Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“Maar indien Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God oor u gekom.” (Lukas 11:20)

18 Januarie 1844 se aand

18 “Maar indien Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God oor u gekom.”

2. Hierdie teks gaan juis oor dit wat Ek altyd aan julle gesê het. Wat is die “vinger van God,” wat die “duiwel” en sy uitdrywing, en wat “die koninkryk van God,” wat tot u kom? Wat beteken die vinger eintlik?

3. Die vinger wys op dade in die kleine, soos die hand op dade in die grote wys. Die “duiwel” is die wêreld, wat voor die klein dade van liefde deur mense moet wyk. Die ryk van God, wat tot julle kom, is die genadelig van die liefde en die daarmee verbonde gawe van ewige lewe.

4. Hier beteken die vinger van God dus My liefdevolle sorg spesiaal vir die mense, en die gawe wat Ek julle skenk is afkomstig van My vinger. Want as Ek sou sê: “Ek dryf by julle die duiwels uit met My hand!”, sou dit soveel beteken as: “Ek stuur `n algemene oordeel oor julle, soos dit in die tyd van Noag gebeur het!” Ek dryf egter slegs met My vinger die wêreld uit julle en daardeur kry julle ook geen oordeel nie, maar slegs genadelig.

5. “Ek dryf met My vinger die wêreld uit julle” beteken soveel as: Ek soek diegene op wat `n beter gees het, maar tog nog in benarde wêreldse omstandighede lewe. Hulle raak Ek met My vinger aan, sodat My innerlike genadelig hulle ten deel val.

6. In dié genadelig toon Ek wat julle moet doen en hoe weinig en maklik dit is, om die ewige lewe te verkry en die ryk van God te ontvang soos dit in dié genadelig lewend tot julle kom; en dit wil ook sê dat Ek van julle slegs `n klein daad, dus geen daad met die hand nie, maar slegs met één vinger verlang, wat maar net hieruit bestaan, dat julle My meer sal liefhê as die wêreld en aan jou broeders en susters goed sal doen, na gelang van jou vermoë.

7. Sou Ek `n groot daad verlang, dan sou julle moet doen wat die apostels vroeër moes gedoen het, naamlik alles in die wêreld verlaat en uiteindelik self die kruisdood ondergaan.

8. Dus, slegs met die vinger dryf Ek die wêreld by julle uit en dit vind julle al baie! Wat sou julle dan sê, as Ek My hand sou ophef? Hoeveel skeld Ek julle nie kwyt nie, en tog vind julle dit wat Ek van julle verlang nog baie!

9. Ek sê vir julle: Doen tog geen moeite vir die wêreld nie; want sy is dit nie werd nie! Waarom stop julle so moeisaam allerlei geleerde ballas* in julle koppe, as Ek julle die goud van die lewe in oorvloed aanbied en wil gee, as julle die wêreld laat vir wat sy is en My in die hart sluit? *(Waardelose vraggoed om ’n skip die nodige gewig te gee. Oorbodige vraggoed.)

10. Wat sou julle sê van `n mens, in wie se tuin `n vrugteboom staan? Die vrug van die boom was ryp en as hy sy hand netso uitgesteek en die vrug met sy vinger aangeraak het, het dit in sy hand geval.

11. Wat doen egter die dwase mens om die vrug makliker te bereik en daardeur as`t ware te laat sien welke groot waarde hy aan hierdie vrug heg? Hy laat `n fondament onder die vrug plaas en daarop `n trapvormige altaar messel om die ryp vrug dan heel maklik te kan bereik. Na enkele weke was die altaar klaar, maar ondertussen het die vrug aan die boom verrot en so kry hy na voltooiing van sy groot dwase inspanning, in plaas van `n vars, `n verrotte en dus dooie vrug van die boom.

12. Sulke dwase mense lyk soos diegene wat in die groot geleerdheid die ryk van die waarheid soek, terwyl dit heel maklik en lewend te bereik sou wees as hulle maar enigsins hulle hart na My sou opgehef het. Sulke geleerdes lê fondament op fondament en bou hierop dan met baie moeite kosbare trapvormige altare. En as hulle daarmee klaar is, het hulle met al hulle moeite en arbeid niks meer bereik as `n dooie en verrotte vrug, wat nóg vir die wêreld en nóg baie minder vir die gees enige waarde het nie. Vir die wêreld nie omdat die sê: “Waarom soveel onkoste en soveel moeite en so `n geringe opbrengs?”, en vir die gees nog minder, omdat die vanuit sy lewensfeer sê: “Ek kan geen verrotte en dooie dinge gebruik nie!”

13. Die voorheen genoemde ryp vrug is egter juis die goed geordende gees in die mens. Waartoe al die moeite om die ryp gees vry te maak, as elkeen dit met `n bietjie moeite, met die moeite van één vinger kan bereik. Waarom hele biblioteke in jou kop stop, waar alleen die “Het God lief bo alles en jou naastes soos jouself” ruimskoots voldoende is?

14. Ek het geen gewapende leërs nodig om die duiwels uit te dryf nie, maar slegs één vinger en dit is My uiters ernstige, liefdevolle wil; doen dit ook: Volhard in die wil liefhê en volg die goeie raad op wat Ek julle gee, en julle sal sonder die minste moeite afstand kan doen van die wêreld en My ryk sal sekerlik lewend tot julle kom! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205