Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

KERKGEBOUE
B.D. 64O2 - 15 November 1955
Dit strook nie met My wil as daar vir My geboue opgerig word vol prag en praal nie, in `n tyd, waarin dit so besonders nodig is dat die oë van die mense na binne gerig moet wees. Dat hulle nie na dinge gelei moet word wat nog tot die wêreld behoort en wat nie geskik is vir My Ryk nie - om mag en heerlikheid te verwerf. Alles wat u oog boei, alles wat die sinne van die mens tref, hinder hom in sy selfbeskouing, by die stille innerlike besinning, wat vir u, mense, so dringend nodig is, omdat u kort voor die einde staan.
Ek moet steeds weer My woorde tot u in herinnering bring: “My Ryk is nie van hierdie wêreld nie”. Waarom glo u dan daarin dat u My moet eer deur pronkgeboue?
Waarom rig u alles op die uiterlike, waarom maak u nie yweriger `n begin met die werk aan u siel nie? U mense begryp dit nog steeds nie, dat Ek nie daar te vinde is waar u My weg wil plaas nie.
U het al die moontlikhede om My in u teenwoordig te laat wees. U almal het self in u die plek waar Ek wil wees. Ek is so naby elkeen van u, as hy My by hom wil wens, en iedereen het die mag om My tot hom te trek as hy maar My enigste voorwaarde vervul, dat hy die liefde met sy hart gestalte gee. Want; wie in die liefde bly, die bly in My en Ek in hom! Slegs die liefde verseker u van My teenwoordigheid. Nooit kan Ek egter daar wees waar u My soek nie - as u hart nie ontvlam het van liefde nie.
En daarom is dit dwaasheid om vir My huise te wil bou wat vir niks anders dien as om van tyd tot tyd mense byeen te bring nie, wat met verkeerde denkbeelde lewe. Want hulle wat met My wil spreek, kan dit te alle tye in die hart en op elke ander plek doen. Hulle het waarlik geen ruimte daarvoor nodig om saam te kom nie, van die soort waar die oog gestreel word, wat alle diepere konsentrasie uitsluit.
Oral waar My woord aan die mense gebring word, waar u preke kan hoor waarna u hart verlang, daar vertoef Ek en spreek Ek self deur die verkondiger van My woord aan die mense wat My wil aanhoor. Want om My woord te hoor is vir u mense die enigste en vernaamste, u wat so naby voor die einde staan en tog nog eindeloos ver van My verwyder is. Slegs dit wat gerig is om die siel uit haar slaap te wek, kry My toestemming en My seën.
Maar hoe kan u siel tot lewe gewek word deur uiterlike manifestasies, deur wêreldlike prag en praal, deur voortdurende streling van die oog en die oor, deur alles wat die uiterlike sintuie van die mense aanraak, maar nie die lewe aan die siel kan gee nie? Dit kan maar net deur die liefde ontwaak en genees word en daarom moet die liefde altyd vooropgestel word. Die liefde moet gepredik en beoefen word, waartoe u ook steeds geleentheid gebied word. Want `n siel wat liefde ontvang, vind eerder die weg tot My, omdat liefde weer wederliefde opwek.
Daarom, doen goed aan u naaste en verminder sy nood. Probeer om hom op enige wyse te help - geestelik en liggaamlik moet u sorg dra vir u medemens en dit vir hom gee wat hom ontbreek. Maar u moet geen dooie dinge oprig, waarvan die vervaardiging dus ook nie strook met My Wil nie, omdat die stoflike nood op aarde so groot is, dat dit waarlik vir My welgevalliger sou wees as hierdie nood verminder sou word. Glo u wel om My te bereik met u pronkgeboue? Alle skatte van die wêreld is tog uiteindelik My eiendom, wat egter dringend verlossing nodig het uit die kettings van My teenstander. U kluister egter die materie vaster. U wil daarmee geboue oprig vir die Ewigheid en u glo om My daarmee eer te bewys. En as My liefde ook geen erbarming het met die onverloste geestelike nie, dan sou hulle kwellinge deur die wil van die mense slegs nog met onmeetlike tye verleng word – deur die wil van dié mense, wat die betekenis van die lewe nog nie begryp nie, wat hulle egter aanmatig om geestelike leiers van mense te wees.
U staan kort voor die einde, en daarom weerklink My woorde uitermatig vermanend en waarskuwend. Want u wat sulke pronkgeboue aanbeveel en daarin vergader, u dra daartoe by dat ontelbare siele verder hulle doodslaap hou, waaruit slegs My lewende woord, wat die liefde leer, hulle kan opwek. Die liefde moet gepredik en beoefen word - dit is die vernaamste. En u almal weet waar die werk in liefde nodig is, want u sien oral om u heen ellende en nood, wat eers gehelp moet word, voordat Ek u aktiwiteite kan seën.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205