Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE UITSPANSEL
B.D.205 - 28 November 1937
O My kind, besigtig die uitspansel - wanneer dit straal in die prag van sy sterre - nie een daarvan is onafhanklik van die Wil van die Skepper nie, nie een daarvan kan sy baan anders laat gaan as wat die Heer dit bepaal het nie. Alle gelowiges verneem die roep van God as hulle steeds weer die wonder van die heelal aanskou. Die Heer huisves nou wesens in groot getalle op elkeen van hierdie sterre, so sal julle `n idee kry van die oneindigheid van die heelal - van die ontelbare geestelike wesens wat onderworpe is aan Sy Wil - en van Sy onophoudelike bestuur van en werksaam wees vir al hierdie wesens wat almal `n deel is van die ewige Lig.
O, u kan nie glo hoe onbegryplik dit vir u, mensekinders is nie, u kan by benadering geen begrip vir u daarvan vorm nie; anders sou die kolossaalheid, die omvang van die gebiede van die hiernamaals u laat beswyk. Dog elke kleinste gebeurtenis word deur die Vader Self gelei, vir elke kleinste wese word volgens Sy Wil gesorg en ontelbare hoogs ontwikkelde geestelike wesens staan Hom tersyde om alles uit te voer wat voorkom in die plan van die goddelike skepping.
Woorde is nie by magte om dit vir u van naderby toe te lig nie, u kan u slegs deemoedig buig voor die grootte en die almag van die Heer, in u situasie op aarde is u tot niks anders in staat teenoor die geweldige besef nie. Het die Heer u die barmhartigheid gegee om insae te neem in slegs die kleinste deeltjie van Sy bestuur, in Sy ryk en Sy werksaamheid, dan het u slegs al daardeur `n onmeetlike seën ten deel geval, want `n kind wat ver weg staan van so 'n geestelike belewenis, geval dit aansienlik swaarder om `n sigbare werksaamheid van God te aanvaar, solank hy nie by magte is om in elke kleinste gebeurtenis maar net die Wil van die Heer te sien nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205