Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

GODSHUISE
B.D. 1O83 - 5 September 1939
As vaste plekke om God te vereer, het u, mense, geboue geskep wat nie volgens die Wil van die Heer is nie. Daardeur het die eintlike verering van God in die hart van die mens tot `n minimum gedaal. Daar word baie meer waarde geheg aan die uiterlikhede in spesiaal daarvoor geboude ruimtes, as aan die innerlike omgang van die mens met die Hemelse Vader.
Nogtans moet dit slegs ten grondslag lê aan al God se verering. Aan elke handeling met vertoon van praal ontbreek die diepe innerlikheid. Wat egter ook begryplik is, want daarby is die mens te sterk met al die aardse materie verbonde as wat hy hom waarlik eenvoudig en innig met die Hemelse Vader sou kan verbind. Waar `n sigbare uitbeelding dus iets geestelik duidelik moet maak, bestaan steeds die gevaar dat al die sigbare die aandag sal kry, daarom dat die geestelike verontagsaam word.
Die mens kan eintlik eers tot innerlike rus, tot vergeesteliking kom, as al die waarneembare, wat binnekom deur mense se sintuie, volledig uitgeskakel is. Elke mens moet voortdurend worstel en op sy hoede wees dat aardse verlange en wêreldse gedagtes nie die oorhand kry nie. Want in gelyke mate, wanneer die gedagtes die oorhand kry, neem die wil tot die geestelike af. En dit is dan uiters moeilik om weer met die geestelike in kontak te kom.
Daarom is dit begryplik dat alle seremonies, alle handelinge wat in `n sekere sin iets geestelik aan die mens moet duidelik maak, juis die mees geskikste is om die mens op die uiterlike te rig en oppervlakkig te laat dink.
Soek die mens uit innerlike drang om homself te vergeestelik, dan sal dit vir hom duidelik word hoe volhardend hy teen alle invloede van buite af moet stry. - Hoe hy steeds weer moet probeer om alles om hom heen uit te skakel, om hom geheel en al aan die “suiwer geestelike” oor te gee. En dit alles is nie moontlik op plekke waar baie mense saam is en waar vasgestelde handelinge plaasvind, wat die grootste aandag aan die kant van die mense opeis nie, en egter juis omgekeerd die aandag aflei van dit wat slegs vir God belangrik is.
Die mens moet nie dink dat dit hom tot sonde gereken word as hy al hierdie uiterlikhede nie nakom nie. Wat deur God gewaardeer word, is slegs die diepte van die geloof, die graad van liefde en die onbeperkte oorgawe van die aardse kind aan sy Hemelse Vader. En wie hom ywerig daarmee besighou, die hoef die oordeel van die Vader nie te vrees nie. Want hy handel dan soos dit vir die Vader welgevallig is en soek in alles die “kern” en nie slegs die skil nie.
God slaan geen ag op volmaakte handelinge nie, wat tog maar net uiterlik begaan word, wat die kern van die saak egter nie raak nie. Want tot die verinnerliking van die gemoed behoort `n voortdurende verbinding met die goddelike Heer en Heiland, Jesus Christus. Die vasgestelde tye vir die verering van God is in die verste verte nie voldoende om tot rypheid van die siel te kom nie. Die mensekind moet veelmeer elke uur van die dag aan God, die Heer, sy liefde, verering en sy dank betuig, en moet voortdurend na die “vry word van die gees” strewe.
Maar daartoe is voorgeskrewe plegtighede waarlik nie geskik nie, want dit laat die menslike gemoed eerder onverskillig word, omdat die mens ten onregte meen om die Wil van God so te vervul. En dit is vanweë die geestelike stilstand, of selfs agteruitgang buitengewoon betreurenswaardig, omdat die mens elke uur moet benut om aan homself en sy siel te arbei - met as doel om die volmaaktheid te bereik.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205