Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

HEMELLIGGAME - GEESTELIKE EN AARDSE SUBSTANSIE
B.D.2142 - 7 November 1941
Slegs die mens wie se gedagtes na God gewend is, gaan dieper in op die vraagstuk van die skepping, want hulle peins oor die ontstaan van die heelal, oor die oneindigheid en die Skepper van alle dinge. Hy sal geen vinnige gevolgtrekkings maak nie, hy sal gis en in sy gedagtes vrae stel, en deur middel van gedagtes sal die antwoord hom ook toekom, sodra hy op sy gedagtes let.
Die geringste bereidwilligheid om onderrig te word deur wetende kragte, beloon God sodanig, dat Hy hulle opdrag gee om die gedagtegang van die mens in die regte bane te lei en dus sal sy denke ooreenstem met die waarheid en hy sal uit homself wyshede put. Die Gees uit God onderrig hom en dus staan hy vas in die waarheid.
Die wêreld is die produk van die goddelike liefdeswil, dit is die gedagte van God wat vorm geword het. Al die tasbare en aards sigbare behoort tot die aarde, die ryk van die materie. Maar buite hierdie is daar die geestelike wêreld, nie sigbaar vir die menslike oog nie, wat egter eweneens uit die goddelike krag van die Skepper voortgekom het. Want die heelal bevat ontelbare skeppings waarvan die grondstof geestelike substansie is, wat die menslike oog nie kan waarneem nie, omdat hulle maar net aardse materie kan sien. Sou die mens hierdie geestelike skeppings kan aanskou, dan sou `n besondere kennis vir hom ontsluit wees, sy vrye wil was dan egter in gevaar, want wat hy aanskouend sou sien, sou beslissend gewees het vir sy hele lewe op aarde. Maar daarom moet die kennis vir hom verborge bly, sodat hy sy aardse lewensweg heeltemal onbeïnvloed kan aflê.
Die Wil, Wysheid en Liefde van God laat voortdurend skeppings ontstaan wat vir die mens maar net as baie ver hemelliggame voorkom, waarvan hy dus vermoed dat dit dieselfde gesteldheid het as die aarde. Hierdie hemelliggame is ewenwel van `n heel ongelyksoortige samestelling en vir die bewoners van die aarde totaal ontoeganklik. Tog kan die menslike gees ook in hierdie skeppings ronddool en wat hy sien en hoor saam terugneem na die aarde. En dit is `n buitengewone barmhartigheid van God, want die mens as mens sal nooit in die ryk kan kom nie en daarom sou die kennis daaroor, hom heeltemal ontbreek. So onderrig sy gees hom egter op die volgende manier:
(Nr. 2142 – 7 November) Daar bestaan niks in die heelal wat sy oorsprong nie in God het nie. Gevolglik moet alles die goddelike Wysheid verkondig, dit wil sê, dit moet beantwoord aan `n plan wat God in Sy Wysheid ontwerp het. Dus is niks sinneloos in die heelal nie, al mag dit ook vir die mens so voorkom. Alle hemelliggame beantwoord nou presies so aan hulle doel soos die aarde, ofskoon dit anders gevorm is. Alles in die heelal bied die nog onvrye geestelike die moontlikheid om hulleself positief te ontwikkel. Dit is die enigste doel van elke skeppingswerk.
Dit is nou egter geensins aan te neem dat alle skeppingswerke daarom uit dieselfde substansie bestaan nie, dat dus maar net die aardse substansie, die materie, die verblyfplek kan wees, waar die onontwikkelde geestelike ondergebring word, want uit hierdie veronderstelling sou volg dat alles in die heelal uit dieselfde aardse substansie bestaan. Verder sou dit moet meebring dat alle hemelliggame deur dieselfde wesens, deur mense, bewoon sou moet wees, maar dit beteken `n stilstand in steeds dieselfde toestand, dus in `n toestand van leweloosheid wat homself nie ontwikkel nie, of te wel: Om niks te doen nie. En verder sou dit beteken: `n Voortdurende duisternis en dit wil sê dat alle hemelliggame skeppings sonder lig sou moet wees.
Die hoër ontwikkelde wesens sou hierdie skepping dan egter as `n ondraaglike dwang ervaar, want vir hul uitstraling van lig sou hulle geen wesens vind wat bereidwillig was om dit in ontvangs te neem nie, dus sou die strewe na God nooit verwesenlik kon word nie, wanneer die wese nie uit sy toestand van, "gebind wees aan die aarde", verlos sou word en in vry gebiede kom waar `n werksaamheid sonder `n omhulling as dwang moontlik is. Dus moet daar ook skeppings bestaan wat geen dwang meer as betekenis het vir die wese nie. Elke aardse substansie is egter `n dwang vir die geestelike wat homself daarin bevind, gevolglik moet dit wegval, en daar moet skeppings bestaan wat slegs suiwer geestelik verklaar kan word, omdat dit slegs geestelike substansie is: Hulle bestaan egter nie sigbaar vir die menslike oog nie, maar is slegs waarneembaar met die geestelike oog.
Hulle is dus as geestelike skeppings te bestempel, wat soveel wil sê as dat hulle eers na die aardse lewe aanskou kan word, dat dit geestelike wesens bevat wat die aardse lewe al afgelê het en homself hoër moet ontwikkel. Die staat van rypheid van die wesens is egter verskillend, gevolglik moet ook die skeppings wat nou die wesenlike tot verblyfplek dien, verskillend wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205