Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

VERKEERDE UITLEG VAN DIE WOORDE VAN JESUS
B.D.8688 - 28 November 1963
Die denke van die mense is aards gerig, en so lê hulle ook alles wêrelds uit wat `n diep geestelike betekenis het, wat aan hulle as geestelike lering van My kant af gestuur is; Ek, wat altyd regstreeks of deur bodes tot die mense gespreek het. Die rede van My onderrig was egter steeds net die heil van die siel. En wanneer Ek die mense aanspreek, sowel in vroeëre, asook in die hedendaagse tyd - het Ek altyd `n geestelike betekenis in My woorde gelê wat in die begin ook korrek begryp is. Maar dit het nie lank geduur nie, of hierdie geestelike betekenis was met die wêreldse vermeng, en op die laaste byna alleenlik nog op aardse wyse uitgelê.
En sodoende het My woord nooit suiwer bewaar gebly nie. Daar het handelinge en gebruike daaruit voortgekom wat nie meer aan die geestelike betekenis daarvan beantwoord nie. Daardeur het My woord sy genesende krag verloor, omdat dit nie meer My suiwer woord gebly het nie; wat geestelik van u verlang word, omdat Ek deur die vervulling daarvan, seën vir u siele verwag het, maar u mense het dit in aardse handelinge verander. U het vir elke vereiste wat Ek aan u siele gestel het, `n wêreldlike gebeurtenis bedeel en gerealiseer. U het hierdie seremonies dan sakramente genoem en `n oordrewe betekenis daaraan toegeken; sodat tallose mense nou met die grootste noukeurigheid die gestelde eise nakom en glo dat hulle vir hulle siele `n skat van barmhartigheid versamel het, deur die vervulling van hierdie gegewe menslike gebooie.
Maar dit alles is slegs vorm en skyn en derhalwe heeltemal sonder betekenis vir die voltooiing van die “siel”. Maar u mense hou met uiterste volharding vas aan sulke vorme wat u vir uself geskep het - wat egter nooit, sover dit My betref, van u mense verlang was nie. Want al My woorde wat Ek gespreek het toe Ek self as mens op aarde geleef het, het `n diepe geestelike betekenis gehad en kan nooit deur uiterlike handelinge vervang word nie. U het egter nie die diep betekenis begryp nie, en u het u ook laat tevrede stel met hierdie uiterlike gebruike, wat egter nooit enige voordeel vir u siel kan oplewer nie.
Bedink eens welke uitwerking u aan die doop toegeken het. Bedink dat u `n eenvoudige uiterlike handeling uitvoer en dan van die geestelike gevolg daarvan oortuig is - hetsy die vrywording van die erfsonde, hetsy die opname in My kerk - of die opname in `n religieuse gemeenskap. Maar dit alles moet die mens self vir hom verwerf gedurende sy aardse lewe. Hy moet hom uit vrye wil deur Jesus Christus laat verlos van die sonde.
Daar behoort dus meer daaraan te wees as net die handeling van die doop, wat aan `n kind voltrek word. En eweneens kan die mens hom ook weer in vrye wil by My “kerk” aansluit deur My bewustelik na te volg in sy lewe, sodat hy deur die liefde tot `n lewende geloof kan kom - die merkteken van My kerk wat deur My gestig is.
Dink aan die sakrament van die “bieg” en die van die “altaar”, wat u daaruit gemaak het, en deur welke uiterlikhede u die vergewing van sonde verwag. Dink daaroor na hoe Ek dit opgeneem wil hê: Dat u My moet laat binnekom, sodat Ek die Avondmaal met u kan hou en u met My. En hoe u My woorde: “doen dit tot My gedagtenis” - tot `n hol frase laat verval het. Dit kan ook weer geen uitwerking op u siel hê, as u nie so `n besielde lewe in liefde lei, wat u innig deur die liefde met My verbind nie - en dat Ek dan ook Self in u teenwoordig kan wees.
Alles wat geestelik van u mense verlang word, waarmee slegs u siel haarself moet vervolmaak, het u mense met wêreldse begrippe saamgesmelt en derhalwe iets vir uself saamgestel, waarvan u nou ywerig die reëls naleef, ofskoon dit slegs deur mense verlang word, wat dit probeer motiveer as synde My wil.
Steeds moet u weer duidelikheid daaroor gegee word, maar hierdie verduidelikings neem u meestal nie aan nie. U kom steeds yweriger die gebooie na wat deur mense aan u gegee is, terwyl u op My gebooie van die liefde tot God en die naaste geen ag slaan nie. En daardeur verduister u u gees nog meer, sodat daar ten slotte geen moontlikheid meer bestaan dat u die verkeerdheid van u denke en handeling kan insien nie.
U het dus vir uself gebooie opgelê deurdat u, sonder teenspraak, alles as waarheid aangeneem het wat vir u as My “woord” gegee was. Al My woorde het u suiwer aards uitgelê, maar die geestelike betekenis daarvan het by u verbygegaan. En daarom het daar dwaling ontstaan, wat net uit die weg geruim kan word, wanneer u met liefde vervul is. Want dan sal dit lig in uself word en u sal sien wanneer u dwalende is.
Dan sal alle, deur mense gegewe gebooie en sakramentele seremonies, as misleiding deur u ingesien word, wat slegs in `n verduisterde gees kan voorkom as “goddelike wil”. En u moet trag om u dan ook los te maak van elke dwaling, vanuit die insig van die suiwer waarheid, wat alleen die siel tot heil kan strek en waar dit slegs deur die mens as waarheid herken sal word wat in liefde leef, wat dus in die eerste plek My gebooie van liefde vervul en wat ook korrek sal dink.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205