Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VERSKEIDENHEID VAN DIE HEMELLIGGAME
B.D.8987 - 31 Mei 1965
Die gebied wat nie deur u verstand deurgrond kan word nie, sal u egter tog kan betree, sodra My Gees in u kan werk. Dan bestaan daar vir u geen grense nie, want My Gees is `n deel van My, en Ek Self weet alles, vir My is niks onbekend nie en dus kan Ek deur My Gees dieselfde aan u oorbring, Ek kan vir u alle gebiede ontsluit. Maar dit hang af van die graad van u rypheid, hoe ver u insig sal kan verkry in die skepping, en na gelang van die graad van u rypheid, kan Ek u onderrig, ofskoon ook die kleinste bietjie kennis ten volle moet beantwoord aan die waarheid.
Maar die lê by u om die graad van rypheid te verhoog, om steeds dieper te kan deurdring, kan steeds maar net die liefde tot stand bring. Want die liefde verbind haarself innig met My en dan sal u ook met My Gees vervul wees, u sal in staat wees om die totale skepping helder en duidelik te aanskou en alles logies te begryp. U sal ook op hoogte wees van die aard van die skeppings, van hulle doel en hulle bestemming van daardie oomblik af. U sal ook op hoogte wees van die verskeidenheid van die hemelliggame, wat so veelsydig is, omdat hulle almal ook verskillende rypgeworde siele herberg en - aangesien Ek ontelbare idees gehad het en dit kon uitvoer om ook elke hemelliggaam te vorm volgens ander gedagtes, wat egter almal die terugbring van die eens gevalle geestelike moet bevorder.
Ek is geen Wese wat onderworpe is aan beperkinge nie, wat ooit sy uiterste gee of sy krag geheel verbruik nie. Ek skep onophoudelik en steeds kom daar weer nuwe gedagtes uit My tevoorskyn en neem vorm aan. So het Ek velerlei wonings waarin die verdergaande ontwikkeling van die wesens, wat hulleself op die terugweg na My bevind, homself afspeel. My skeppings is ontelbaar en steeds meer skeppings ontstaan daar buite (My) uit My liefde, omdat Ek ook steeds weer nuwe vreugde berei vir al My wesens, want steeds styg al hierdie wesens verder na die hoogte, sodra hulle hulleself eenmaal op hierdie weg bevind.
En so sal ook die mense van die aarde - wanneer hulle eens in die hiernamaals tot `n glimpsie insig gekom het - nou ook opwaarts klim, en `n terugval in die diepte is uitgesluit. Vir hierdie siele staan daar weer ontelbare hemelliggame gereed om hulle op te neem, steeds in ooreenstemming met die graad van hulle rypheid, wat steeds toeneem en dus ook steeds weer `n wisseling vereis van hulle verblyfplek.
U mense kan tallose hemelliggame vanaf die aarde waarneem wat vir u - al is dit te sien - tog ontelbaar word. En in die totale skepping is daar nog tallose hemelliggame wat vir u onsigbaar is, sodat hulle aantal ook u menslike vermoë om te skat, ver te bowe gaan. U sal dus die totale skepping slegs in die helderste lig (van u gees) kan oorsien, omdat u dan eweneens geen begrensing meer sal ken nie. Maar dan ken u geluksaligheid ook geen grense meer nie - want u sal die bestemming van elke hemelliggaam ken en ook die staat van rypheid van sy bewoners en u sal steeds probeer om dit te vergroot om almal in dieselfde staat te verplaas waarin u uself bevind, naamlik in `n innige band met My Self en onophoudelik deurstraal met liefde. Maar `n voorwaarde vir u opwaartse gaan is dat u `n sprankie insig besit. En dit beteken dat die waarheid al in u moes binnegedring het, omdat u uself voorheen nog in duisternis bevind het of in half skemering voortgaan - dat u uself nie van dwaallere kon losmaak nie. En hulle aantal is groot. Die ligwesens probeer wel om hierdie toestand te verander, maar solank hulle afgewys word, is daar geen hoop nie en `n terugsinking in die diepte is steeds nog te vrese. Sodra daar egter maar `n bietjie liefde in hulle is, sal hulle hulleself ook nie afsluit vir die denkbeelde van die ligwesens nie, wat hulle steeds weer op Jesus Christus wys, dan sal hulle ook hulle dwaling opgee en die waarheid aanneem en sal die weg wat omhoog lei, vir hulle verseker wees.
Vir hierdie mense kon die kennis egter al op aarde ontsluit geword het, as hulle na die stem van die gees in hulleself sou gelet het, want om al op aarde tot insig te kom, open vir die mens ook die deur na die Ligryk en hulle vind met sekerheid die weg terug na hulle Vaderhuis om hulleself vir ewig met My te verenig.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205