Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“Indien mens dan tot u sê: Kyk, Hy is in die woestyn, gaan nie daarheen nie; kyk Hy is in die binnekamer, glo dit nie!” (Matthéüs 24:26)

“Waar die aas is, daar sal die aasvoëls hulle versamel.” (Matthéüs 24:28)

12 Januarie 1844 se aand

14 Skryf maar op wat jy het!

2. “Indien `n mens dan vir u sou sê: Kyk, Hy is in die woestyn, gaan nie daarheen nie; kyk, Hy is in die binnekamer, glo dit nie!” - “Waar die aas is, daar sal die aasvoëls hulle versamel.”

3. Jy het juis weer die tekste gekies, wat dit, wat ons vir ons saak nodig het, oop en bloot weergee. Dit sou werklik wonderlik gewees het, as jy dit selfs met jou gesonde verstand al met die eerste oogopslag duidelik sou gesien het.

4. Wat is `n woestyn? `n Woestyn is `n gebied waar geen lewe is nie. Maar wat is `n geestelike woestyn? Tog niks anders as `n veld of gebied waar Ek nie wandel, en daarom ook nooit te vinde is nie.

5. Waar is dié veld of gebied waar mens so gereeld heengaan om daar die waarheid en die sin van die lewe te vind? - Dié gebied en dié veld is niks anders as die hele versamelde literatuur nie! Daarom kon hierdie teks ook so gelui het:

6. “As mense aan jou sou sê: Kyk, die ware wysheid en die lewende waarheid is in boeke te vind; lees hulle en jy sal dit vind!”, dan sê Ek daarop: “Gaan nie die woestyn in nie; want daar is nóg wysheid, nóg die innerlike, lewende waarheid te vinde!” Maar Ek sê: “Gaan in liefde na My en jou naastes; soek My ryk in die daad, dan sal al die ander in oorvloed vir jou daarby gegee word.”

7. Ek dink dat hierdie teks geen verdere verklaring meer nodig het nie, omdat sy betekenis so voor die hand liggend is. Net so maklik as die eerste teks is ook die tweede, en niemand moet dan ook glo dat Ek in die binnekamers is as mens dit van My sê nie.

8. Wat moet ons onder “binnekamer” verstaan? Binnekamers is op materiële gebied heimlike vertrekke, waaruit iets nie maklik openbaar word nie. Gewoonlik is dit die werksplekke van min of meer politieke gekonkel. So het ook elke mens `n paar hartkamers en hy weet nie wat daarin gebeur nie. Nou ken ons wel so ongeveer die materiële betekenis van binnekamer. Selfs `n sogenaamde rommelkamer bevat gewoonlik voorwerpe wat nie openlik sigbaar is nie; en die besitter van so `n rommelkamer weet self maar nouliks watter waardelose rommel daar lê om te vergaan en te verskimmel.

9. Wat is na so `n materiële voorbeeld, dan `n geestelike binnekamer? Ek hoef dit nie vir julle uit te lê nie, maar Ek sal jou `n paar van die kamers laat sien en dan sal jy dadelik weet waarmee jy te make het. Hierdie geestelike binnekamers is: Allerlei konfessies, sektes, kloostergemeenskappe, konklawes, allerlei mistici, konsilies en konsistories. Daar het ons genoeg, want julle kan self nog `n hele spul dergelike verenigings, kongregasies en broederskappe daarby bedink. Hulle hoort ook almal daarby.

10. Daarom kon die teks ook so lui: “As mense vir jou sou sê: “Die Godsryk, of die lewende waarheid, of die suiwer leer van Christus vind jy nie in hierdie of geen konfessie of sekte nie”, ensovoort, oftewel: “Dit is die alleen saligmakende binnekamer!' glo dit dan nie; want die Heer is slegs by hulle wat Hom in hulle hart en werke liefhet!”

11. Waar twee of drie in My Naam of in My liefde (dit spreek vanself) daadwerklik saam is, daar is Ek in hulle midde; maar sekerlik nie daar, waar mens hulle, in plaas van oor My woord en My liefde, alleen maar beraad oor wêreldse, militêre en finansiële sake - en waar hulle, wat hulleself My priesters noem, ook verde­digingswerke, meganisasie en spoorweë beplan.

12. Ook hier is, na wat Ek dink, die teks weer so duidelik dat elkeen maklik kan aanvoel hoe hy presies vir ons saak geskik is, waarby dit eweneens nie voldoende is dat mens alleen maar in die geheim daarvan binnegaan soos in `n binnekamer nie, maar dat mens daarvolgens moet handel.

13. Dit alles is korrek, maar ons het nog `n derde teks. Hoe sal ons dit hierby betrek, sodat dit ook op ons saak van toepassing sal wees. Dit sal nog makliker gaan as met die twee voriges!

14. “Waar die aas is, daar sal die aasvoëls hulle versamel.”

15. Wie is op hierdie wêreld dan wel die “aas” waarvoor mens die neus toeknyp en waarvan mens walg as mens oor die aas spreek? Helaas het Ekself die eer om die aas te wees!

16. Maar wie is dan die weliswaar die ietwat seldsaam geworde aasvoëls? Dit is die weiniges wat die Een wat jou dit hier verkondig, van ganser harte liefhet. Hierdie weiniges, wat liefhet, besit `n skerp gesigsvermoë en `n skerp neus; oftewel het hulle `n diep lewende gevoel en daarom ook `n onfeilbare vermoë om te oordeel, wat alles bymekaar geneem, die lewende geloof vorm. 

17. Waarom versamel die aasvoëls waar aas is? Omdat hulle instink vir hulle sê: “Daar is lewende kos vir ons te vind!” Daarom vlieg hulle dan ook daarheen en versadig hulle oorvloedig. 

18. So weet My waaragtige volgelinge en hulle wat My liefhet ook dat Ek die ware brood van die ewige lewe is en dat dié brood My liefde is; hulle geniet dit in volle teue en hulle voed hulle daarmee vir `n lewe wat nooit meer van hulle afgeneem sal word nie.

19. So weet die hongerige dat hy van die ware brood moet eet, as hy versadig wil word. Maar sal hy ook versadig word, as `n mens hom, in plaas van die brood, `n kookboek te lese sou gee?

20. Of hoe sou `n aasvoël voel, as jy hom sou vang en dan in `n rommelkamer sou opsluit? Sou hy hom dalk versadig aan beskimmelde en vergane voorwerpe? Sekerlik nie; hy sal daarin verswak en sterf.

21. Gaan daarom ook nie in die kamers, waar aas van die dood, aas van Bileam, aas van heidendom en afgodery tot stof vergaan nie, maar vlieg met die aasvoëls op na die hoogte en jy sal sien waar die aas is wat lewe bring!

22. Die hoogte is die suiwer erken van My woord, en die aas is die lewende woord, waarvan die wêreld afkerig geword het en wat hulle vermy soos die pes, so gou as wat hulle wind daarvan kry. As jy dit wil ervaar, begin dan maar net met `n wêreldse ingestelde mens ten eerste oor die Bybel te praat en ten tweede oor die moontlikheid van `n innerlike, lewende woord uit My, dan sal hy in die gunstigste geval vind dat jy ryp is vir die malhuis; of in `n ietwat slegter geval sal hy jou dadelik as `n staatsgevaarlike dwaas aan die kaak stel en dan word dit hoog tyd om te maak dat jy weg kom.

23. Hieruit blyk tog wel duidelik wie nou die “aas” is, wie die “aasvoëls” is, wat die “binnekamers” is en wat die “woestyn” is!

24. Gaan daarom nóg die woestyn, nóg die binnekamers in, maar soek in die vryheid van jou gees die aas, dan sal jy die ware lewe vind!

25. Ek glo dat dit ook weer duidelik sal wees; maar die volgende keer tog opnuut weer `n sentraalson.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205