Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

ONGELYKSOORTIGE SKEPPINGS BEANTWOORD AAN DIE VAL VAN DIE WESENS
B.D. 8405 - 7 Februarie 1963
U bewoners van die aarde is daartoe bestem om kinders van God te word en daarom sal u die diepste dieptes moet oorwin om die hoogste hoogte te kan bereik. Dit sal u ook eers begryp wanneer u op hoogte is daarvan dat die val van die wesens heel verskillend was in soverre, dat ook die teenstand teen My, nie ewe groot was nie, dat ook uself volgens die wil van u verwekker geaard was, wat maar net die graad van u weerstand betref, toe u vry moes beslis vir My of vir My teenstander.
Die lig van die insig het u almal deurstraal en tog het u die weg geneem wat van My wegvoer en het u by My teenstander aangesluit, omdat u hom kon sien in alle skoonheid, terwyl Ek nie vir u sigbaar was nie. Dus was u weerstand meer of minder groot en dit het tot gevolg gehad dat die verskillende skeppings ook aan u toegewys was, waarop u ook, die weg om na My terug te keer, sou moet gaan, maar nie onder dieselfde voorwaardes as wat dit aan die bewoners van die aarde gestel is nie.
Die aarde is die skeppingswerk wat in `n sekere sin die moeilikste eise aan die gevalle wese stel, sodat hy weer tot die hoogtes kan kom, terwyl die ander hemelliggame hulle bewoners ligter moontlikhede bied, ewenwel met die einddoel, die kindskap van God – wat ook maar net op die aarde bereik kan word, ofskoon ook die wesens van ander hemelliggame ongekende salighede beskore is wanneer hulle hulle positiewe ontwikkeling afgelê het en hulle wil nou eweneens korrek gerig is.
Om die kindskap van God egter te bereik,moet die weg oor die aarde afgelê word, en dit kan `n siel wat die geestelike ryk vanaf ander hemelliggame binnegegaan en `n bepaalde graad van rypheid bereik het, ook op eie versoek gaan doen; sodat die gang oor die aarde nou aan haar toegestaan word, met die doel om 'n taak te vervul. Die siele bevind hulleself dan ook al in die lig, maar hulle is nie gevalle wesens nie, maar siele van ander sterre, wie se weerstand tot My nie so groot was nie, dat hulle dus eerder hulle teenstand opgee en weer op My afstuur. En sodra hulle hulleself weer in die lig bevind, sien hulle ook die betekenis van die skeppingswerk aarde in en baie siele het die verlange om ook die graad van kindskap van God te bereik en neem die uitermatige swaar voorwaardes op hulleself, omdat die liefde vir My en die liefde vir die mense, hulle aanspoor om verlossend werksaam te wees.
En so kan ook siele wat nie in die aardse lewe die graad van rypheid bereik het nie, hulle ontwikkeling in die ryk hierna voortsit en beantwoordend aan hulle graad van rypheid, word die gepaste skoolgeboue hulle weer toegewys, waar hulle voortdurend hoër kan klim. Want oral is skeppings gereedgemaak vir siele van elke graad van rypheid, en omdat alle skeppings anders gevorm is en ander lewensvoorwaardes vertoon, kan dit ook vir die siele wat daarheen geplaas is, al `n toestand van gelukkig wees beteken, omdat dit heelwat wonderbaarliker gevorm is as die aarde, omdat dit weer skeppings te siene gee wat die siele gelukkig maak en aanleiding gee tot `n verhoogde geestelike strewe, want dit getuig so duidelik van My liefde en Mag en Wysheid, dat ook die liefde van die wesens vir My toeneem.
Want toe die afvalligheid van die wesens plaasgevind het – `n ondenkbare lang tyd gelede, wat vir u al as ewig kan deurgaan, het al die wesens wel die weg geneem wat van My weggedryf het, maar baie gou na hul afvalligheid, het daar ook weer ontelbare geskei van My teenstander; en hulle het hom nie in die diepste dieptes gevolg nie, maar het hulleself afgesonder van die groot skare. En My Wil het vir hulle dieselfde gedoen as vir hulle wat in die dieptes geval het: Hy (My Wil) het uit die krag, wat as wesens van My uitgestroom het, skeppingswerke gevorm van `n ander aard as die aarde, en die gang deur hierdie skeppingswerke was vir die gevalle geestelike heelwat ligter en het vinniger plaasgevind, sodat die wesens ook vinniger na My teruggekeer het, aangesien die verlossingswerk deur Jesus Christus ook vir hierdie wesens volbring was en hulle oersonde tot niet gedoen kon word, volgens die ingesteldheid van elke afsonderlike wese tot sy God en Skepper, Wie dit ook in Jesus herken het. Want ook aan hulle was en word die kennis oor die verlossingswerk deur ligbodes gebring wat onder hulle werk, wat Ek aan alle wesens as leraars ter beskikking stel, sodat hulle die weg na My kan vind en gaan.
Daarom is daar ontelbare moontlikhede vir `n siel wat nog onvoltooid van die aarde heengaan om geestelik ryper te word, en My Liefde en Wysheid sien waarlik vir iedere siel afsonderlik die moontlikheid wat die mees bevorderlikste is om ryper te word. En so is alle skeppings in die heelal bewoon deur geestelike wesens met die mees verskillende grade van rypheid en dit bied salighede en heerlikhede van onvergeetlike aard aan hulle wat al `n hoëre graad van lig het, maar steeds sal dit - ook vir minder ryp wesens - beter en makliker lewensvoorwaardes te siene gee as op die aarde. Want die aarde is waarlik die armsaligste skeppingswerk, wat baie selfoorwinning kos en groot eise stel aan die gevalle wesens tot en met die mens – maar vir hom ook die wonderlikste doel kan oplewer, naamlik die kindskap van God, wat duisendvoudig opweeg teen alle probleme en die wese tot die geluksaligste kind sal laat word, wat met My skep en kan werk in die hele oneindigheid.
Tot op welke hoogte die skeppings in die heelal nou geestelike of nog materiële skeppings is, sal u mense eers by `n bepaalde graad van rypheid of lig kan herken, maar soveel staan vas, dat dit al die eens gevalle wesenlike tot verblyfplek dien en dus na gelang die toestand van volmaaktheid daarvan, ook gevorm is en dat u derhalwe in alle hemelliggame skoolgeboue moet sien wat Ek self gestig het om eendag weer al My skepsele die geluksaligheid te kan skenk wat hulle eens vrywillig prysgegee het en wat hulle nou ook weer vrywillig moet verwerf.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205