|
Boek 36 - Die Hemelliggame BERTHA DUDDE
Hoofstuk 6
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
SKEPPING B.D.1586 - 28 Augustus1940 Die heelal is in sy ontstaan net so min te verklaar as wat die wese van die ewige Godheid vir die mense begryplik gemaak kan word, solank hulle self nog nie die ryk van die lig binnegegaan het nie. Want wat u gewaarword in die skepping is uiterlik, na buite toe, wel materie, maar in sy diepste grond geestelik, dit wil sê, krag uit God, wat homself verdig het tot vorm. Die verdigting van krag tot vorm is egter `n proses waarvan in die aardse lewe geen vergelykbare iets te vinde is nie en sal daarom vir die mense onverklaarbaar bly, want krag is iets geestelik, vorm daarenteen, iets verganklik. Dat iets geestelik kan verander in iets aards sigbaar, gaan die menslike begripsvermoë te bowe en kan daarom ook nie vir die mense begryplik gemaak word nie. God se liefde is krag - Sy Wil is krag - en hierdie liefdeswil neem vorm aan. Dus is elke skeppingswerk goddelike Wil wat tot vorm geword het. Dit is verder 'n tot vorm geworde goddelike gedagte. Wat God dink en wil, gebeur, en gevolglik plaas Hy al Sy gedagtes as daad in die heelal. Sy skepping is krag wat van Hom uitgaan, wat gestalte aangeneem het volgens Sy Wil. En daar gaan geen sekonde verby waarin die goddelike Wil om te vorm nie aktief is nie, daar gaan geen sekonde verby waarin geen nuwe skeppings in die heelal geplaas word nie, want die krag van Sy liefde is onophoudelik besig. En al die geskapenes word ononderbroke met Sy liefdeskrag gevoed. Gevolglik is ook dit wat deur God geskape is, onverganklik, ofskoon dit van uiterlike vorm verander en skynbaar vergaan. Niks kan daar in die heelal verlore gaan of vergaan tot niks nie, want alles is goddelike krag, dus onverganklik. Elke skepping het ontstaan juis deur hierdie krag en kan nooit meer vernietig word nie. As die mens dus skynbaar `n werk van vernietiging ten uitvoer bring, keer sy vrye wil homself teen die Wil van God. God trek Sy Wil van die uiterlike vorm van Sy skeppingswerk terug, en hierdie vorm hou skynbaar op om te bestaan, maar is slegs vir die oog van die mens onsigbaar, tot God Sy liefdeswil opnuut tot vorm laat word. Daarby is die motief van die verwoesting deur menslike wil deurslaggewend in hoeverre so iets teenoor God `n onreg is. Wat God egter buite die aarde geskape het, is onaantasbaar vir 'n Goddelik vyandig gesinde mag. Dit is maar net aan `n tydelike verandering onderworpe - deels deur goddelike wil, deels deur menslike wil - wat met die aarde in aanraking is. Maar dit is juis hierdie werke van die skepping wat die mens nie kan begryp nie en wie se ontstaan hom laat twyfel. Slegs die aarde bevat wesens waarin die vernietigingsdrang aanwesig is, terwyl alle skeppings buite die aarde nie onderworpe is aan die wil van onryp wesens om te vernietig nie. Die skynbare vernietigingswerk het egter tot gevolg dat goddelike krag nie altyd erken word as oersubstansie van die skepping nie. Dit het tot gevolg dat aan die Almag van God getwyfel word, dit het tot gevolg dat mens die ontstaan van hierdie skeppingswerke suiwer aards probeer verklaar, dat mens die skeppende krag van `n wesenlike Godheid probeer verloën en hierdie krag graag sou wil vervang deur die aan die mens geloofwaardig skynende oernatuurkrag, wat onafhanklik is van `n bestaande Wese en in homself bepalend is. Elke bou volgens plan van die totale skeppingswerk sou dan egter op los skroewe te staan kom, indien `n Wese, Wie onoortrefbaar is en die alomvattende begrip van Almag, liefde en Wysheid, bestry word. Amen
|
|
|
|
|