Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE HERKENNING VAN GOD SE WARE BODES
B.D. 8272 - 14 September 1962
Die wil van `n mens om in die waarheid te wandel, sal Ek seën, want as hy die waarheid soek, kan Ek Myself ook aan hom openbaar. Dan kan Ek hom die waarheid laat toekom, óf deur middel van gedagtes of persoonlik, deurdat Ek “tot hom spreek”, sodat hy My woord kan verneem. Ek wil in geen geval dat hy idees aanneem wat vir hom twyfelagtig lyk nie.
Want hierdie vertwyfeling is dan ook geregverdig as dit vir hom ernstig is om die waarheid te weet. Ja, dan is hierdie vertwyfeling al selfs `n ligte afwering teen dit wat nie met die waarheid ooreenkom nie.
U vra My dus waaraan u die waarheid kan herken. U vra wie u as My bodes kan beskou. As Ek u `n openbaring na die aarde stuur, dan kan u dit steeds as van My uitgaande herken, aan die helder ligstraal wat u hart verlig. Want `n goddelike openbaring moet rykdom aan u verskaf, u moet iets ontvang wat u verbly en wat u nie meer wil afstaan nie; egter steeds op voorwaarde dat u ernstig na die waarheid verlang, want eers dan openbaar die Ewige Waarheid haarself.
Dan is dit ook dieselfde of u die geskenk regstreeks van My ontvang of deur My bodes, want ook dan sal u dieselfde gevoel ondergaan - omdat dit dieselfde oorbring wat van My uitgaan. Laat die geestelike gedagtes u egter onaangeraak, of verweer u uself selfs innerlik daarteen, dan kan u dit ook sonder beswaar verwerp. Want dan sal dit nooit `n goddelike openbaring wees nie, maar eie of oorgeneemde idees wat die uitwerking van krag heeltemal mis. U hoef dan ook nie te vrees om iets verkeerds te doen nie, want wie verlang om My self te hoor – sal ook My Stem herken.
Word u nou deur ander in kennis gestel van twee verskillende, van mekaar afwykende leringe, wat beide van My afkomstig sou wees, dan hoef u uself maar innig met My in verbinding te stel en My om die korrekte insig te vra. En waarlik, u sal dan ervaar watter leer van My uitgegaan het en dan die ander sonder beswaar kan verwerp.
Wie My gebooie onderhou, is hy wat Ek liefhet en aan hom wil Ek My openbaar. Dit beteken ook dat Ek Myself aan hom sal bekendmaak. En die mens sal My ken as hy duidelikheid ontvang oor My Wese; as aan hom kennis gegee word oor wat vir hom tot nog toe verborge was. En vanuit hierdie kennis sal hy My self kan ken, want hierdie kennis is `n “lig wat u van binne uit verlig”.
Nie elke mens verneem My woord persoonlik nie, maar tog spreek Ek hom aan wanneer die woord regstreeks aan hom oorgebring word. En as Ek hom net kan aanspreek deur My bodes, wat dit direk van My ontvang het, dan sal hy hom tog self deur My aangespreek voel. En dit sal vir u die sekerste bewys wees dat u die suiwerste waarheid vertel word, want die gevoel lê Ek self in u hart.
Verder het u `n betroubare bewys van `n goddelike openbaring, wanneer bestaande dwaalleringe steeds weer daardeur onthul word, wanneer die inhoud van sulke openbarings `n kennelike suiwering van die evangelie ten doel het, wat steeds weer deur die menslike wil verwronge was. En ware bodes kan dan altyd slegs die mense wees wat dus vir die waarheid van so `n openbaring instaan; wat daarvoor sorg dra dat hierdie openbaring aan die mense vertel word.
En omdat Ek die Ewige Waarheid Self is, sal Ek ook daarvoor sorg dat die mense in die waarheid kan wandel as hulle ernstig daarna verlang. En `n openbaring wat van My af kom, moet hulle duidelikheid gee oor alles wat in die geestelike van belang is .
Ek betitel dus net die mense as My bodes, wat My Woord, wat regstreeks na die aarde gestuur is, probeer versprei. Ek giet wel My Gees uit oor “alle vlees” soos wat Ek dit beloof het, maar daaronder is nie net so `n duidelike en ongewone openbaring van My af te verstaan, soos wat u dit nou ontvang nie; maar ook verligte denke, korrekte spraak in geestelike debatte, die herkenning van My goddelike woord en `n volledige begrip van die ongewone kennis wat die inhoud van My openbarings van Bo af is.
En die ontvangers van My woord sal steeds dieselfde verkondig en verdedig, as hulle regstreeks deur My aangespreek kan word. En daaraan kan `n ongewone openbaring steeds as toetssteen vir die waarheid beskou word, wanneer sy in die eerste plek die kennis van My verlossingswerk in Jesus Christus as inhoud het - dan is die goddelike oorsprong van die openbaringe bewys en daarmee ook die volle waarheid gewaarborg. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205