sou ons die skrif dalk nie moet bestudeer nie, en daardeur die heilige gawe gering ag wat ons Heer God Sebaot deur Moses en die profete geskenk het?

12. Jy is iemand wat Hom teen die goddelike wil verset en Jou tog as leraar en profeet van God uitgee. Staan daar egter nie geskryf dat elke valse profeet en towenaar met die vuurdood bestraf moet word nie?

13. Hierdie gewone timmermanseun, wat nouliks kan lees en waarskynlik ewemin in staat is om Sy Naam te skryf, waag dit om ons, ou skrifgeleerdes, `n leer op te lê wat lynreg teenoor die leer van Moses staan!”

14. Sien, dit is baie antwoorde waardeur die Een wat na Syne gekom het, nie deur Syne opgeneem was nie.

15. Waarom? Omdat Syne Hom, soos ook geskryf staan, nie herken het nie.

16. Waarom het hulle Hom nie herken nie? Omdat hulle maar net suiwer lesers en van-buite-leerders was, maar God se woord nie in praktyk gebring het nie.

17. Op dieselfde manier kom Ek nou ook voortdurend tot Myne, maar Myne wil My nie opneem en erken dat Ek die Een is nie!

18. Waarom wil hulle dit dan nie? Omdat hulle ook, selfs in die gunstigste geval, liewer is vir die lees en hoor en ook die aangaap van My werke, as `n klein daad volgens My woord. Daarom word ook die gees in Myne, dit is die harte, egter nie lewend nie en ken hulle My nie, omdat Myne My nie daadwerklik lewend wil opneem nie.

19. Ek sê egter: Al hierdie skrifgeleerdes sal eendag sê: “Heer, Heer!, ons het tog in U Naam geprofeteer, gepredik en onderrig!”

20. Ek sal egter aan hulle sê: “Gaan weg van My, Ek het julle nooit geken nie! Gaan maar na diegene wat julle tot leraars en wyses aangestel het, sodat julle julle loon kan kry! Ek het na julle toe gekom en het aan die deur van Myne geklop, maar niemand het gesê: “Kom binne en maak ons gees lewend, sodat ons aktief en sterk kan word nie, soos bedoel in U woord!” Julle neem genoeë met die skatte in julle kop, maar My voorraadskure in julle hart, het julle leeg gelaat en julle het alles wat van My was vir julleself gebruik. Daarom mag julle nou “Heer, Heer!” roep, soveel julle wil, maar Ek sal julle nie herken nie, want Myne herken Ek aan My wat in hulle is. Maar julle het niks van Myne in julle nie, daarom kan Ek julle ook nie herken nie.

21. Pilatus het my ook op hierdie manier bely: Hy het eers die Lewende laat gesel en aan die kruis geslaan en bevestig daarna sy bekentenis bo hierdie smadelike gedode. Sy bekentenis staan geskryf bo die hoof van die Gekruisigde, tot getuienis vir almal wat die belydenis van God wel in hulle koppe, maar nie in hulle harte dra nie. Op hulle voorhoof staan wel geskryf: “Jesus Nazarenus, Rex Judaeorom”, en hulle hou ook vas aan die opskrif, wat soveel wil sê as: “Heer, Heer!”; maar in hulle hart is geen opskrif wat moes gesê het: “O Heer, wees my, arme sondaar genadig en barmhartig!” Die “Onse Vader” sit in die kop, maar nie “Liewe Vader” in die hart nie.

22. Pilatus het vasgehou aan sy opskrif en wou niks anders daarop gesit het nie, want hy het self gesê: “Wat geskryf is, is geskryf!” Waarom bewys hy die Lewende egter nie dieselfde eer as later die dode nie?

23. Om dieselfde redes as waarom alle geleerdes ook eerder die redenerings bly volg wat in hulle kop ontstaan het en die daaruit volgende dooie verering, as om maar op die kleinste daad van lewende ware liefde te wil ingaan. Want dit is twyfelaars wat glo, of veel eerder van mening is: “Steek daar iets waar in hierdie saak, dan wil ons haar nie deur ons uitsprake in die weg staan nie; blyk dit egter nie die geval te wees nie, dan het ons ook niks daarby verloor nie. Want as mens iemand eer bewys omdat “dit” nou eenmaal moet, dan wen mens daarmee en mens verloor niks as “dit” nie so is nie.” 

24. Daarom het Pilatus ook gedink: “As die gekruisigde `n hoër Wese is, dan het ek My eer aan Hom betuig, maar is Hy dit nie, dan sit ek ook goed, want in daardie geval is My opskrif `n amptelike smaadskrif, waaruit elkeen kan uitmaak waarom Hy gekruisig was.”

25. Dink julle dat die eerste redes vir My sal opgaan as die tweede baie bedenklik is? - Ek sê vir julle: Dit sal veral hierop neerkom, dat diegene wat vir My so as “Heer, Heer!” aanroep, sekerlik nie deur My gehoor, geken en aangeneem sal word nie. Want verstandelik glo sal niemand ook maar `n stap nader by die ewige lewe bring nie; want wie tot My wil kom, moet My eers deur lewende liefde in homself opneem, en sy eie liefde tot My sal hom sê dat Ek bestaan en tot hom sal kom en hom die ewige lewe sal gee.

26. Niemand kan egter daardie een liefhê wat nie bestaan nie; wel kan hy allerlei onbestaanbare hersenskimme in sy hoof kry en My dus ook self daarby plaas. Maar daar is Ek nie en daar sal niemand My ooit vind nie, en so sal niemand ook ooit tot die lewende oortuiging van My en van die ewige lewe kom nie; want daar sou Ek dood onder die opskrif van Pilatus hang!

27. Slegs wie volgens My woorde sal handel, sal aan My graf, waar hy die dode gesoek het, met die vlam van sy hart die Opgestane en die ewig Lewende vind!

28. Ek glo dat ook dit weer duidelik sal wees; daarom die volgende keer ook weer `n sentraalson.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205