Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

WAT WORD ONDER DOOP VERSTAAN?
B.D. 6611 - 1 Augustus 1956
U kan die groot barmhartigheid om die woord te ontvang, nie besef nie, - tog word elke vraag van u deur My beantwoord - en elke twyfel in u word verdryf, wanneer u uself maar tot My wend om duidelikheid. Weliswaar beantwoord Ek sulke vrae ook deur gedagtes, maar u is nie altyd seker daarvan of die gedagtes aan u, deur My gegee is nie - en dan word u vertwyfeling ook nie verdryf nie, terwyl die woord wat aan u van Bo af gestuur word, u gelukkig maak, sodra u `n beroep op die barmhartigheid van die ontvangs van My woord maak.
Daar is soveel vrae wat u besighou en `n gelowige bede tot My sou voldoende wees om u uitsluitsel te gee. Maar u rig baie selde so `n bede tot My - u is dus ook nog nie bewus van die groot barmhartigheid wat u mag gebruik nie.
Elke mensesiel het `n “deeglike reiniging van `n bad” nodig, wat haar van alle afvalstowwe bevry, wat haar verfris en weer tot lewe bring en wat haar bekwaam maak vir die arbeid wat sy op aarde moet verrig. En elke mensesiel moet bereid wees om hierdie reiniging deur haarself uit te voer, of oor haar heen te laat gaan - in die besef dat sy voorheen eers nie so was soos wat Ek haar wou gehad het nie, soos sy moes gewees het om My te kan nader en ewig by My te wees.
So `n reinigingsbad moet egter nie suiwer uiterlik opgevat word nie. Dit is `n daad wat hom innerlik moet afspeel, wat hoogstens daaraan uiterlik te herken is dat daar in die wese van `n mens `n verandering hom voltrek; wat hom egter ook die sekerheid gee dat hy hom uit `n moeras omhoog gewerk het, om deur `n verfrissende bad te gegaan het en nou volkome gereinig daaruit te kom.
Water wat egter helder is en `n verfrissende uitwerking het, kan geen lewelose water wees nie. Dit moet `n vloeiende, lewende stroom wees, water wat die krag het om te reinig en weer tot lewe te bring.
Die lewende water het u dus nodig. Weet u egter wat onder “lewende water” verstaan moet word?
Weer nooi Ek u steeds uit om na die “Bron” te gaan waaruit die lewende water stroom. Weer wil Ek dat u steeds die “see van My liefde” ingaan, dat u daarin onderduik en dat u uself deur My Self laat doop met My woord. Alleen dit het die krag om `n verandering in u te bewerkstellig. Dit reinig u siel en laat haar opnuut lewe. Die woord gee u eers die ware lewe.
Toe Ek dus vir My dissipels gesê het: “Doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees” is daaronder niks anders te verstaan nie, as dat hulle My woord in My Naam aan die mense moes bring nie - die lewende water wat in My sy oorsprong het, dat hulle dus na die Bron moes gaan. Die Liefde Self - die Vader - bied dit aan u. Hy bied u dit, waardeur die diepste Wysheid - die Seun, te bereik is, wanneer u die woord in u ontplooi en daardeur die gees in u tot lewe wek, wat u die helderste insig skenk. U siel het dus My woord nodig; want dit het net so `n uitwerking soos die van helder, natuurlike water op die liggaam, sodat sy versterk uit die bad kan stap, geskik vir elke taak wat dan van haar verlang word.
En so moes My volgelinge die water - My woord, aan alle mense bring. - In liefde moes hulle iets kosbaars aangebied word, omdat dit weer liefde in hulle ontsteek en so die gees in hulle tot lewe wek. Lewende water het egter sy oorsprong in My. Ek self is die Bron waaruit die lewende water stroom. En daarom moet elke mens afdaal in die “bron van My Liefde”, om goddelike Wysheid te ontvang en om dit ook te kan deursien deur die Gees.
Dit is “die doop” wat elke mens moet ontvang om lid van die kerk van Christus te wees - die kerk wat Ek self op aarde gestig het. En daartoe is eerstens u vrye wil noodsaaklik, wat vry moet beslis om in die waterstroom van My liefde af te daal, My lewende woord aan te neem en daardeur die siel aan `n reiniging te onderwerp wat My teenwoordigheid dan moontlik maak.
My woorde is altyd net geestelik te begryp, want nooit sal `n uiterlike handeling die wesenlike innerlike omvorming, die loutering van die siel, tot stand bring nie. En daarom moet u mense steeds probeer om die geestelike betekenis van My woorde te deurgrond, wat vir u egter heeltemal duidelik sal word, wanneer u My Self om duidelikheid vra. En wanneer u verlange daarna eg bedoel is, sal u nie anders kan as om dan korrek te dink nie.
Dan neem u ook egter My woord sonder weerstand aan, as dit deur My volgelinge aan u gebring word - en dan dompel u uself in “My goddelike liefdestroom” - dan ontvang u die ware doop. My liefde vervul u dan met My Gees en voer u binne in die waarheid. Liefde, Wysheid en Krag is nou ook deel van u siel, wat haar laat doop met die “water van die lewe en van die liefde”.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205