Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

WANDEL U IN DIE WAARHEID?
B.D.8074 - 7 Januarie 1962
Die wil om tot die waarheid te kom, verseker dit al vir u; maar hoe selde is so `n ernstige wil nog te vinde! Die mense neem dit, wat aan hulle as die waarheid vertel word, sonder nadenke aan en stel dan hulle gedagtes daarop in. Met ander woorde, in ooreenstemming met die oorgebringde kennis, lewe hulle óf in die lig, óf in die duister. Want slegs die suiwer waarheid kan lig skenk, terwyl die dwaling altyd die gees sal verduister.
Dit gaan hierom oor geestelike kennis, nie oor wêreldse kennis wat met bewyse gestaaf kan word nie. Hierdie kennis het egter geen invloed op die sielelewe van die mens, aan wie die aardse lewe geskenk is vir die voltooiing van die siel nie. Daarom: Begeer slegs die suiwer waarheid en u sal dit sekerlik ontvang. Maar wie kan u waarborg dat, wat u as waarheid aangebied word, aanspraak kan maak om waarheid te wees?
Dié vraag moet u steeds weer aan uself stel. U moet weet dat daar baie geestesrigtings is en dat alle rigtings hulle opvattings as die waarheid uitdra en dat almal iets anders leer. En tog kan daar maar een waarheid wees. Dus mag u nóg aan die een, en nóg aan die ander glo, sonder om na te dink, maar u moet u tot die hoogste instansie wend, naamlik tot die EWIGE WAARHEID SELF!
U moet u bekeer tot Hom, wat bo alles staan, wat alles geskape het, wat hoogs volmaak is; wat alles weet en wat die Liefde Self is. Wat dus ook vir u, Sy skepsels wil lig skenk, omdat Hy u liefhet. Hy het die mense waarlik nie in `n toestand van geestelike duisternis geskape nie, maar het dit nie verhinder nie, toe hulle hulleself uit vrye wil in die duister begewe het, om die vors van die duisternis, Lucifer, in sy Ryk te volg nie.
God, wat u lewe gee, wil egter nie dat u in die duisternis bly nie. Hy wil u lig gee, en te alle tye kan u dit uit Sy Hand ontvang. Hy is altyd bereid om u denke te verlig en aan u `n helder insig te gee oor alle vrae wat u besig hou. Oor alle geestelike samehang, oor die rede van u bestaan en die doel van u aardse lewe.
En as die EWIGE WAARHEID SELF u onderrig, kan en sal Sy u niks anders as die suiwer waarheid gee nie - en dan kan u ook met oortuiging glo; want u sal dan weet dat u in die waarheid wandel. As u ernstig na die waarheid verlang, kan u ook seker wees daarvan dat sy vir u geskenk sal word. En dit is die eerste voorwaarde, want erken die mens vir God as die Ewige Waarheid, dan sal hulle hulleself ook tot Hom wend en Hom om die stuur van die waarheid vra. Die mens open hom dan bewustelik vir die straling van lig. Hy bring die verbinding met God tot stand, wat die doel en die betekenis van die aardse lewe is; die verbinding wat eens vrywillig afgebreek was en waardeur die “skepsel in die diepte geval het, in donker troosteloosheid.”
Nou stel die mens hom dus weer bewustelik oop en laat hom bestraal deur die Liefde van God; sodat sy liglose toestand verander na `n toestand van lig en die mens nou kennis verkry, wat tot nog toe vir hom geslote was. En dat dit kan gebeur en ook plaasvind, dit kan u glo. En dat elke mens dit sou kan ervaar, mag u ook glo.
Maar hieraan is voorwaardes verbonde wat nie deur elke mens nagekom kan word nie; wat egter die regstreekse ontvangs van die waarheid self beperk, maar nie die toevoer van die suiwer waarheid op `n indirekte manier nie. Want waarlik, wie die waarheid begeer, sal dit ook ontvang.
Maar elkeen kan homself ook so vorm dat hy die waarheid regstreeks kan ontvang, as hy maar `n lewe van onbaatsugtige naasteliefde sal lei en daardeur die gees in homself tot lewe wek, wat as deel van God in elke mens sluimer en deur die liefde tot ontplooiing gebring word. En dit, omdat hy `n deel van God is wat alles weet en sodoende die mens innerlik kan onderrig.
En daarom moet u uself tot die Hoogste Instansie wend. U mag geen genoegdoening neem met wat mense u meedeel nie - selfs wanneer hulle meen om vir die waarheid in te staan. As die waarheid ingang sou gevind het onder die mense, sou daar nie so `n duisternis op die aarde gewees het nie. Maar dat daar groot duisternis heers, is tog duidelik, anders sou daar waarlik `n harmonieuse vredige toestand op die aarde gewees het, terwyl juis die teendeel die geval is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205