Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DWAALLERINGE EN DOGMAS
B.D.8814 - 18 Junie 1964
Dit is My Wil dat u die waarheid moet versprei en daartoe behoort ook die onthulling van dwaalleringe wat My woord binnegesluip het, wat egter nie andersins kan geskied, as om die suiwer waarheid daarteenoor te stel nie. U moet uself steeds afvra wie die waarheid, wat My leer u aanbied, aan u kan waarborg?
U kan nie bloot die woorde van mense as die waarheid aanneem nie; te meer omdat u weet dat ook My teenstander daarop kan inwerk. En hy is steeds daarop uit om die mensdom in verwarring te bring. U sal ook die korrekte antwoord ontvang as dit vir u om die waarheid gaan; as u nie in dwaling wil lewe nie en My om `n antwoord vra, wat Ek dan sekerlik nie sal terughou nie.
In die eerste plek gaan Ek u vertel dat u `n vrye wil besit waarop nooit as te nimmer dwang uitgeoefen mag word nie. En Ek sal u daarop opmerksaam maak dat daar deur geen enkele kant dwang op u uitgeoefen kan word nie, nóg deur die goeie, nóg deur die bose kant - maar ook, dat u daaroor moet besin hoe u hierdie wil gebruik het.
Gevolglik is die aanneming van elke leer, wat u onder dwang plaas as dogma, ook teen My wil. U het self die vryheid om te beslis wat u wil glo en geen mens kan u van hierdie geloofsvryheid ontneem nie. U besit ook die reg om die mees uiteenlopende geloofsrigtings teen mekaar op te weeg, sodat u uit alle geestelike rigtings dit kan aanneem, wat u goeddunk.
Dus sal Ek die mense steeds aanspreek wat na die suiwer waarheid verlang. Want al die ander is nie geïnteresseerd nie. Dit is vir hulle om te ewe of hulle die suiwer waarheid aangebied word of nie. Hulle neem genoegdoening met die leerstellings wat van die kant van die mense tot My evangelie toegevoeg word; wat egter as totaal onsinnig herken kan word, as die mens hom net daarmee wil besighou.
My teenstander het `n baie stewige net geknoop, deurdat hy die mens tot gehoorsaamheid gedwing het, wat `n eie mening oor die geloof uitsluit, deurdat niemand dit waag om `n eie mening te hê nie, aangesien hy andersins glo dat hy hom aan `n groot sonde skuldig sal maak. En dit gaan nou hier om My wil voorop te stel, en daarom maak Ek u dus op die vrye wil opmerksaam, wat u gevolglik eenkant moet plaas as u uself aan menslike gebooie onderwerp.
So is die werk van die Gees in die mens ook onbekend aan u - wat enige middel gebruik om u in die besit van die waarheid te stel. U glo nie meer dat Ek u self die waarheid wil binnelei nie – en so wys u al die verkreë kennis af. En tog is hierdie kennis net die waarheid en lê elke dwaalleer bloot. Maar solank u uself nog aan `n gebod onderwerp wat ooreenkom met Satan se wens, sodat u nie vry kan kies vir `n leerstelling wat deur u as korrek gesien word nie; en solank u uself nie kan vrymaak van iets wat Ek self nooit van u sou eis nie, solank sal u `n slaaf wees en dus ook heeltemal onvry. Want selfs Ek sal geen mens dwing om die waarheid aan te neem nie, wat hulle as sodanig nie herken nie - omdat Ek die mens `n vrye wil gegee het.
U bring nou hierteen in dat die mens tog in `n bepaalde gedagterigting opgevoed moet word, hou u dan aan die twee gebooie wat Ek self aan die mense op aarde geleer het. Probeer net om hulle in die gebooie van die liefde te onderrig, dan het u alles wat die mens nodig het vir die voltooiing van sy siel. Want eers dan sal dit weer blyk wie die ernstige wil het om in die liefde te lewe. En hulle sal dan ook die werk van My Gees in hulle ervaar. Hulle sal dan self met die waarheid bekendgemaak word, met die kennis van die betekenis en die doel van die skepping, met die betekenis en die bedoeling van die aardse bestaan, en die rede en die betekenis van die verlossingswerk van Jesus Christus, waarsonder geen mens salig kan word nie.
U is daarom Christene met `n lewende geloof wat lewe in navolging van Jesus en wat ten volle oortuig is van die krag van die verlossingswerk. - Christene wie Ek tot My kerk kan reken en waarvan Ek self die Stigter is. So sal u ook waarlik die stem van My Gees kan verneem wat u duidelikheid kan gee oor die baie dwaalleringe wat daar in die wêreld te vinde is en waarteen Ek steeds weer ten stryde sal trek.
Want slegs die waarheid voer na My toe en slegs deur die waarheid kan u salig word. Daarom sal Ek steeds weer aan My aanhangers op aarde die waarheid laat toekom, en hulle gelyktydig die opdrag gee om haar in die wêreld uit te dra, want

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205