|
Boek 36 - Die Hemelliggame BERTHA DUDDE
Hoofstuk 11
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
GOD OPENBAAR HOM DEUR DIE SKEPPING B.D.3512 - 13 Augustus 1945 Die goddelike Wil om vorm te gee, laat werke ontstaan wat sigbaar is vir die menslike oog om Hom Self aan hulle te openbaar in die werke van die skepping. Sy doel is om die mens daartoe te bring om Hom Self te omvat om dan sy liefde te wen en sy wil na Hom Self te keer. Sodra God se grootte en heerlikheid, Sy liefde, Almag en Wysheid herken word, stuur die mens ook af op die hoogste Wese. Dog sonder die insig keer sy gees homself na die dinge wat vir hom begeerlik voorkom vir die lewe op aarde. Die mens dra `n liefde in homself wat tog verkeerd kan wees wanneer dit uitgaan na dit wat verganklik is. Hy sal altyd iets nastrewe, maar die voorwerp van sy strewe moet goddelik wees - iets geestelik wat volmaak is, dan is sy liefde goed. God Self is die mees volmaakte geestelike Wese en dit vereis die diepste liefde om na die mees volmaakte Wese te strewe. Daarom moet Hy ook geken word en daarom openbaar Hy Homself aan die mense deurdat Hy skeppingswerke voor hulle oë laat ontstaan wat getuig van Sy liefde, Almag en Wysheid. En die mens wat God se skepping opmerksaam aanskou, moet Hom leer liefhê. Hy moet God se Liefde en Sy Wysheid voel wat elke skeppingswerk sy bestemming toegewys het en hy moet, teenoor Sy grootte en in Sy nie te oortrefbare Wese versink in eerbied en ontsag. Die herkenning van die ewige Godheid het onherroeplik die liefde tot Haar as gevolg en die mens stuur bewustelik op God af, hy probeer met Hom in verbinding te tree, hy bied homself aan Hom Wie hom voortgebring het as Sy skepsel, om met Hom in verbinding te bly, omdat hy Hom bemin. Die liefde tot God is die dryfveer van `n ywerig strewe, sonder liefde behoort die mens aan die wêreld, omdat sy verkeerde liefde na haar uitgaan. Om God te kan liefhê, moet Hy egter herken word en God Self help die mense om Hom te leer herken. Hy toon Homself aan hulle in Sy grootte en mag. In Sy skeppings is Hy vir die mens tasbaar naby, want alles wat uit Sy Wil ontstaan het, is in Sy oorspronklike substansiële geestelike krag, dus uitgestroom uit Hom wat Hy Self is - die kragsentrum, `n onuitputlike Bron van liefdeskrag. God is die ewige liefde Self, Hy is Krag en derhalwe in elkeen van Sy skeppingswerke teenwoordig, wat vir die mens begryplik word as hy God herken het, as hy in die Wese van die liefde deurgedring het deur sy eie werksaamheid in liefde. Het hy die vlak van insig bereik, om die Wese en die Krag van die Liefde te besef, dan soek hy God ook nie meer in die verte nie, maar is Hy vir hom in elke skeppingswerk naby en sy liefde tot Hom groei gedurig en laat hom voortdurend ryp word in insig. En elke mens kan tot die besef van die ewige Godheid kom as hy Sy werke ernstig beskou en `n ernstige wil het om deur te dring in `n gebied wat vroeër vir hom geslote was, naamlik God se werksaamheid in en die bestuur van die heelal. God stil die dors na kennis van die mens wat probeer om Hom te deurgrond in `n verlange na waarheid en strewe na insig. Want Hy wil herken word, Hy wil Homself aan die mense openbaar, sodat hulle met Hom in verbinding kan tree. Hy wil bemin word deur Sy skepsele en daarom maak Hy Homself bekend as `n Wese Self vol van liefde, Wie hoogs volmaak is en met die volste reg aanspraak kan maak op die liefde van Sy skepsele. Maar Hy wil die mense nie dwing om Hom te bemin nie en daarom staan dit elkeen vry om die goddelike skepping tot homself te laat spreek of onverskillig daaraan verby te gaan. Altyd is God die mense naby in Sy werke, maar voelbaar slegs vir hulle wat probeer om Hom te herken en daarom die grootste moontlike aandag aan al die dinge skenk waardeur hulle omgewe is. Hulle sal Hom voel en in liefde tot Hom ontbrand, hulle sal probeer om Hom te deurgrond, hulle sal hulle gedagtes laat dwaal in die oneindigheid en vrae opwerp wat deur geestelike kant beantwoord word en hulle sal tot insig kom, waarvan die gevolg `n strewe na volmaaktheid is om nader na die hoogste en mees volmaakte Wese te kan kom, omdat die mens voel dat dit die einddoel van sy aardse lewe is, dat hy homself verenig met God uit Wie se Krag hy eens voortgekom het. Amen
|
|
|
|
|