Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

STUDIE IS GEEN WAARBORG VIR GEESTELIKE KENNIS NIE
B.D.8842 - 21 Augustus 1964
Dit is `n wye gebied wat vir u ontsluit word wanneer Ek u aanspreek vanuit die hoogte. Daardeur dring u `n gebied binne, wat nog vir u onbekend is, u neem `n besondere en omvangryke kennis in ontvangs en u kan u buitengewoon verryk aan geestelike goedere. Maar dit verplig u ook tot die deurgee daarvan, want hierdie geestelike gawes moet oral helder straal waar daar harte is wat dit gewillig tot hulle wil neem. Want wat u ontvang, dit is waarheid en bly waarheid, ook al wek dit altyd weer ergernis op by hulle wat hulle verstand hoër ag as geestelike openbarings. Maar solank hierdie mense hulle nie kan vrymaak van tradisionele oorgeneemde opvattings nie, solank is hulle ook nie in staat om die suiwer waarheid te begryp nie. Want wat deur studie verkry word, is dooie kennis, as die gees van hulle wat vir hulleself die kennis hul eie maak, nie ontwaak het nie.
Daarom sal u daar die grootste verwerping ondervind waar slegs die verstand werksaam is, waar Ek self nie kan spreek nie, omdat Ek tot die gees van `n mens spreek. Maar dit vra `n lewe in die liefde, omdat die gees die band met My - die Vadergees, slegs so in stand hou. Net selde sal u daarom by verstandsmense begrip vind, wat u egter nie mag verhinder om vir die enigste waarheid op te kom nie. Want geen mens sal in staat wees om dit te weerlê wat Ek self as waarheid na die aarde stuur nie, en teen My argumente kan waarlik niks ingebring word nie.
Dat hierdie mense stukke uit die Bybel, na eie goeddunke uitlê, laat hulle dwaling steeds duidelik word, wat hulle egter nie wil toegee op grond van hulle jarelange studie nie. Maar watter nut het dit sonder dat die gees tot lewe gewek is? En hoeveel dwaling het dit nie al tot stand gebring nie! U opdrag is egter om daarteen in te gaan en alle dwaling aan die lig te bring. U moet die onverbloemde waarheid vir die mense aanbied, wat hulle dan ook baie eerder sal aanneem, as dié opvattings wat aanspraak op die “waarheid” wil maak. Wat u op uself sal neem om die kennis uit die hoogte tot die mense te bring, het My seën, en u inspanning sal daarom nie sy doel mis nie. Want daar is baie mense wat aan die misvormde leer sal aanstoot neem en hulle gelukkig sal ag om `n aanneembare verklaring vir hulle te gevind het.
Maar u sal dikwels die mense tot u vyande maak wat in hulle, deur studie verkreë kennis, sal volhard, juis omdat die ontwaking van die gees by hulle ontbreek. Dit mag u egter nie steur nie, want u werk in My opdrag en u verkondig die waarheid wat slegs uit My voortkom. En daardeur oortref u hulle in kennis, want u kan `n uitleg gee oor alles wat voor die skepping van die wêreld en mense voorgeval het.
En dit is waarlik van groot betekenis en kan nie teen u weerlê word nie. Hulle kan dit alleen verwerp as ongeloofwaardig, maar tog kan hulle geen beter verklaring en motivering gee van u bestaan op hierdie aarde nie. Hulle sal moet toegee dat hulle ook niks deur studie daaroor verneem het nie – maar wat egter deur My self aan die mense kenbaar gemaak is.
U mense wat `n groot verstandelike kennis besit, kan u tog nie inbeeld om gunstig ingestel te wees teenoor mense met minder verstand nie, as dit om die bereiking van die sielerypheid gaan. U kan tog nie die sielerypheid afhanklik maak van die skerpte van u verstand nie - omdat u kon studeer - tensy u u gees al vooraf sou gewek het, maar dit sou u dan ook sonder studie op die dwaling gewys het.
Daarenteen kan selfs `n mens met `n swak verstand, die ontwaking van die gees bereik, omdat slegs die liefde daarvoor nodig is. Die liefde moet juis beoefen word om die gees tot lewe te bring. Wie dus vanuit die liefde leef, kan dit nie goedkeur om met dwaalleringe in te stem nie. Hy weet presies waar die dwaling binnegesluip het en sal hom heeltemal instel om hierdie dwaalleringe uit te roei.
En of u nou by die een óf die ander geestelike instelling behoort, dit bemerk u almal: Nie voordat u die gees in u tot lewe gewek het nie - bly u kennis `n dooie kennis wat ook geen krag vermag om uit te straal op die toehoorders nie. Dit is, in die besonder gesê, tot almal wat My openbarings verwerp op grond van hulle aardse kennis, wat Ek daarom geen ander naam kan gee nie, omdat dit deur studie verkry was, wat egter geen waarborg is vir die waarheid nie. Want die waarheid kan slegs van My - die Oerbron van die Waarheid - verkry word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205