Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

LUGLEË RUIMTE
B.D.832 - 28 Maart 1939
So is daar buite die aarde `n lugleë ruimte waarvan die bestemming is om die "geestelike partikeltjies" teë te hou, sodat hulle terug verlang na die vorm wat hulle wil ontvlug, en hulleself dus in die onmiddellike nabyheid van die aarde moet ophou. Hierdie ruimte is `n skeiding tussen alles wat nog in die materie vertoef plus die materie self - en die geestelike ryk wat buite die materie lê, en sal derhalwe reeds suiwer uiterlik, die aarde volledig isoleer in die wêreldruim van die algehele skepping, wat weliswaar op dieselfde wyse as die aarde bevolk is, maar onder totaal ander bindend opgelegde wette verkeer as wat vir die bewoners op aarde begryplik is. Gevolglik is dit op geen enkele wyse moontlik om hierdie lugleë ruimte van menslike kant te beheer en deur uitvindings, van welke aard dan ook, deurdringbaar te maak nie, daar dit tog juis die taak daarvan geestelik opgevat is, naamlik: Om alles wat van die aarde wegvlug, weer na die aarde terug te dwing (om `n vorm van welke aard dan ook te laat lewe) - aards gesien egter het hierdie ruimte nie die fluïdum wat vereis word vir die menslike lewe nie, naamlik dit wat vir die liggaam van die mens onontbeerlik is.
`n Poging om die grense wat deur God se Wil getrek is, te gaan, sal onherroeplik die aardse einde van hom wat dit tog probeer, beteken, aangesien alles nou eenmaal, lewende wesens en materie, maar net solank lewensvatbaar kan bly as dit hulleself bevind binne die bereik van die aarde, wat sodanige lewe en materie in homself dra, en dat die elemente buite hierdie (aarde) daarenteen ontbreek wat vir die lewe vereis word, weer vanuit, deur die Skepper se wyse oorwegende sorg, vir al die geestelike wat sy bestemming probeer ontvlug en daardeur sy louteringsweg maar eindeloos sou verleng.
Die geestelike wêreld wat die lugleë ruimte beheer, is dus in `n bepaalde toestand van rypheid, waar die funksie aan haar opgedra is om al die aardse af te weer. Hoe verder die wesens hulleself ontwikkel, des te verantwoordeliker word hulle taak ook, waaraan egter steeds weer die welsyn van die aan hulle toevertroude wesens ten grondslag lê en dit daarom ook met ywer en liefde uitgevoer word. Dit sal die mens egter nooit as sodanig geluk om self `n gebied tot nut te maak wat heeltemal in stryd is met die gesteldheid van die aarde en dus ook nie die geringste moontlikheid bied om in te lewe nie, en alle ondersoekinge van die gebied sal sonder sukses bly oftewel die liggaamlike einde van die ondersoeker tot gevolg hê.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205