Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VERBINDING TUSSEN DIE WÊRELDE VAN DIE STERRE EN DIE AARDE
B.D.6465 - 1 Februarie 1956
In die verre ruimtes van die heelal sirkel sterre in groot aantalle en elkeen van hierdie sterre is `n skeppingswerk wat bestem is om tot verblyfplek te dien vir die geestelike wat positief aan die ontwikkel is, om die ontwikkeling van die geestelike op veelsoortige maniere te bevorder. Steeds het al hierdie skeppingswerke egter ontstaan ten behoewe van die geestelike, want oneindig groot is die getal van die gevalle oergeeste en onmeetlike periodes word vereis totdat die omvorming weer terug tot hulle oerwese voltrek is.
En oral is lewe - oral egter ook `n stadium van verharding, dus het elke hemelliggaam die gebinde en ook die minder gebinde geestelike in sy gebied by homself. Maar die wesenlike wat blyke gee van lewe, is op die verskillende hemelliggame ook net so verskillend van vorm en voer ook heel uiteenlopende werksaamhede uit. En slegs op geestelike wyse kan daar oor hierdie verskillende geaarde skeppingswerke en lewende wesens berig word, omdat die verbinding tussen die wêrelde en die aarde nooit tot stand gebring kan word nie en alle kennis daaroor gevolglik onmoontlik sou wees, wanneer dit nie geestelik vir die mense oorgebring word nie. Dit is sterrewêrelde van ontsaglike groot omvang vergeleke met die aarde, wat wel die geringste en armsaligste hemelliggaam genoem sou kan word, as haar doel en haar spesiale bestemming nie daarvoor sou kompenseer nie.
Wat deur u te sien is aan die uitspansel, is slegs `n nietige deeltjie van die skepping van God wat in die heelal bestaan, dit is die sterre wat sou aangedui kan word as "hulle wat hulleself in die nabyheid van die aarde bevind" omdat dit altyd nog deur die oë van die mense bekyk kan word, al is dit ook in `n oneindige verkleining waarvoor u geen skaal ken nie. Maar hierdie sterre word ook deur sulke wesens bewoon wat in `n sekere kontak gestaan het met die aarde, wat hulleself as kosmiese teweeggebringde uitstraling voordoen, wat deur alle hemelliggame, wat in die gebied staan van `n son wat daaraan toegewys is, wedersyds van tyd tot tyd plaasvind. Wat u mense as "teweeggebring deur die kosmos" aansien, is egter ook geestelik nie sonder uitwerking nie. Dit is in `n sekere sin vir u mense onbekende hulpverlening deur wesens wat wil gee wat hulle besit en graag wil neem wat hulle ontbreek - wat egter altyd slegs geestelik te verstaan is. Die verloop van alle hemelliggame voltrek hulleself in die goddelike ordening, wat slegs deur die Wil van God Self verander kan word wanneer dit bevorderlik is vir `n besondere doel. Maar juis hierdie wetmatige ordening verhinder ook dat daar ooit sterre in hul omgewing bymekaar kan kom, dat daar tussen sulke sterre regstreekse verbindinge tot stand gebring kan word en dat die sfeer van `n hemelliggaam, wat vir elke hemelliggaam begrens is, deur die wesens daaromheen deurbreek sou kan word.
Daar bestaan wel geestelike verbindinge van wêreld tot wêreld, waarvan die doel slegs is dat hulle die geestelike ontwikkeling dien. En sulke geestelike verbindinge sal in die laaste tyd baie dikwels tot stand gebring word, maar die mense op die aarde weet nie deur welke sterrewêrelde hulle aangespreek word wanneer `n wese van hierdie wêrelde homself uiter nie. Hulle weet dit daarom nie, omdat dit gladnie van belang is waar hierdie boodskappe vandaan kom nie, omdat `n regstreeks benadering van die wesens van sulke wêrelde nooit moontlik is nie.
Maar hulle werk onophoudelik op die bewoners van die aarde in, omdat hulle hulle geestelike nood insien en ook kennis het van wat die "hemelliggaam aarde" te wagte staan. En hulle toon daarom 'n lewendige belangstelling vir hul wel en weë, omdat hulle op hoogte is van die groot kans van die mense op aarde om kinders van God te kan word en graag al hulle invloed wil aanwend dat die mense die doel kan bereik.
Die bewoners van ander hemelliggame is min of meer vol lig, maar tot die duistere geestestoestand van die mense op aarde het hulle nie verval as stralende sterre hulle verblyfplek is nie. Maar ook hulle ontwikkeling is nog nie afgesluit nie, ook hulle het nog nie die oertoestand bereik nie, tog het hulle `n ander ontwikkelingsgang as die mense op aarde en ook is hulle werksaamheid anders.
Hulle geestelike missies kan hulleself ook tot die bewoners van die aarde uitstrek en op `n ander manier plaasvind as wat deur u mense voorgestel kan word. U kan onder hulle invloed staan, u sal u egter nooit anders as geestelik met hulle in verbinding kan stel nie, omdat dit ook `n wet is van die goddelike ordening, wat onherroeplik is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205