Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE VERERING VAN DIE MOEDER VAN GOD
B.D.4752 - 2 Oktober 1949
Alle geestelike vrae sal aan u beantwoord word, omdat hulle daartoe bydra om duidelikheid te verskaf, daar waar waarheid van dwaling onderskei moet word. Maar steeds word vereis dat u die suiwer waarheid belangrik vind. Want sodra die verlange om versterk te word in u bestaande opvattings wat u nog oorheers, is u nog nie ontvanklik vir die suiwer waarheid nie. U moet daarom vra om die korrekte antwoord te wil ontvang.
Die moeder van My aardse liggaam was van die ewigheid daarvoor uitverkies om moeder van die Verlosser van die mensdom te wees. Dit was `n ligsiel wat ten behoewe van hierdie hoë taak, haar beliggaam het op aarde, wat dus rein en volmaak genoem kon word in vergelyking met haar aardse susters. Tog moes sy `n swaar lewensweg aflê om tot die hoogste saligheid in die geestelike Ryk te kom, om `n ware kind van God te word, om die hoogste doel te bereik; die volledige vereniging met My.
Met die vervulling van haar taak het sy dit ook verwerf, dat sy gesien moet word as die heiligste wese in die geestelike Ryk, want sy het, deur die lydingsweg wat sy op aarde moes aflê, tot My ewebeeld geword. Sy was deur die liefde tot My in `n toestand van lyding gebring, wat ook haar liggaam vergeestelik het. En so het sy tot `n verligtende voorbeeld geword van `n moeder wat vir haar kind die grootste leed gedra het.
En tog is die goddelike verering wat aan haar van die kant van die mense bewys word, nie volgens My Wil nie. Want ofskoon sy die moeder was van My aardse liggaam, is sy immers in die geestelike Ryk ook net `n ligwese, wat vol liefde en wysheid u mense sou wil help om die lig en die saligheid te bereik.
Geluksaligheid in die geestelike Ryk kan egter slegs daar bestaan in die vereniging met My. Die vereniging met My vind `n siel egter net deur `n strewe en `n innige kontak met My. Dus moet Ek as die Enige, wat begerenswaardig is, die gedagtes van hom vervul wat salig wil word. Hy moet die kontak met My uit vrye wil soek, onbeïnvloed deur geestelike kragte. Want as dit vir hierdie kragte geoorloof was, sou elke mens hulle invloed kon bespeur, omdat hulle liefde oorvloedig is tot die mense wat hulle sou wil help.
Maar die siel het uit vrye wil van My afgedwaal, en daarom moet sy ook weer in vrye wil na My toe terugkeer. Elke beïnvloeding van die kant van die ligwesens sou `n beperking wees van die vrye wil. Die daad van die vrye wil bestaan daarin, dat die wil hom uit eie beweging na My wend, wat hom uiter in `n bewustelike verbinding met My. Hierdie pogings sal die ligwesens op elke wyse ondersteun.
Elke verering van `n ligwese is egter `n verkeerd gerigte wil. Alle ligwesens is deur hulle liefde met My verbonde, en hulle loof en prys My voortdurend. Maar van die mense wil hulle nooit enige eerbetoon vir hulleself aanneem nie, omdat hulle besef dat Ek die Een is, wat alleen waardig is om aanbid te word. En in hulle ootmoedige liefde tot My, sal hulle elke eerbetoon vir hulleself verwerp, omdat hulle goed kan sien dat dit My alleen toekom.
Wie dus van die korrekte verhouding van die ligwesens tot My bewus is, wie se liefde tot My tot die helderste gloed ontvlam het, sal ook begryp hoe verkeerd die gedagtes van die mense is wat so `n verering aan die moeder van My liggaam betuig soos dit nou die geval is. Hulle sal dit nou ook begryp dat dit nie My Wil kan wees nie, want in `n sekere sin skep hulle vir hulle `n “tweede God”, `n wese aan wie hulle aanbidding en eer betoon, maar wat dit self nie wil aanneem nie. Want die mens moet altyd slegs daarna strewe om die verbinding met My tot stand te bring, om die doel reeds op aarde te kan bereik.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205