Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE HOUDING VAN DIE MENS TOT MARIA (MIRIAM), DIE MOEDER VAN JESUS
B.D.8324 - 8 November 1962
Ek is steeds bereid om u `n antwoord te gee as `n geestelike vraag u besig hou. Want u, wat die waarheid, wat uit My kom, moet verbrei - moet ook self in die waarheid wandel. U moet in staat wees om die waarheid van die dwaling te onderskei. En daarom moet daar vir u `n lig ontsteek word, daar waar dit in u gees nog donker is, waar onduidelikheid heers. Want dit moet u goed onthou, dat `n verkeerde leer altyd weer nuwe dwaling tot gevolg het.
Oor die houding van u mense tot Maria, die aardse moeder van My liggaam, is u steeds weer uitlegte gegee in die sin dat sy wel die vereringswaardigste wese in My Ryk van die lig genoem kan word, aan wie u mense ook u liefde mag skenk, maar altyd met die voorbehoud dat u daaraan dink dat sy haar wel in My Ryk bevind, maar dat sy haar daar slegs as “kind van God” bevind, terwyl Ek self daar as God en Skepper, as Vader, as Oerbron van lig en krag, as hoogste en volmaaktste Gees in die oneindigheid, heers. Sy is dus My skepsel - as kind tot My teruggekeer, terwyl Ek die Skepper Self is en daarom van u die onbegrensde liefde sou wil ondervind - wat u My ook sal skenk, as u My Wil volkome aanvaar het en nou vanuit u hart na die vereniging met My verlang.
Hierdie onbeperkte liefde van u wil Ek besit. En alle wesens in My Ligryk wat My net so innig liefhet, sal hulle steeds net inspan om so op die mens in te werk dat hulle hulleself na My toe keer. Nooit sal hulle egter daartoe bydra dat die liefde van die mens `n ander doel nastreef as na My nie; wat egter wel gebeur as `n ligwese `n besondere verering van die kant van die mense geniet, wat egter alleen na My moet uitgaan. Daarom sal `n ligwese hom nooit op so `n wyse aan die mense openbaar dat dit aanleiding gee tot `n verering van homself nie. Want so `n verskyning sou altyd net `n verkeerde leer bekragtig, net soos die van die verering van Maria, die Moeder van God soos dit by die mense ingang gevind het.
Ek self en ook geen ligwese sal ooit deur sulke verskynings so iets in die hand werk nie - en daarmee dwaalleringe begunstig nie. En omdat alle ligwesens My Wil volkome aanvaar het en hulle ook self alles weet van die skade wat sulke dwaalleringe aan die siele van die mense berokken, sal daar ook nooit van die kant van die ligwesens so `n poging onderneem word nie. My teenstander bedien hom egter wel juis van so `n geloof wat op die verkeerde weg geraak het, en hy trag om dit te staaf met verskynings waarvan hyself die veroorsaker is. Want sodra hy slaag om die aandag van die mense steeds meer op “vreemde gode” naas My te rig, verdring hy My self, Ek wat tog die enigste doel van die verlange van die mense wil wees. My teenstander probeer steeds weer deur lis en bedrog die gedagtes van die mense maar net op dwaalweë te lei. En begryplikerwys kan hy daar die beste werk, waar verkeerde leringe die grond reeds gereed gemaak het, vir die opname van sy giftige saaigoed.
Nog steeds openbaar hulle weer My Liefde en Wysheid aan die mense, deur die uitstuur van My woord, omdat hulle met die waarheid bekendgemaak word. En so moet u ook op hoogte wees van die aktiwiteit van My teenstander, wat deur aankondigings van gebeurtenisse wat hy al baie goed ken, trag om die geloof van die mense te wen. En omdat Ek nie self regstreeks kan inwerk op die mense wat op sy fondament gebou het nie, laat hy dit by hulle soveel te meer gebeur en wel deur begogeling. Maar die mense besef nie dat hierdie verskynings misleiding van My teenstander is nie, wat selfs nie daarvoor terugdeins om onder die gedaante van die hoogste ligwese op te tree nie - omdat hy onder dié masker baie meer mense kan bereik.
Dat ook geestelik volmaakte mensesiele in besondere gevalle `n tweede gesig kan hê, word nie daarmee bestry nie. Maar sodra dit gaan oor die oorbring van dit wat vir die mense van My kant vir die heil van hulle siele gedoen sal word, geskied dit op die manier van `n direkte openbaring deur die Gees. En die openbaring gaan dan gepaard met die opdrag om hierdie openbaring aan die mense te verkondig, en dit nie geheim te hou nie. Nooit word sulke openbarings egter deur middel van onmondige kinders gegee en dan nog met die verbod om nie daaroor te praat nie. En reeds daaruit moes die mense al kennis geneem het wie die veroorsaker van sulke verskynings is.
In die tyd van die einde het My teenstander groot mag, en dit benut hy waarlik goed. En waar daar reeds dwaling is, daar sal sy aktiwiteite ook wortel skiet en sal die dwaling steeds meer daardeur versterk word. En dat daar dwaling vir u mense aangebied word, volg daaruit, dat daar steeds weer ligwesens op die voorgrond geplaas word, terwyl hy alleen sy invloed sou moes aanwend om die mense alleen tot My, as die goddelike Verlosser, te lei, omdat hy weet in watter boeie hulle hulleself bevind en smag om slegs verlossing te kan vind deur My in Jesus Christus. Sulke verskynings het egter steeds tot gevolg, dat die verering van My liggaamlike moeder `n ongewone oplewing ondergaan - wat egter slegs die wens van My teenstander is, omdat die mense vir hulle vreemde gode skep om dié te aanbid.
Daar is `n uitgebreide stelsel van leuens opgebou waarvan die mure steeds meer versterk word, wat egter slegs deur die suiwer waarheid, wat uit My na die aarde gestuur word, vernietig kan word. En wie nou begeer om in die waarheid te wandel, die sal ook alles duidelik insien en in staat wees om die leuen van die waarheid te onderskei. Hy sal My van nou af aan self aanroep om duidelikheid, en Ek sal waarlik nie die waarheid van hom weerhou nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205