Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

VIR DIE NA GOD SOEKENDE MENS, IS DWAALLERINGE `N VERSPERRING
B.D.2372 - 17 Junie 1942
Die geestelik soekende mens is in `n sekere sin nie vry, as hy hom nie in sy gedagtes kan losmaak van dwaalleringe, wat van menslike kant aan hom verkondig word nie, en wat nie ooreenstem met die suiwer waarheid nie. Sulke leringe hinder hom om tot ware insig te kom, en so stel hy daardeur vir homself `n grens aan sy kennis. Want voordat hy hom nie vrygemaak het nie, kan die suiwer waarheid nie vir hom aangebied word nie - of, as dit vir hom aangebied word, herken hy haar nie as sodanig nie.
Weliswaar kom God die soekende mens tegemoet, maar Hy wil sonder bedenking aangeneem word. Verkeerde menings is egter versperrings wat deur die mens opgestel is, wat in `n sekere sin nog `n skeidsmuur tussen God en die mens beteken. Elke verkeerde leerstelling wat die mens nie wil opoffer nie, is so `n versperring wat die mens nog van God skei. God sal nou wel die mens aanspoor om die hindernisse uit die weg te ruim, dit wil sê daar word van die kant van die mens gewerk aan sy oortuiging deurdat daar afkeurende kritiek teen hierdie dwaalleringe ingebring word wat die mens moet beïnvloed om hierdie leringe te verwerp.
Doen hy dit, dan sal hy ook spoedig die ware insig hê. Want nou word hy deur God Self onderrig, wat aan hom die korrekte opvattings laat toekom, wat hy nou ook bereidwillig aanneem. Solank hy egter in sy verkeerde sienswyses volhard, sal dit nie in hom lig word nie. Hy sien dan nêrens `n samehang nie, omdat sy kennis maar gebroke is, en nie voldoende om die medemens te onderrig nie. Want net hy kan gee wat dit ook besit – maar hy kan dit nie doen as hy egter self gebrek het nie.
Hoe gewilliger die mens dus is om die korrekte weg bewandel, dit wil sê, om die goddelike wil vervul, hoe sekerder sal God hom tot insig bring. Maar meestal duur dit `n langer tyd voordat sulke hindernisse, wat die insig onmoontlik maak, uit die weg geruim word. Daarom moet met alle geduld gepoog word om aan die mense hulle verkeerde menings te weerlê. En die liefde tot die medemens bring dit ook tot stand, sodra `n mens self in die waarheid wandel, en die waarheid dus ook verder kan gee.
Die mens wat die waarheid besit, sal steeds oorwinnaar wees, want die waarheid is uit God - en God kan nooit die mindere wees nie. Wie dus God soek, sal Hom onherroeplik vind, want Hy sal Hom bekend maak aan iedereen wat ernstig trag om Hom te vind.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205