|
Boek 36 - Die Hemelliggame BERTHA DUDDE
Hoofstuk 7
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
UITBARSTINGS - VERSKEIDENHEID VAN HEMELLIGGAME B.D.1823 - 21 Februarie1941 Vir die heelal geld `n natuurwet: Die onverwoesbaarheid van dit wat bestaan. Niks kan daar vergaan nie, maar net verander volgens die Wil van God. En hierdie verandering gebeur weer sodat daar iets onsigbaar word om êrens anders weer sigbaar tevoorskyn te kom. Elke nog so klein skeppingswerkie dra hierdie wet in homself, sodat die skynbare verval dus maar net `n omvorming beteken van dit wat eers daar was. Derhalwe kan ook groot skeppingswerke, soos hemelliggame, `n ander vorm aanneem; dit is egter `n proses wat homself oor `n ontsaglike groot tydruimte uitstrek, wat, na aardse tydberekening, duisende jare verg en dus nooit deur mense gade geslaan kan word nie, in soverre dit gaan om fundamentele veranderinge van `n skeppingswerk. Meestal is dit die erupsies van afsonderlike skeppingswerke wat aanleiding gee om opnuut dieselfde skeppings van kleiner afmetings te vorm. Hierdie nuwe skeppings vertoon dieselfde aard en gesteldheid as die skeppingswerk waaruit dit tevoorskyn gekom het. Dus sal sulke hemelliggame hulleself steeds in die omtrek van `n son bevind, waar dieselfde samestellende (opbou) stowwe en dieselfde natuurwette laat sien dat hulle juis by hierdie son hoort. Aards gesien kan die son nou niks anders wees as `n oneindig vergrote bouwerk met dieselfde gesteldheid as die planete, wat skeppingswerke is wat uit haar voortgekom het, wat haar omring nie. Gevolglik sou ook al hierdie hemelliggame met dieselfde wesens bevolk moet wees. Maar hier vertoon nou die mees enorme verskille hulleself. Geen enkele skeppingswerk word bewoon deur lewende wesens wat dieselfde is as die van ander skeppingswerke nie en gevolglik is ook die uiterlike gesteldheid van elke hemelliggaam `n ander een en wel steeds aangepas aan die lewende wesens wat daarop lewe. En dit skakel nou ook weer `n selfde samestelling in stoflike opsig uit. Dit is dus maar net die kern van elke hemelliggaam wat uit dieselfde grondstof bestaan, die uiterlike vorm egter is in ooreenstemming met die lewende wesens wat aan hom toegewys is. Alles wat homself in die omgewing van `n son bevind, het voortgekom uit hierdie son, dit wil sê, is deur hom uitgestoot, maar het, vanaf die oomblik van sy selfstandigheid, die gesteldheid aangeneem wat pas by die lewende wesens wat die skeppingswerk as verblyfplek sal kry. Die oneindig baie verskillende grade van rypheid van die nog onvolmaakte geestelike vereis ook oneindig baie skeppings van 'n verskillende gesteldheid, sodat die rede vir die verskeidenheid van die hemelliggame, daarin lê. Amen
|
|
|
|
|