Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

WELKE KENNIS IS BEPERK?
B.D.8769 - 3 Maart 1964
U, wat wil opkom vir My en My woord, u moet ook self korrek onderrig wees. U moet alles weet wat nodig is om onderrigtend werksaam te wees, om elke vraag te kan beantwoord en om elke teenwerping die hoof te kan bied. En hierdie kennis is nie beperk nie - selfs as u nie dit tot in alle detail kan aanbied nie, omdat u nog nie in staat is om die diepste wyshede te begryp nie.
Maar u word vertroud gemaak met alle samehang. U word steeds weer duidelikheid gegee oor dit waarvan u nie heeltemal op hoogte is nie. Maar dit alles met die beperking wat Ek u gee wat u werklik nodig het; wat Ek egter ook weet watter kennis vir u bestaan op aarde geen doel of betekenis het nie, en dit daarom van u weerhou. Die mense van hierdie wêreld gebruik graag algemene segswyses wanneer u aan iets ontbreek, in plaas van om, wat dit aanbetref, uself in te span en dit wat by u ontbreek, van My af te smeek. Daarom gebruik u dikwels die gesegde: “Ons kennis is beperk”, wat wel waar is, wanneer u die mensdom in die algemeen beskou en ook die mense wat weliswaar met `n skerp verstand begaafd is – maar wat net probeer om aardse probleme op te los. Want dit sal hulle nog aan baie kennis ontbreek, solank hulle nie deur die gees in hulleself onderrig word nie. Gaan dit egter oor die toestuur van geestelik kennis en dan dus oor diegene wat van My die opdrag het om die waarheid te versprei, dan is dit ook seker dat hulle op hulle missie voorberei sal word deur My - dus opgelei word. En dan sal Ek hulle ook laat toekom wat hulle vir hulle amp nodig het.
En dan is u beswaar waarlik nie korrek nie, want hulle sal u op alle vrae `n antwoord kan gee, tensy, hulle die dwaling teenoor u verdedig met die bewering om eweneens deur My onderrig te wees. Maar dan sal Ek sekerlik tussenbeide kom en die korrekte toeligting aan My dienare laat toekom. Want daar is niks waaroor u mense nie duidelikheid oor kan vra nie, want Ek wil dat u mense in die waarheid wandel - en daarom sal Ek `n volledige geestelike insig stuur aan hulle wat vir My werksaam is en die waarheid moet versprei.
Die teenwerpinge dat, alles wat Ek u voorlê nie in die Bybel staan nie, is maar net in soverre korrek, dat dit ook gladnie alles kan bevat nie, omdat die boek wel vir alle mense toeganklik moes gewees het, maar nie elkeen is vir diepere waarhede ontvanklik nie, of in staat om dit aan te neem nie. Maar die lewenswandel van elkeen persoonlik bepaal ook die graad van sy insig in die Heilige Skrif en daarom sal dit steeds so gesteld wees dat die bereidwillige ryper mens, ook uit die Skrif kan lees wat die ander nie daar kan uithaal nie - omdat sy gees nog nie ontwaak het nie.
En omdat die “boek van die vadere” vir die mens nie meer dit is wat dit moet wees nie, naamlik My woord, daarom laat Ek My self steeds weer opnuut hoor en wel aan hulle wat My invloed op hulle toelaat. Ek gee hulle dus duidelikheid oor dinge wat nie in die boek geskryf is nie, wat elkeen egter te wete sou kan kom, as hy, volgens die Skrif, My wil volkome sou aanvaar en `n lewe in liefde sou lei.
Daarom bly u kennis ook solank gebroke, solank u die laasgenoemde nie weet nie, en dus maar net My woord lees, maar nie daarvolgens leef nie. En solank sal u ook met `n gedeeltelike kennis genoeë moet neem, wat uself egter altyd kan vermeerder, as u dit ernstig nastreef. Want van My uit moet u in die lig wandel en die duisternis ontvlug. Lig is egter kennis na waarheid. En wat Ek gee, gee Ek ook onbeperk, maar steeds volgens die mate van u rypheid en u wil om dit te ontvang.
En as Ek hierdie belofte reeds gee aan elkeen wat slegs My wil vervul en in die liefde leef, hoeveel te meer sal Ek hom nie `n omvangryke kennis laat toekom, wat in My opdrag die medemens moet onderrig en wat Ek self dus bekwaam maak vir sy onderwysende arbeid nie. Want `n leraar moet elke vraag wat aan hom gestel word, kan beantwoord. Hy moet vir alles `n verklaring hê. Hy moet en sal ook steeds in sy denke korrek gelei word, omdat hy andersins nie in My opdrag sou kan werk as My verteenwoordiger op aarde, wat die mense in My plek moet onderrig nie - maar altyd met My geestelike gawes. Want sodra hy nou leer, spreek hy nie meer self nie, maar bedien hulle van My woorde wat Ek hom in die mond lê. En Ek self kan tog waarlik nie as onwetend gekenmerk word nie. Dus moet My verteenwoordiger op aarde ook die Wysheid van My ontvang, sodra hy in My opdrag en in My plek sal spreek.
Dit kom net daarop neer wie as My ware verteenwoordiger op aarde te aanvaar is. En dit sal u ook spoedig kan deursien, want daar waar diep wysheid te vinde is, kan hy wat weet, weet dat dit slegs deur My Gees gegee is. - Waar My Gees egter werk, sodat Ek `n mens direk kan aanspreek, daar is ook die sekerheid gegee vir sendingsarbeid waarvoor Ek self My knegte uitgekies het - en wat Ek dus ook in staat sal stel om sy sending te vervul. U sal ook daar steeds uitsluitsel kan bekom, want u wend u dan direk tot My as u hom as My verteenwoordiger op aarde erken, en Ek self kan u dan onderrig - sodra u maar self in staat is om My opheldering aan te neem.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205