Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GESKEIDE WÊRELDE - VERSKILLENDE HEMELLIGGAME
B.D.6977 - 27 November 1957
In die heelal sirkel ontelbare hemelliggame wat u mense nie kan sien nie, wat almal uit die krag van die liefde van God voortgekom het, dit wil sê, wat in hulle substansie eens uitgestraalde goddelike liefdeskrag was, wat egter oorspronklik `n ander bestemming gehad het. Want hierdie uitgestraalde liefdeskrag was wesens wat volgens die Wil van God werksaam moes gewees het, wat hulleself egter nie by hulle eintlike bestemming gehou het nie en hulle krag, wat hulle vanuit hulleself gehad het, benut het in `n wil wat teen God gerig was. Hierdie wesens het hulleself dus misvorm tot skepsele met `n geaardheid wat heeltemal teen God ingegaan het en kon in hulle misvorming nie bly bestaan nie, omdat dit in stryd was met die goddelike ordening.
Daarom het God hierdie skepsele `n ander vorm gegee. Hy het hulle in ontelbare nietige kragvonkies opgelos en Hy het nuwe skeppings daaruit laat ontstaan van die mees verskillende aard. Dit wat eens hulleself bewuste geskape wesens geword het, was nou aanvanklik starre maaksels, wat God die uiteenlopendste vorme en die grootste verskeidenheid in bestemming gegee het, gebind aan `n doel. Hy het die krag, wat eens deur Hom uitgestraal was, in spesiaal daarvoor geskape vorme versamel. Hy het kragtens Sy Wil, ontelbare wêrelde geskep wat eintlik almal dieselfde is, naamlik omvormde geestelike wesens, wat egter hulle oorspronklike vorm moes terugkry, maar daarom, veral nog vanuit die goddelike Wil opgelê, mekaar moet dien.
Al hierdie wêrelde staan in soverre met mekaar in verband, dat hulle dieselfde skeppende Gees as Vader het, dat hulle almal uit dieselfde Mag voortgekom het en almal ook as uiteindelike doel weer die vereniging met hierdie skeppende Gees het. Een Wil regeer al hierdie wêrelde en één Krag behou hulle. Maar tog is dit verskillende wêrelde wat van mekaar geskei is en geeneen van die wêrelde kan met `n ander in noue kontak tree nie, want die basissubstansies van elke wêreld is apart, en is in ooreenstemming daarmee versamel en hierdie basissubstansies bestaan uit dit wat min of meer aan God weerspannig geword het en het daarom ook die mees verskillende op sigself staande skeppings nodig om hulleself weer te formeer en in die oertoestand binne te gaan.
Elke hemelliggaam is daarom `n skeppingswerk apart, alle hemelliggame is afwykend van mekaar in basissubstansie, skepping en bestemming. Want die Wil om vorm te gee van die ewige skeppende Gees is onbegrens, omdat ook Sy liefde en Sy Wysheid sonder grense is. En Sy laaste doel is om alle krag wat eens van Hom uitgestraal het, terug te wen as volmaakte kinders, wat in gelyke wil met Hom kan skep en werk tot hulle lus en saligheid.
Die aarde is so 'n skeppingswerk wat God laat ontstaan het met die doel dat wesens, wat deur hul eie wil misvorm geword het, na `n eindelose lang tyd weer hulleself kan ontvorm tot hulle oerwese. Maar slegs die aarde bied die moontlikheid om die hoogste volmaaktheid te bereik, terwyl die ander wêrelde deels al hoog ontwikkelde wesens herberg, deels onderwysinrigtinge is vir sulke wesens met `n ‘ek’ bewussyn wat nie die doel in die lewe op aarde bereik het nie, maar tog `n bepaalde graad van rypheid moet verkry en ook kan verkry, om hulle eintlike bestemming eens te kan nakom. Maar vir die bereik van die hoogste doel is net die aarde die aangewese skeppingswerk, daarom is `n gang oor hierdie aarde dan ook baie moeiliker as `n gang deur andere wêrelde.
Maar uiteindelik dien alle skeppings in die heelal maar net een doel, die terugbring van die eens van God afgevalle geestelike. En daarom sal elke skepping ook streng afgesonderd van die ander bly, omdat die ek-bewuste geestelike in elke wêreld in volledige wilsvryheid sy weg om homself te ontwikkel, moet aflê, maar dat hierdie wilsvryheid dadelik in gevaar sou wees, wanneer hy deur kontak van ek-bewuste wesens dwingende bewyse sou voordoen vir die heilsplan van God en die vrye strewe na volmaaktheid, vanuit homself, teengegaan sou word daardeur.
Geestelike verbindinge bestaan weliswaar en kan aangeknoop word, maar dit oefen geen geloofsdwang uit op die ek-bewuste wesens van hierdie aarde nie, dit kan geglo word of nie en dit sal ook slegs dan `n seënryke invloed uitoefen, wanneer die wesens al `n sekere staat van rypheid bereik het, wanneer die mense op die aarde al die doel van hulle bestaan ingesien het en hulle hoogste doel wil bereik. Dan staan hulle al kort voor hulle voleinding en het hulle geen bewyse nodig nie, hulle glo ook sonder bewyse en strewe in vrye wil na hulle hereniging met God.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205