|
Boek 36 - Die Hemelliggame BERTHA DUDDE
Hoofstuk 3
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
HEMELLIGGAME – NATUURWETTE – ONDERSOEKE IS TEVERGEEFS B.D. 254 - 10 Januarie 1938 Dierbare kind - dit is `n oeroue wyse wet, dat in die heelal, sonder onderbreking, volgens die Wil van die Heer, die hemelliggame hulle baan aflê steeds op gelyke afstand van die son en in ewigheid self in herhalende reëlmatigheid. Alles wat in die heelal geskape is, is afhanklik van die sonnestelsel. Geen enkele ster (planeet) kan bestaan sonder die ligkrag van die son nie, want elke hemelliggaam se bestemming is dat dit weer ontelbare lewende wesens tot verblyfplek dien - alhoewel die hoedanigheid van elkeen van `n ander aard is. Sou u dit wil deurgrond, dan sou u met wette rekening moet hou wat tot nou toe volkome onbekend vir u is. Die aarde is `n, heeltemal van die res van die ruimte – byvoorbeeld, die ander hemelliggame – afgeslote ster (planeet) met eie, vir die aarde vasgestelde natuurwette, en so kan u slegs volgens hierdie natuurwette die hemelliggame, wat u aan die uitspansel sien, vir uself duidelik maak - maar daarmee kom u nie nader aan die waarheid nie. Vir alle bewoners van die aarde, geld die wette van die aarde, wat egter afwyk van die wette van die ander hemelliggame - gevolglik sal dit nooit vir u moontlik wees om denkbeelde en reëls hieroor op te stel nie, want u beheer nie die wette van die heelal nie. Dit is ongeveer dieselfde as wat u aan die wesens in die diereryk verstaanbaar sou wil maak dat die denke van elke mens anders is - net soos wat elke gees sy lewe gestalte gee en hierdie lewens so volkome verskillend kan wees - en die dier sou die geestelike atmosfeer nie kan begryp waarin die mens homself bevind nie, ofskoon hy, net soos die dier homself ook op aarde bevind. En so is ook elke hemelliggaam heeltemal verskillend van `n ander, hoewel hulle almal in `n heelal ronddraai en onder die leiding van `n Wil staan. Sodoende bly die uiteindelike oplossing vir u mense geslote, daarom is dit volkome sinloos, om wetenskaplike ondersoeke aan die gang te sit oor gebiede en vrae wat die mens nooit kan oplos nie, want selfs wanneer u `n oplossing gevind het, wie kan bewys dat hierdie oplossing korrek is? U sal steeds maar net moet reken met die wette wat vir die aarde geld en u oordeel vel, maar die heelal bevat sulke groot geheime dat die ondersoek daarvan deur u in die aardse lewe vergeefse moeite is. Wie gee u die sekerheid dat die skepping van die Heer op alle hemelliggame op dieselfde manier voltrek is - wie op aarde kan dink dat hy die sake kan deurgrond, waarvan die bewys nie in sy mag lê nie? So ver as wat `n hemelliggaam in die heelal van `n ander verwyderd is, so ongelyksoortig is die bestemming van elke hemelliggaam ook vir die wesens wat aan hom toegewys is, en die wette waaraan hierdie hemelliggame onderworpe is, is deur die Skepper van die heelal gegee volgens Sy goeddunke, maar vir die bewoners van die aarde, heeltemal onbegryplik en nie met die menslike verstand te verklaar nie . Alle wesens moet die grootte van die Heer sien aan Sy skeppingswerk, en gee die mens homself eenmaal aan `n sodanige beskouing oor, dat hy slegs by benadering op die hoogte is van `n baie nietige deeltjie van die skepping en selfs van daardie deeltjie, die aarde, nie in staat is om dit in sy algehele gesteldheid grondig te ondersoek nie - dan moet hy tog iets vermoed van die oneindigheid van die heelal - van die nie te begrype grootte van die Skepper,- en dit moet vir hom duidelik word dat alles volgens `n wyse goddelike plan geskape is en die mens as `n deel van die skeppingswerk daarin geplaas word, met `n opgawe daarby waarvan die nakoming die doel van sy lewe op aarde moet wees. En om die Heer van die heelal te wil dien, moet die resultaat wees van die nadenke van hulle wie die aarde, en die hemelliggame wat haar omring, probeer ondersoek. Want onuitspreeklik groot is die heelal en onbeduidend klein die mens. Amen
|
|
|
|
|