Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

BEGOGELING DEUR DIE KRAGTE VAN DIE DUISTERNIS
B.D.7206 - 12 November 1958
Wie homself deur middel van gedagtes in buiteaardse gebiede begewe, word ook deur buiteaardse kragte beïnvloed, want hy is voortdurend deur sulke kragte omgewe. Dit is egter `n geestelike beïnvloeding omdat die kontak deur die wil van die mens tot stand gebring word tussen hierdie aardse wêreld en die boaardse wêreld. U mense moet nou egter die volgende goed van mekaar onderskei: Die tot stand bring van die kontak met My deur die gebed en die kontak met die geestelike wêreld deur die begeerte om iets deur hierdie geestelike kragte te wete te kom, dus om uself te open vir die invloed van die geestelike wêreld. Niks van die kontak wat so tot stand gebring is, sal onbenut bly nie, dit is net eenders of Ek Self, of geestelike kragte daarop reageer, omdat die aangeknoopte verbindinge vanaf die aarde na die geestelike wêreld buitengewoon belangrik is vir die ontwikkeling van die siel van die mens. Want die mens, wat in homself geestelik blind is, moet siende word en die geestelike oë kan hom maar net geopen word deur die binnestroming van lig wat uit My, of ook wel via geestelike wesens van die lig, na die mense toestroom.
Dus word elke band van die aarde met die geestelike wêreld welkom geheet van die kant van die ligwesens, wat op hoogte is van die toestand van duisternis van die mense op aarde en wat hulle uitermatig graag lig sou wil bring volgens My Wil. My Wil bepaal ewenwel vir hulle, om uit te deel wat bevorderlik is vir die mense. En My Wil hou hulle ook teë waar daar `n nadeel vir die mens sou kan ontstaan uit `n te helder lig, deurdat dit die oë verblind en ongeskik maak om te sien. Maar My teenstander gebruik juis verblindende ligte, omdat hy die gesigsvermoë van die mens graag wil verminder, omdat hy die oë heeltemal ongeskik wil maak om die sagte lig uit My waar te neem, wat weldadig werk en helder en duidelik die korrekte weg na My laat sien. Daarom is sy strewe om baie verblindende ligte te laat straal om die mense in die war te bring. Sy strewe is om die mense daarheen te bring waar kennis skynbaar te verkry is, waar die mens glo `n kennis vir homself verkry en tog geestelike goed tot homself neem wat hom heeltemal op `n dwaalspoor lei.
My teenstander het baie sulke middele wat hy gebruik om die denke van die mens steeds meer in verwarring te bring. Hy ontsteek dikwels verblindende ligte wat so fel is, dat die donkerste nag die mense omgewe wat lank in die lig gekyk het, wat hulle egter geen blywende lig skenk nie, maar hulle skielik weer in diepste duisternis dompel. En tallose kragte uit die duisternis ondersteun hom, deurdat hulle hulleself daarby voeg en as sogenaamde ligwesens optree, deurdat hulle die mense daartoe bring om die bogenoemde verblindings met die geestelike wêreld aan te gaan deur die toestuur van verkeerde gedagtes, wat die mense op die een of ander manier streel of hulle voordeel belowe, sodat hulle die gedagtes nie loslaat en dus in `n gebied kom waar die duistere kragte regeer.
Net al die bedoeling om vir homself `n kennis te wil verskaf, sonder om na die korrekte Bron te gaan, kan die mens in `n gevaarlike gebied lok, waaruit hy homself weer moeilik kan bevry. Die begeerte om buite die kader te tree, om iets ongewoon te belewe en met `n kennis wat ongewoon is, uit te wil blink, bring `n mens op die gevaarlike terrein waar die duistere kragte hom geweld aandoen en dus sy oë blind maak. En met die oog op die einde bestaan daar nog meer gevaar, want die heelal is vol gif spuwende geeste, wat die troue knegte van My teenstander is om die mense in die verderf te laat stort. Sy invloed is geweldig, omdat die mens homself nie verweer nie, maar hy sou dit kon baasraak as hy homself maar net vol vertroue aan My Self in Jesus Christus sou oorgee, want Ek het hom oorwin deur My kruisdood.
Maar die mens roep, in plaas van My, ander kragte aan in die heelal en hy word ook deur hierdie kragte aangehoor en bedien, dikwels op `n manier wat steeds groter duisternis bring, in plaas van helderheid. Steeds verder verwyder hy homself van die waarheid, hy laat homself fassineer deur drogbeelde, deur wanvoorstellings wat My teenstander laat ontstaan. Hy gee onryp geeste die moontlikheid om hulleself te uiter en neem hulle uitlatings aan as suiwer waarheid. Hy word deur My teenstander op die mees skandelikste manier op `n dwaalspoor gebring en glo steeds dat hy self in die lig staan. Maar hy wil nie die waarheid aanneem nie, wat daarin bestaan dat My Woord nie kan vergaan nie, dat dit in vervulling gaan en dat My Woord `n einde aangekondig het vanaf die begin van die tydperk. En die einde sal kom en niemand sal in staat wees om dit teë te hou nie.
En wie beskerming soek, die sal dit slegs by My vind, dog hy wat homself tot kragte wend wat hom beskerming belowe, maar dit nie vir hom kan gee nie, sal tevergeefs roep om hulp. Want hierdie kragte het slegs ten doel om u in die verderf te stort, u van die waarheid te weerhou en u nie die weg na die lig te laat vind nie. En luister u na hulle, dan sal u ook verlore gaan en vir ewige tye in hulle mag bly.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205